1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

2 Maar jy, mensekind, hef 'n klaaglied oor Tirus aan,

3 en sê aan Tirus, wat woon by die ingange van die see, wat handel drywe met die volke na baie kuslande toe: So spreek die Here HERE: o Tirus, jy sê: Ek is volmaak in skoonheid.

4 In die hart van die seë is jou gebied; jou boumeesters het jou skoonheid volkome gemaak.

5 Van sipresse uit Senir het hulle vir jou al die plankwerk gebou; 'n seder uit L¡banon het hulle geneem om op jou 'n mas te maak.

6 Van eikebome uit Basan het hulle jou roeispane gemaak; jou dek het hulle gemaak uit ivoor, ingelê in dennehout uit die kuslande van die Kittiërs.

7 Veelkleurige fyn linne uit Egipte was jou seil, om vir jou as vlag te dien; pers en purper stowwe uit die kuslande van El¡sa was jou hutbedekking.

8 Die inwoners van Sidon en Arwad was jou roeiers; jou wyse manne was in jou, o Tirus, hulle was jou stuurmanne.

9 Die oudstes van Gebal en sy wyse manne was in jou om jou lekplekke reg te maak; al die skepe van die see en hulle seevaarders was in jou om jou koopware te verhandel.

10 Perse en Ludiete en Put,ërs was in jou leër, jou krygsmanne; skild en helm het hulle in jou opgehang; hulle het aan jou glans gegee.

11 Die kinders van Arwad en jou leër was op jou mure rondom, en die Gammadiete was op jou torings; hul skilde het hulle aan jou mure rondom gehang; hulle het jou skoonheid volkome gemaak.

12 Tarsis het handel gedrywe met jou weens die menigte van allerhande goed: silwer, yster, tin en lood het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.

13 Jawan, Tubal en Meseg, hulle was jou koopmans; slawe en kopergoed het hulle as koopware aan jou gelewer.

14 Uit die huis van Togarma het hulle perde en ryperde en muilesels as handelsware aan jou gelewer.

15 Die kinders van Dedan was jou koopmans, baie kuslande die handelsgebied wat tot jou beskikking gestaan het; olifantstande en ebbehout het hulle aan jou as betaling gebring.

16 Aram het met jou handel gedrywe weens die menigte van jou kunswerke: karbonkel, purper en veelkleurige stowwe en fyn linne en korale en robyne het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.

17 Juda en die land Israel, hulle was jou koopmans; koring van Minnit en meel en heuning en olie en balsem het hulle as koopware aan jou gelewer.

18 Damaskus het met jou handel gedrywe weens die menigte van jou kunswerke, weens die menigte van allerhande goed: wyn van Helbon en wit wol.

19 Wedan en Jawan het uit Usal aan jou smee-yster as handelsartikel gelewer; kassie en kalmoes was onder jou koopware.

20 Dedan het met jou handel gedrywe in saalkleedjies om op te ry.

21 Arabië en al die vorste van Kedar, hulle was die koopmans wat tot jou beskikking gestaan het; lammers en ramme en bokke -- daarin het hulle met jou handel gedrywe.

22 Die koopmans van Skeba en Raëma, hulle was jou koopmans; die fynste van allerhande speserye en allerhande edelgesteentes en goud het hulle as handelsartikels aan jou gelewer.

23 Haran en Kanne en Eden, die koopmans van Skeba, Assur en Kilmad het met jou handel gedrywe.

24 Hulle was jou koopmans in pragtige klerasie, in mantels van pers stof en veelkleurige goed en in bont geweefde tapyte, in gevlegte en gedraaide toue, op jou mark.

25 Die skepe van Tarsis het jou koopware vir jou aangevoer, sodat jy vol en baie heerlik geword het in die hart van die seë.

26 Die wat jou geroei het, het jou op groot waters gebring; die Oostewind het jou verbreek in die hart van die seë.

27 Jou goed en jou handelsartikels, jou koopware, jou seevaarders en jou stuurmanne, die wat jou lekplekke reggemaak het en die wat jou koopware verhandel het, en al jou krygsmanne wat in jou is, saam met jou hele menigte wat in jou is -- hulle sal val in die hart van die seë op die dag van jou val.

28 Van die harde geskreeu van jou stuurmanne sal die oop velde bewe.

29 En almal wat die roeispaan hanteer, sal van hulle skepe afklim; die seevaarders, al die stuurmanne van die see, sal op die land gaan staan.

30 En hulle sal hul stem oor jou laat hoor en bitterlik skreeu; en hulle sal stof op hul hoofde gooi, hulle wentel in die as.

31 En hulle sal om jou ontwil 'n kaal plek skeer en rouklere aangord en oor jou ween met bitterheid van siel, in 'n bitter rouklag.

32 En hulle sal in hul weeklag oor jou 'n klaaglied aanhef en oor jou sing: Wie was soos Tirus, die doodstille daar in die see?

