1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, gee 'n raaisel op aan die huis van Israel en dra 'n gelykenis voor
3 en sê: So spreek die Here HERE: Die groot arend met groot vleuels, met lang vlerke, vol vere wat veelkleurig was, het na die L¡banon gekom en die top van die seder weggeneem.
4 Hy het die boonste van sy jong takkies afgepluk en dit na die koopmansland gebring; hy het dit neergesit in die stad van koopmans.
5 Hy het ook van die saad van die land geneem en dit in 'n saailand geplant; hy het dit na baie waters weggeneem, dit as oewergewas geplant.
6 En dit het uitgespruit en 'n breë wingerdstok geword, laag van groei, sodat sy ranke na die arend kon draai en sy wortels onder hom kon wees. So het dit dan 'n wingerdstok geword, en dit het lote gemaak en lootjies uitgeskiet.
7 En daar was nog 'n groot arend met groot vleuels en baie vere; en kyk, hierdie wingerdstok het sy wortels na hom toe gebuig en sy ranke na hom toe uitgeskiet uit die beddings waar dit geplant was, dat hy dit sou bevogtig.
8 Dit was in 'n goeie land by baie waters geplant om ranke te maak en vrugte te dra, om 'n pragtige wingerdstok te word.
9 Sê: So spreek die Here HERE: Sal dit voorspoedig wees? Sal hy nie die wortels daarvan uitruk en die vrugte daarvan afsny, sodat dit verdroog, ja, verdroog in al sy uitgespruite blaartjies nie? En dit nie deur 'n magtige arm en baie mense om dit van sy wortels af uit te lig nie.
10 Ja, kyk, dit is geplant -- sal dit voorspoedig wees? Sal dit nie heeltemal verdroog as die oostewind hom aanraak, verdroog op die beddings waar dit uitgespruit het nie?
11 Daarna het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
12 Spreek tog met die wederstrewige huis: Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie? Sê: Kyk, die koning van Babel het na Jerusalem gekom en sy koning en sy vorste weggeneem en hulle na hom toe, na Babel gebring.
13 Toe het hy een uit die koninklike geslag geneem en met hom 'n verbond gesluit en hom 'n eed opgelê, maar die magtiges van die land het hy weggeneem;
14 sodat die koninkryk van geringe betekenis sou wees en hom nie sou verhef nie, maar dat dit, deur sy verbond te onderhou, in stand kon bly.
15 Maar hy het teen hom in opstand gekom deur sy gesante na Egipte te stuur, dat hulle hom perde en baie manskappe sou gee. Sal hy voorspoedig wees? Sal hy ontvlug wat sulke dinge doen? Sal hy die verbond verbreek en tog ontvlug?
16 So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, in die plek waar die koning woon wat hom koning gemaak het, wie se eed hy geminag en wie se verbond hy verbreek het, by hom, binne-in Babel, sal hy sterwe.
17 Ook sal Farao nie met hom saamspan in die oorlog met 'n groot leër en met baie mense nie, as hulle 'n wal opwerp en forte bou om baie siele uit te roei.
18 Want hy het die eed geminag deur die verbond te verbreek; en kyk, hy het sy hand gegee en tog al hierdie dinge gedoen; hy sal nie ontvlug nie.
19 Daarom, so sê die Here HERE: So waar as Ek leef, Ek sal gewis my eed wat hy geminag het, en my verbond wat hy verbreek het, op sy hoof laat neerkom.
20 En Ek sal my net oor hom uitsprei, en in my strik sal hy gevang word; en Ek sal hom na Babel bring en daar met hom na die gereg gaan, weens die troubreuk wat hy teen My begaan het.
21 En al sy vlugtelinge in al sy leërs sal deur die swaard val, en die wat oorgebly het, sal na al die windstreke verstrooi word; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek het.
22 So sê die Here HERE: Dan sal Ek self van die verhewe top van die seder 'n steggie neem en dit insit -- van die boonste van sy lootjies sal Ek 'n teer puntjie afpluk en self dit plant op 'n hoë en verhewe berg.
23 Op die hoë berg van Israel sal Ek dit plant, en dit sal takke voortbring en vrugte dra en 'n heerlike seder word, sodat al die voëls van allerhande vere daaronder kan woon; in die skaduwee van sy takke sal hulle woon.
