1 Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene.
2 En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het 'n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor.
3 Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here HERE, U weet dit.
4 Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE!
5 So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.
6 En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en 'n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
7 Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar 'n geruis, en kyk -- 'n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been.
8 Toe kyk ek en -- daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en 'n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.
9 Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.
10 En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan -- 'n ontsaglike groot leër!
11 Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons!
12 Daarom, profeteer en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel.
13 En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk!
14 En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE.
15 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
16 En jy, mensekind, neem vir jou 'n stuk hout, en skrywe daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy bondgenote; en neem 'n ander stuk hout en skrywe daarop: Vir Josef die hout van Efraim en die hele huis van Israel, sy bondgenote.
17 Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand.
18 En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie?
19 sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand.
20 So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand wees voor hulle oë;
21 en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land.
22 En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.
23 En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my 'n volk wees, en Ek vir hulle 'n God wees.
24 En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel.
25 En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, hulle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig.
26 En Ek sal 'n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal 'n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig.
27 En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees en hulle vir my 'n volk wees.
28 En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.
1 耶和华的手按在我身上; 耶和华借着他的灵领我出去, 把我放在平原上, 这平原布满了骸骨。
2 他带我在骸骨的四围经过; 我看见平原上面有很多骸骨, 都非常枯干。
3 他问我: "人子啊! 这些骸骨能活过来吗?"我回答: "主耶和华啊! 唯有你才知道。"
4 他又对我说: "你要向这些骸骨说预言, 对它们说: ‘枯干的骸骨啊! 你们要听耶和华的话。
5 主耶和华对这些骸骨这样说: 看哪! 我必使气息进入你们里面, 你们就活过来了。
6 我必使你们生筋长肉, 给你们包上皮, 又把气息放入你们里面, 你们必活过来; 你们就知道我是耶和华。’"
7 于是我遵命说预言; 我正在说预言的时候, 就听见有响声, 骨头与骨头互相结合起来, 格格作响。
8 我观看, 见骸骨生了筋, 长了肉, 又有皮包在上面, 只是它们里面还没有气息。
9 他对我说: "你要向气息说预言。人子啊! 你要说预言。你要向气息说: ‘主耶和华这样说: 气息啊! 你要从四方("四方"原文作"四风")而来, 吹在这些被杀的人身上, 使它们活过来。’"
10 于是我遵命说预言, 气息就进入骸骨里面, 骸骨就活过来, 并且站起, 成了一支极大的军队。
11 他对我说: "人子啊! 这些骸骨就是以色列全家; 他们常说: ‘我们的骸骨枯干了, 我们的盼望消失了; 我们都灭亡了。’
12 因此, 你要说预言, 对他们说: ‘主耶和华这样说: 我的子民哪! 我要打开你们的坟墓, 把你们从坟墓中领上来, 带你们回以色列地去。
13 我的子民哪! 我打开你们的坟墓, 把你们从坟墓中领上来的时候, 你们就知道我是耶和华。
14 我要把我的灵放在你们里面, 你们就活过来; 我要把你们安顿在你们的土地上, 你们就知道我耶和华说了, 就必实行。这是主耶和华的宣告。’"
15 耶和华的话又临到我说:
16 "人子啊! 你要拿一根木杖, 在上面写‘犹大和那些与他一起的以色列人’; 又拿另一根木杖, 在上面写‘以法莲的木杖, 就是约瑟和与他一起的以色列全家’。
17 你要把这两根木杖连接在一起, 使它们在你手里成为一根。
18 如果你本国的人民问你: ‘你不告诉我们这些木杖是什么意思吗?’
19 你就要回答他们: ‘主耶和华这样说: 看哪! 我要拿约瑟和与他一起的以色列众支派的木杖, 就是在以法莲手里的, 跟犹大的木杖连接在一起, 使它们在我手里成为一根。’
20 你写上了字的那两根木杖, 要在他们眼前握在手里;
21 你要对他们说: ‘主耶和华这样说: 看哪! 我要把以色列人从他们所到的列国中领出来, 又从四围聚集他们, 把他们领回故土。
22 我要使他们在那地上, 在以色列的众山上, 成为一国; 必有一王统治他们众人; 他们不再是两个国, 不再分为两个邦。
23 他们必不再因自己的偶像和可憎的像, 以及一切过犯, 而玷污自己; 我必拯救他们脱离一切背道的罪("背道的罪"有古卷作"他们在其中犯罪的住处"); 我必洁净他们, 他们就必作我的子民, 我必作他们的 神。
24 "‘我的仆人大卫必作他们的王; 他们众人只有一个牧者。他们必遵行我的典章, 谨守实行我的律例。
25 他们必住在我所赐给我仆人雅各的地上, 就是你们列祖所住的地。他们和他们的子孙, 以及子孙的子孙, 都必永远住在那里; 我的仆人大卫必永远作他们的领袖。
26 我要与他们立平安的约, 是一个永远的约; 我必坚立他们, 使他们人数增多, 又在他们中间设立我的圣所, 直到永远。
27 我的居所必在他们当中; 我要作他们的 神, 他们要作我的子民。
28 我的圣所必永远在他们中间, 列国就知道我是耶和华, 是我使以色列成圣的。’"