33 Toe jou handelsware uit die see voortgekom het, het jy baie volke versadig; met die menigte van jou goed en jou koopware het jy die konings van die aarde ryk gemaak.

34 Nou is jy verbreek van die see af in die dieptes van die waters; jou koopware en jou hele menigte het saam met jou weggesink.

35 Al die inwoners van die kuslande staan verbaas oor jou, en hulle konings huiwer van skrik, met donker aangesigte.

36 Die handelaars onder die volke spot oor jou; jy het 'n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.

1 耶和华的话临到我说:

2 "人子啊! 你要为推罗作一首哀歌。

3 要对那位于海口, 跟沿海邦国通商的推罗说: ‘主耶和华这样说: 推罗啊! 你曾经说过: 我是全然美丽的。

4 你的疆界在众海中心, 建造你的使你全然美丽。

5 他们用示尼珥的松树做你所有的木板; 用黎巴嫩的香柏树做你的桅杆;

6 用巴珊的橡树做你的桨; 用基提沿岸的黄杨木镶嵌着象牙, 做你的舱板。

7 你的帆是用埃及刺绣的细麻布做的, 可作你的旗帜; 你的篷是用以利沙沿岸的蓝色和紫色布做的。

8 西顿和亚发的居民给你荡桨; 推罗啊! 你中间的技师作你的舵手。

9 迦巴勒的技师和老练的工匠都在你那里修补裂缝; 所有海上的船只和水手都在你那里, 与你进行贸易。

10 波斯人、路德人、弗人都在你的军队中作战士; 他们在你那里挂起盾牌和头盔, 彰显你的光荣。

11 在你四围的城墙上有亚发人和赫勒克人("赫勒克人"或译: "你的军兵"); 在你的城楼上有歌玛底人("歌玛底人"或译: "勇士")。他们把自己的盾牌挂在你四围的城墙上, 使你全然美丽。

12 "他施人因你各样丰富的财物, 就作你的贸易伙伴; 他们用银、铁、锡和铅来换取你的货物。

13 雅完人、土巴人和米设人都与你通商; 他们用奴隶和铜器来换取你的商品。

14 伯陀迦玛人用马、战马和骡子来换取你的货物。

15 底但人与你通商, 沿海许多地方都作你贸易的市场; 他们用象牙和乌木支付给你。

16 亚兰人因你的产品很多, 就作你的贸易伙伴; 他们用绿宝石、紫色布、刺绣、细麻布、珊瑚、红宝石, 来换取你的货物。

17 犹大和以色列地都与你通商; 他们用米匿的麦子、饼、蜜、油和乳香来换取你的商品。

18 大马士革人因你产品很多, 又因你各样丰富的财物, 就用黑本酒和白羊毛("白羊毛"或译: "察哈尔羊毛")来与你交易,

19 威但人用乌萨出的酒("用乌萨出的酒"原文作"和从乌萨来的雅完人")来换取你的货物; 他们用锻铁、桂皮和菖蒲, 来交换你的商品。

20 底但人用马鞍毯子来与你交易。

21 阿拉伯人和基达所有的领袖都作你通商的顾客; 他们用羊羔、绵羊和山羊, 来与你交易。

22 示巴和拉玛的商人都与你交易; 他们用各样上等的香料, 各种宝石和黄金, 来换取你的货物。

23 哈兰人、干尼人、伊甸人、示巴的商人、亚述人和基抹人, 都与你交易。

24 他们用美丽的衣服、蓝色刺绣的袍子、色彩缤纷的地毯, 用绳子绑得结实, 在你的市场上与你交易。

25 他施的船只运载你的商品, 你在海的中心, 满载货物, 极其沉重。

26 给你荡桨的已经把你荡到水深之处; 东风在海的中心把你吹破。

27 你的财富、货物、商品、水手、舵手、修补裂缝的、与你进行贸易的, 在你那里所有的战士, 并在你中间所有聚集的人、在你倾覆的日子, 都必在海的中心沉下去。

28 因你舵手的呼叫声, 郊野都必震动。

29 所有荡桨的、水手和航海的舵手, 都必离开他们的船只, 站在陆上。

30 他们必为你放声痛哭, 把尘土撒在自己的头上, 在灰中打滚。

31 他们必因你把头剃光, 腰束麻布, 为你痛心哭泣, 苦苦悲哀。

32 他们为你哀悼的时候, 必为你作一首哀歌: 有哪一座城, 像在海中沉寂的推罗呢?

33 你的货物从海上运出去的时候, 曾使多国的人饱足; 因你丰富的财物和商品, 你使地上的君王都富裕。

34 如今你在深水的地方, 被海水冲破; 你的商品和所有在你那里聚集的人, 都沉下去了。

35 沿海地带所有的居民都因你惊骇; 他们的君王都极其恐慌, 面容扭曲。

36 各族的商人都嗤笑你; 你必遭遇可怕的灾祸, 你就永远不再存在了。’"