24 En al die bome van die veld sal weet dat Ek, die HERE, die hoë boom verneder, die nederige boom verhoog het; die groen boom laat verdroog en die droë boom laat bloei het. Ek, die HERE, het dit gespreek en gedoen.
1 耶和华的话临到我说:
2 "人子啊! 你要向以色列家出谜语, 设比喻,
3 说: ‘主耶和华这样说: 有一只大鹰, 翅膀大, 翎毛长, 羽毛丰富, 彩色缤纷, 来到黎巴嫩, 把香柏树的树梢取去;
4 它啄断树顶的嫩枝, 把它带到贸易之地, 栽种在商人的城里。
5 它又把以色列地的种子取去, 栽种在肥沃的地土、水流的旁边, 好像栽种柳树一样;
6 它生长起来, 成了一棵矮小而蔓延的葡萄树; 树上的枝子向着那鹰, 树根在它以下。这样, 它就成了一棵葡萄树, 生出枝子, 长出嫩芽。
7 "‘另有一只大鹰, 翅膀大, 羽毛多; 这葡萄树从它栽种的苗床上, 把树根向这鹰弯过去, 又向这鹰长出枝子, 好得它的浇灌。
8 其实, 这树早已栽种在肥沃的地土、水流的旁边, 可以长枝子、结果子, 成为佳美的葡萄树。’
9 你要说: ‘主耶和华这样说: 这葡萄树怎能茂盛呢?鹰不是要拔出它的根来, 啄光它的果子, 使它和它长出的一切嫩叶都枯干吗?其实, 要把它连根拔起, 并不需要很多人或很大的气力。
10 看哪! 葡萄树被栽种了, 但它能发旺吗?东风吹袭它的时候, 它不是必然枯干吗?它必在生长的苗床上枯干。’"
11 耶和华的话临到我说:
12 "你要对那叛逆的民族说: ‘你们不知道这些事是什么意思吗?’你要告诉他们: ‘看哪! 巴比伦王曾到耶路撒冷来, 把其中的王和众领袖掳去, 带他们到巴比伦那里去。
13 他从以色列王室后裔中选出一人, 与他立约, 叫他起誓, 并且把国中那些有势力的人掳去,
14 使国衰微, 不能再兴盛, 唯有谨守条约他才可以继续存在。
15 可是这人背叛了巴比伦王, 差遣使者到埃及去, 要得战马和大军。他能亨通吗?行这样事的人, 怎能逃脱呢?他破坏条约, 怎能逃脱呢?
16 我指着我的永生起誓: 他藐视了自己所起的誓, 背弃了与王所立的约, 因此他必死在巴比伦, 就是巴比伦王立他作王的地方。这是耶和华的宣告。
17 敌人建造围城的高墙, 筑起攻城土垒要剪除多人的时候, 法老率领大军和大队人马, 还是不能帮助他作战。
18 他藐视誓言, 背弃条约; 他已宣誓效忠, 却又行了这一切事, 所以他必不能逃脱。
19 因此主耶和华这样说: 我指着我的永生起誓: 他既然藐视我的誓言, 背弃我的约, 我必使这罪归到他的头上。
20 我要把我的网撒在他身上, 他必在我的网罗中被捕获; 我要把他带到巴比伦去, 并且要在那里因他对我不忠的罪审判他。
21 他军中所有的精兵, 都必倒在刀下; 剩下的也必分散到四方; 你们就知道说这话的是我耶和华。
22 "‘主耶和华这样说: 我要从高大香柏树的树梢上取去一根树枝, 把它栽上; 我要从树顶的嫩枝中折下一根枝子, 把它栽种在高耸的山上;
23 我要把它栽种在以色列的高山上, 它要长出枝子, 结出果子, 成为佳美的香柏树; 各种各类的飞鸟都必在树下栖宿, 就是栖宿在枝子的荫下。
24 田野所有的树木都必知道我耶和华使高大的树矮小, 矮小的树高大; 使青绿的树枯干, 枯干的树茂盛。我耶和华怎样说了, 就必怎样行。’"