1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat profeteer, en sê aan die wat profete uit hulle eie hart is: Hoor die woord van die HERE!
3 So spreek die Here HERE: Wee die dwase profete wat agter hulle eie gees aan wandel en agter dinge wat hulle nie gesien het nie.
4 Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope.
5 Julle het in die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om die huis van Israel, om in die stryd pal te staan in die dag van die HERE nie.
6 Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek -- terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!
7 Het julle nie 'n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsêery gespreek nie deurdat julle sê: Die HERE spreek, terwyl Âk nie gespreek het nie?
8 Daarom, so spreek die Here HERE: Omdat julle valsheid gespreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die Here HERE.
9 En my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.
10 Omdat, ja, omdat hulle my volk verlei het deur te sê: Vrede! terwyl daar geen vrede is nie; en as die volk 'n muur bou, kyk, dan bepleister hulle dit met los kalk;
11 sê vir hulle wat met los kalk pleister, dat dit sal afval; daar sal 'n oorstromende stortreën kom; en julle, haelstene, sal val en 'n stormwind sal losbreek.
12 En kyk, daar val die muur! Sal dan nie vir julle gesê word: Waar is die pleister waarmee julle gepleister het nie?
13 Daarom, so spreek die Here HERE: Ja, Ek sal 'n stormwind in my grimmigheid laat losbreek, en daar sal 'n oorstromende stortreën kom in my toorn en haelstene in grimmigheid tot vernietiging.
14 En Ek sal die muur afbreek wat julle met los kalk gepleister het, en dit op die grond gooi, sodat sy fondament blootgelê sal word; dan sal die stad val, en julle sal daarin omkom; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
15 En Ek sal my grimmigheid laat uitwoed teen die muur en teen hulle wat dit met los kalk gepleister het; en Ek sal vir julle sê: Weg is die muur! En weg is hulle wat dit gepleister het,
16 naamlik die profete van Israel wat profeteer aangaande Jerusalem en vir hom gesigte van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie, spreek die Here HERE.
17 En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart, en profeteer teen hulle
18 en sê: So spreek die Here HERE: Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense, groot en klein, om siele te vang. Wil julle siele vang van my volk en siele vir julle voordeel in die lewe hou?
19 En julle ontheilig My by my volk vir 'n paar hande vol gars en vir 'n paar stukke brood om siele dood te maak wat nie moes gesterf het nie, en om siele in die lewe te hou wat nie moes geleef het nie, deurdat julle my volk belieg wat na leuens luister.
20 Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen julle bande waarmee julle die siele vang soos voëls, en Ek sal hulle van julle arms afskeur; en Ek sal die siele losmaak, die siele wat julle vang soos voëls.
21 Ek sal ook julle sluiers skeur en my volk uit julle hand red, sodat hulle nie meer 'n buit in julle hand sal wees nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
22 Omdat julle met leuens die hart van die regverdige droewig gemaak het -- terwyl Ek hom geen smart aangedoen het nie -- en die hande van die goddelose versterk het, dat hy van sy slegte weg nie sou terugkeer, om hom in die lewe te hou nie;
23 daarom sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie; maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die HERE is.
1 耶和华的话临到我说:
2 "人子啊! 你要说预言攻击那些在以色列中说预言的先知, 对那些随着自己心意说预言的人说: ‘你们要听耶和华的话。’"
3 主耶和华这样说: "愚顽的先知有祸了, 他们只是随从自己的灵说预言, 却没有看见过什么异象。
4 以色列啊! 你的先知好像废墟中的狐狸。
5 他们没有上去堵塞破口, 也没有为以色列家重修墙垣, 使它在耶和华的日子, 在战争中可以站立得住。
6 他们所见的是虚假的异象, 是骗人的占卜; 他们说: ‘这是耶和华的宣告。’其实耶和华并没有差遣他们, 他们却希望自己的话能够应验。
7 你们不是见了虚假的异象, 不是说了骗人的占卜吗?你们还说: ‘这是耶和华的宣告。’其实我并没有说过。"
8 因此, 主耶和华这样说: "因为你们所说的是虚假, 所见的是欺诈, 因此我就攻击你们。这是主耶和华的宣告。
9 我的手必攻击那些看见虚假异象、以占卜骗人的先知, 他们必不得列在我子民的会中, 不得被记录在以色列家的名册上, 也不得进入以色列地; 你们就知道我是主耶和华。
10 因为他们迷惑了我的子民, 说: ‘平安了。’其实没有平安。有人筑起薄墙的时候, 他们就用灰泥粉刷那墙。
11 所以你要对那些用灰泥粉刷那墙的人说: ‘那墙要倒塌, 必有暴雨漫过。大冰雹啊! 你们要降下, 狂风也必暴刮。’
12 那墙倒塌以后, 人岂不会问你们: ‘你们所粉刷的在哪里呢?’"
13 因此, 主耶和华这样说: "我要在我的烈怒中使狂风暴刮; 在我的忿怒中有暴雨漫过; 在烈怒中有大冰雹降下毁灭这墙。
14 我要拆毁你们用灰泥粉刷的墙。使它倾倒在地, 以致根基露出来; 墙必倒塌, 你们必在其中灭亡; 你们就知道我是耶和华。
15 我必这样向墙, 和向那些用灰泥粉刷这墙的人发尽我的烈怒。我要对他们说: ‘墙没有了! 粉刷那墙的人也没有了! ’
16 粉刷那墙的人, 就是以色列的众先知; 他们指着耶路撒冷说预言, 在没有平安的时候, 为这城见平安的异象。这是主耶和华的宣告。
17 "人子啊! 你要面向民中那些随着自己心意说预言的女子, 说预言攻击她们。你要说:
18 ‘主耶和华这样说: 这些女子有祸了, 她们替众人的手腕缝制符咒的带子, 又替众人制造不同长度的头巾, 为要猎取人的性命。难道你们猎取我子民的性命, 就能保全自己的性命吗?
19 你们为了几把大麦, 为了几块饼, 就在我的子民中间亵渎我; 你们向我那些愿听谎言的子民说谎, 不该死的人, 你们杀死了; 不该活的人, 你们却保全他们的性命。
20 "‘因此, 主耶和华这样说: 我要与你们符咒的带子作对。你们用它们来猎取人的性命, 好像猎取飞鸟一样。我必把它们从你们的膀臂上扯下来, 释放那些被你们像飞鸟一样猎取的性命。
21 我必扯下你们的头巾, 救我的子民脱离你们的手, 使他们不再被你们的手猎取; 你们就知道我是耶和华。
22 我没有使义人灰心, 你们却用谎言使他们灰心, 又坚固恶人的手, 使他们不转离恶道而得拯救。
23 因此, 你们不得再见虚假的异象, 也不得再行占卜的事; 我要救我的子民脱离你们的手。你们就知道我是耶和华。’"