1 En in die sesde jaar, in die sesde maand, op die vyfde van die maand, terwyl ek in my huis sit en die oudstes van Juda voor my sit, het die hand van die Here HERE daar op my geval.
2 Ek kyk toe -- en daar was 'n gestalte wat soos vuur gelyk het; van wat soos sy lendene gelyk het en ondertoe, was vuur, en van sy lendene af en boontoe iets net soos 'n hemelglans wat soos blinkende metaal geskyn het.
3 Toe steek Hy iets uit wat die vorm van 'n hand het, en vat my aan die kuifhare van my hoof; en die Gees het my opgehef tussen die aarde en die hemel en my in gesigte van God na Jerusalem gebring, by die ingang van die binneste poort wat na die noorde toe kyk, waar die plek was van die afgodsbeeld van ywer wat ywer verwek.
4 En kyk, die heerlikheid van die God van Israel was daar, ooreenkomstig die verskyning wat ek in die laagte gesien het.
5 En Hy sê vir my: Mensekind, slaan tog jou oë op in die rigting van die noorde; en ek het my oë opgeslaan in die rigting van die noorde -- en daar was aan die noordekant van die altaarpoort daardie afgodsbeeld van ywer by die ingang!
6 En Hy sê vir my: Mensekind, sien jy wat hulle doen, die groot gruwels wat die huis van Israel hier aanrig, dat Ek ver van my heiligdom af moet weggaan? Maar jy sal nog ander groot gruwels sien.
7 Daarop bring Hy my by die ingang van die voorhof. Ek kyk toe -- en daar was 'n gat in die muur.
8 En Hy sê vir my: Mensekind, breek tog deur die muur heen. En ek het deur die muur heen gebreek, en kyk, daar was 'n deur.
9 Daarop sê Hy vir my: Gaan in, en kyk na die growwe gruwels wat hulle hier doen.
10 Ek gaan toe in en kyk -- en daar was allerhande afbeeldinge van afskuwelike kruipende en viervoetige diere, en allerhande drekgode van die huis van Israel wat al rondom op die muur uitgesny was.
11 En sewentig manne uit die oudstes van die huis van Israel het daarvoor gestaan, en Ja„sanja, die seun van Safan, onder hulle; en elkeen het sy wierookpan in sy hand gehad, en die geur van die wolk van reukwerk het opgegaan.
12 Toe sê Hy vir my: Het jy gesien, mensekind, wat die oudstes van die huis van Israel in die duisternis doen, elkeen in sy kamers met beeldwerk? Want hulle dink: Die HERE sien ons nie; die HERE het die land verlaat.
13 En Hy sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen.
14 Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.
15 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien.
16 Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste.
17 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit dan vir die huis van Juda te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedrywe, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer geterg het? En kyk hoe hulle die druiwetak by hulle neus hou!
18 Daarom sal Âk ook in grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie.
1 第六年六月五日, 我坐在家中, 犹大的众长老也坐在我面前, 在那里主耶和华的灵降在我身上。
2 我观看, 见有一形状好像人的样子, 在那仿佛是他腰部以下, 有火的样子, 在那仿佛是他腰部的以上有光辉的样子, 好像闪耀的金属。
3 他伸出一只形状像手的东西, 抓住我的一绺头发; 灵就把我提到天地之间, 在 神的异象中, 他把我带往耶路撒冷, 到圣殿北门内院的入口处, 在那里有令 神愤恨的偶像的座位。
4 不料, 在那里有以色列 神的荣耀, 形状与我在平原所见的一样。
5 他对我说: "人子啊! 举目向北观看。"我就举目向北观看, 见祭坛门的北面, 在入口的地方, 有令 神愤恨的偶像。
6 他又对我说: "人子啊! 以色列家在这里所行的, 就是他们行这极其可憎的事, 使我远离我的圣所, 你看见了吗?但你还要看见更加可憎的事。"
7 他领我到院子的门口; 我观看, 见墙上有一个洞。
8 他对我说: "人子啊, 挖墙吧! "我就挖墙, 不料, 见有一道门。
9 他对我说: "你进去, 看看他们在那里所行可憎的恶事。"
10 于是我进去观看, 见四围的墙上刻着各种形状的爬行物, 和可憎恶的走兽, 以及以色列家所有的偶像。
11 站在这些像面前的有以色列家的七十个长老, 沙番的儿子雅撒尼亚也站在他们中间; 各人手里拿着自己的香炉, 香的烟往上升。
12 他对我说: "人子啊! 以色列家的众长老各在自己偶像的房间里暗中所行的, 你看见了吗?他们说: ‘耶和华看不见我们, 耶和华已经离开这地了。’"
13 他又对我说: "你还要看见他们行更加可憎的事。"
14 他领我到耶和华殿朝北的门口, 在那里有些妇女坐着, 为搭模斯哭泣。
15 他对我说: "人子啊, 你看见了吗?你还要看见比这些更可憎的事。"
16 他又领我到耶和华殿的内院, 在耶和华殿的门口, 就是在走廊和祭坛中间, 约有二十五个人, 背向耶和华的殿, 面向着东方; 他们正在朝着东面叩拜太阳。
17 他对我说: "人子啊, 你看见了吗?犹大家在这里行这可憎的事, 还算小事吗?他们使这地充满了强暴, 再三惹我发怒; 看哪! 他们把树枝拿到自己的鼻前。
18 因此我要以烈怒待他们; 我的眼必不顾惜, 我也不怜恤; 他们虽然在我耳中大声呼求, 我还是不听他们。"