1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie?
3 Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie;
4 julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.
5 So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak.
6 My skape dwaal rond op al die berge en op al die hoë heuwels; ja, oor die hele oppervlakte van die aarde is my skape verstrooi, sonder dat iemand na hulle vra of hulle soek.
7 Daarom, o herders, hoor die woord van die HERE:
8 So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat my skape 'n prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nie --
9 daarom, o herders, hoor die woord van die HERE!
10 So sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie.
11 Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg.
12 Soos 'n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid.
13 En Ek sal hulle uitlei uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land; en Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land.
14 Op 'n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei, en op die hoë berge van Israel sal hulle weiplek wees. Daar sal hulle lê op 'n goeie plek en wei in 'n geil weiveld op die berge van Israel.
15 Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE.
16 Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit reg is.
17 En wat julle aangaan, my skape, so sê die Here HERE, kyk, Ek sal oordeel tussen skape en skape, die ramme en die bokramme.
18 Is dit vir julle nie genoeg dat julle die goeie weiveld afwei nie? En moet julle die orige van jul weiveld met jul pote vertrap? En moet julle die helder water drink, terwyl julle die wat oorbly, met jul pote troebel maak?
19 En moet my skape afwei wat met julle pote vertrap is, en drink wat met julle pote troebel gemaak is?
20 Daarom, so sê die Here HERE vir hulle: Kyk, hier is Ek, en Ek sal oordeel tussen die vet skape en die maer skape.
21 Omdat julle al die swakkes met skof en skouer wegdruk en met julle horings stoot, totdat julle hulle uitgejaag het,
22 daarom sal Ek my skape red, sodat hulle nie meer 'n prooi sal wees nie; en Ek sal oordeel tussen skape en skape.
23 En Ek sal een enkele herder oor hulle verwek, en hy sal hulle laat wei, naamlik my kneg Dawid; hy sal hulle laat wei, en hy sal vir hulle 'n herder wees.
24 En Ek, die HERE, Ek sal vir hulle 'n God wees, en my kneg Dawid 'n vors in hulle midde. Ek, die HERE, het dit gespreek.
25 En Ek sal 'n verbond van vrede met hulle sluit en die wilde diere uit die land laat verdwyn; en hulle sal veilig bly in die woestyn en slaap in die bosse.
26 En Ek sal hulle en die plekke rondom my heuwel tot 'n seën maak en die stortreën laat val op sy tyd; stortreëns van seën sal dit wees.
27 En die bome van die veld sal hulle vrugte gee, en die land sal sy opbrings gee, en hulle sal veilig wees in hul land; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek hulle jukskeie stukkend breek en hulle red uit die hand van die wat hulle diensbaar gemaak het.
28 En hulle sal nie meer 'n prooi vir die nasies wees nie, en die wilde diere van die land sal hulle nie opeet nie; maar hulle sal veilig woon sonder dat iemand hulle verskrik.
29 En Ek sal vir hulle plante van naam verwek, sodat hulle nie meer deur hongersnood in die land weggeruk sal word nie en die smaad van die nasies nie meer sal dra nie.
30 Maar hulle sal weet dat Ek, die HERE hulle God, met hulle is, en dat hulle, die huis van Israel, my volk is, spreek die Here HERE.
31 En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE.
1 耶和华的话临到我说:
2 "人子啊! 你要说预言攻击以色列众牧者; 你要对他们说预言: ‘主耶和华这样说: 以色列众牧者有祸了! 他们只顾牧养自己。牧者岂不应当牧养羊群吗?
3 你们吃脂油、穿羊毛, 宰肥壮的羊, 却不牧养羊群。
4 瘦弱的, 你们没有养壮; 患病的, 你们没有医治; 受伤的, 你们没有包扎; 被赶散的, 你们没有领回; 迷失的, 你们没有寻找; 你们反而用强暴严严地管辖它们。
5 它们没有牧人, 就分散了, 作了田野一切走兽的食物。
6 我的羊在众山和各高冈上流离; 它们分散在全地上, 没有人去寻, 也没有人去找。
7 "‘因此, 你们这些作牧者的, 要听耶和华的话:
8 我指着我的永生起誓, 我的羊因没有牧人, 就成了猎物, 作了田野一切走兽的食物。我的众牧者不寻找我的羊; 他们只顾牧养自己, 却不牧养我的羊。这是主耶和华的宣告。
9 因此, 你们这些作牧者的, 要听耶和华的话。
10 主耶和华这样说: 看哪! 我要与众牧者为敌; 我必向他们追讨我的羊, 使他们不再牧养羊群, 也不再牧养自己。我必救我的羊脱离他们的口, 不再作他们的食物。
11 "‘因为主耶和华这样说: 看哪! 我必亲自寻觅我的羊, 把它们找出来。
12 牧人在他的羊群四散的时候, 怎样寻找他的羊, 我也必照样寻找我的羊。这些羊在密云幽暗的日子四散到各处, 我要把它们从那里救回来。
13 我必把它们从万族中领出来, 从列邦中聚集它们, 领它们归回故土。我必在以色列的群山上, 在众溪水旁, 在国内一切居住的地方, 牧养它们。
14 我必在美好的草场上牧养它们, 以色列的高山必作牧放它们的地方。在那里它们必躺卧在美好的牧场上, 它们必在以色列群山肥美的草场上吃草。
15 我必亲自牧养我的羊, 亲自使它们躺卧。这是主耶和华的宣告。
16 迷失的, 我必寻找; 被赶散的, 我必领回; 受伤的, 我必包扎; 患病的, 我必养壮; 肥壮的, 我却要除灭。我也必按着公正牧养它们。
17 "‘我的羊啊! 论到你们, 主耶和华这样说: 我要在羊与羊之间, 在公绵羊与公山羊之间, 施行审判。
18 你们在美好的草场上吃草, 还不知足吗?剩下的草, 你们竟用脚践踏; 你们喝了清水, 剩下的你们竟用脚搅浊。
19 我的羊, 就只能吃你们用脚践踏过的, 喝你们用脚搅浊了的。
20 "‘因此, 主耶和华对它们这样说: 看哪! 我必亲自在肥羊与瘦羊之间施行审判。
21 因为你们用腰用肩拥挤所有瘦弱的, 又用角抵触它们, 直到把它们驱散到外面,
22 所以我必拯救我的羊, 使它们不再作猎物。我要在羊与羊之间施行审判。
23 "‘我必立一个牧人, 就是我的仆人大卫, 看管它们, 牧养它们。他必牧养它们, 作它们的牧人。
24 我耶和华必作它们的 神, 我的仆人大卫要在它们中间作领袖。我耶和华已经说了。
25 "‘我必与它们立平安的约, 使恶兽从境内灭绝, 它们就可以在旷野安居, 在树林中躺卧。
26 我必使他们和我的山四围都蒙福; 我必按时降雨, 这就是赐福的雨。
27 田野的树木必结果子, 地也必有出产; 他们必在自己的土地上安居。我打断他们所负的轭, 救他们脱离奴役者的手的时候, 他们就知道我是耶和华。
28 他们必不再作列国的猎物, 地上的野兽也不再吞吃他们; 他们必安然居住, 没有人惊吓他们。
29 我必给他们兴起一个以种植闻名的地方, 使他们在境内不再被饥荒消灭, 也不再担当列国的羞辱。
30 那时, 他们就知道我耶和华他们的 神与他们同在, 并且知道他们以色列家是我的子民。这是主耶和华的宣告。
31 你们是我的羊, 是我草场上的羊; 我是你们的 神。这是耶和华的宣告。’"