1 Hoor tog wat die HERE sê: Staan op, twis in teenwoordigheid van die berge, en laat die heuwels na jou stem luister!
2 Hoor, berge, die twis van die HERE! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want die HERE het 'n twis met sy volk en sal met Israel 'n regsgeding hou.
3 My volk, wat het Ek jou aangedoen, en waarmee het Ek jou vermoei? Antwoord My!
4 Ja, Ek het jou uit Egipteland laat optrek en jou uit die slawehuis losgekoop, en Ek het voor jou uit gestuur Moses, A„ron en Mirjam.
5 My volk, dink tog aan wat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat B¡leam, die seun van Beor, hom geantwoord het, en wat gebeur het van Sittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van die HERE.
6 Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?
7 Sal die HERE 'n welbehae hê in duisende ramme en tien duisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?
8 Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?
9 Die stem van die HERE roep tot die stad -- dit is heilsaam om u Naam te vrees --: Hoor die roede, en wie dit bestel het.
10 Is daar nog altyd in die huis van die goddelose skatte van onreg en 'n skrale efa wat vervloek is?
11 Sal Ek rein kan wees by 'n valse weegskaal en by 'n sak vol bedrieglike gewigte?
12 Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.
13 So slaan Ek jou dan ook met 'n smartlike wond, met verwoesting weens jou sondes.
14 Jy sal eet, maar nie versadig word nie, sodat jou honger in jou binneste bly; en jy sal wegbring sonder om iets te red; en wat jy red, sal Ek aan die swaard oorgee.
15 Jy sal saai, maar nie maai nie; jy sal olywe uittrap, maar jou nie met olie salf nie, en mos maak, maar geen wyn drink nie.
16 Want die insettinge van Omri word onderhou en al die werke van die huis van Agab; en julle wandel ooreenkomstig hulle planne, sodat Ek jou tot 'n woesteny sou maak en die inwoners daarvan 'n bespotting: en die smaad van my volk sal julle dra.
1 你们当听耶和华所说的话: "你要起来, 向大山争辩, 让小山可以听见你的声音。
2 大山啊! 你们要听耶和华的争辩。大地永久的根基啊! 你们要听, 因为耶和华与他的子民争辩, 和以色列争论。
3 我的子民啊, 我向你作了什么呢?我在什么事上叫你厌烦呢?你可以回答我。
4 我曾经把你从埃及地领上来, 把你从为奴之家赎出来; 我也差派了摩西、亚伦和米利暗在你前面行。
5 我的民哪! 你们要追念, 摩押王巴勒图谋过什么, 比珥的儿子巴兰又答应了他什么, 以及你们从什亭到吉甲所发生的事, 好使你们知道耶和华公义的作为。"
6 我朝见耶和华, 在至高的 神面前叩拜, 当献上什么呢?我朝见他的时候, 当献上燔祭, 当献上一岁的牛犊吗?
7 耶和华喜悦千千的公羊, 或是万万的油河吗?为我的过犯, 我可以献上我的长子吗?为我的罪恶, 献上我亲生的孩子吗?
8 世人哪! 耶和华已经指示你什么是善, 他向你所要的又是什么; 无非是要你行公义, 好怜悯, 谦虚谨慎与你的 神同行。
9 听啊! 耶和华向这城呼叫, 敬畏你的名就是智慧; 支派和城里的会众啊! 你们要听。
10 我怎能忘记恶人家中的不义之财, 和那些可咒诅的小升斗呢?
11 用不义的天平, 和袋中诈骗的法码的人, 我怎能算他为清洁呢?
12 城里的财主充满了强暴, 其中的居民也说假话; 他们口中的舌头是诡诈的。
13 因此我击打你, 使你生病, 因你的罪恶, 使你荒凉。
14 你要吃, 却吃不饱; 因你的腹中常有疾病。你要怀孕, 却不能生下来; 你生下来的, 我都要交给刀剑。
15 你要撒种, 却不得收割, 你要榨橄榄油, 却不得油抹身; 你要榨葡萄汁, 却不得酒喝。
16 你跟随了暗利的规例和亚哈家一切所行的, 顺从了他们的计谋; 因此, 我必使你荒凉, 使你("你"原文作"她")的居民被嗤笑; 你们也必担当我民的羞辱。