1 En jy, Betlehem Âfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat 'n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
2 Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat 'n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.
3 En Hy sal optree en hulle laat wei in die sterkte van die HERE, in die majesteit van die Naam van die HERE sy God; en hulle sal rustig woon, want nou sal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde.
4 En Hy sal vrede wees. Wanneer Assur in ons land kom en hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense.
5 En hulle sal die land Assur met die swaard afwei en die land van Nimrod by sy ingange. So sal Hy ons dan van Assur bevry, wanneer hy in ons land kom en ons grondgebied betree.
6 Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke wees soos dou van die HERE, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen mensekind vertoef nie.
7 En die oorblyfsel van Jakob tussen die nasies sal onder baie volke wees soos 'n leeu onder die diere van die woud, soos 'n jong leeu onder troppe kleinvee; wat, as hy deurtrek, vertrap en verskeur sonder dat iemand red.
8 Jou hand sal bo jou teëstanders verhewe wees, en al jou vyande sal uitgeroei word.
9 En in die dag, spreek die HERE, sal Ek jou perde uit jou midde uitroei en jou strydwaens vernietig.
10 Ook sal Ek uitroei die stede van jou land en al jou vestings afbreek.
11 Verder sal Ek uitroei die towerye uit jou hand, en jy sal geen goëlaars meer hê nie.
12 En Ek sal uit jou midde uitroei jou gesnede beelde en jou klippilare, sodat jy jou nie meer voor die werk van jou hande sal neerbuig nie.
13 En Ek sal uit jou midde uitruk jou heilige boomstamme en jou stede verwoes.
14 En Ek sal in toorn en grimmigheid wraak neem op die nasies wat nie geluister het nie.
1 女子啊! 现在你要聚集成队; 仇敌正在围攻我们; 他们用杖击打以色列执政的脸颊。(本节在《马索拉抄本》为4:14)
2 伯利恒以法他啊! 你在犹大诸城中虽然细小("伯利恒......细小"有古卷作"以法他家啊, 你在犹大诸族中虽然细小"), 必有一位从你那里出来, 为我作以色列的统治者; 他的根源从太初, 从亘古就有了。(本节在《马索拉抄本》为5:1)
3 因此, 耶和华必把以色列人交给敌人, 直到那要生产的妇人生下儿子来; 那时, 他其余的兄弟, 就必归回以色列人那里。
4 他必站立起来, 靠着耶和华的能力, 靠着耶和华他 神之名的威严, 牧养他的羊群; 他们必然安居, 因为那时他必尊大, 直到地极。
5 这就是那带来太平的。亚述人入侵我们的国土, 践踏我们宫殿的时候, 我们就要兴起七个牧者; 八个作领袖的人攻击他。
6 他们必用刀剑治理亚述地, 必用剑锋治理宁录地; 亚述人入侵我们的国土, 践踏我们境界的时候, 他必拯救我们脱离亚述人的手。
7 那时, 雅各的余民, 必在许多民族中, 像从耶和华那里降下的露水, 又像甘霖降在草上, 不期望于人, 也不等候世人。
8 那时雅各的余民, 必在万国中, 在许多民族里, 像树林里百兽中的狮子, 又像幼狮在羊群中; 他若经过, 就必践踏、撕碎, 没有人可以拯救。
9 愿你的手举起高过你的敌人, 愿你的一切仇敌都被剪除。
10 耶和华说: "到那日, 我必从你中间剪除你的马匹, 毁灭你的车辆,
11 拆毁你国中的城市, 倾覆你的一切保障;
12 我必从你的手中除掉巫术, 你那里就不再有占卜的;
13 我必从你中间除掉你雕刻的偶像和柱像, 你就不再跪拜你手所做的;
14 我必从你中间除灭你的亚舍拉, 毁灭你的偶像。
15 我必在忿怒和烈怒中, 向那些不听从的列国施行报复。"