1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, daar was twee vroue, dogters van een moeder.

3 En hulle het in Egipte gehoereer; in hul jeug het hulle gehoereer; daar is hul borste betas, en daar is hul maagdelike boesem gedruk.

4 En hulle name was: Ohola, die grootste, en Oholiba, haar suster; en hulle het myne geword en seuns en dogters gebaar. En wat hulle name betref: Samar¡a is Ohola en Jerusalem Oholiba.

5 En Ohola het gehoereer terwyl sy my vrou was, en het gesmag na haar minnaars, na die Assiriërs, krygshaftige mense

6 wat pers aangetrek was, goewerneurs en owerstes, almal begeerlike jongmanne, ruiters te perd.

7 En sy het haar hoererye aan hulle weggegee, hulle almal, die beste uit die kinders van Assur; en met almal na wie sy gesmag het -- met al hulle drekgode het sy haar verontreinig.

8 So het sy dan haar hoererye, uit Egipte afkomstig, nie laat staan nie; want hulle het in haar jeug met haar gemeenskap gehad en hulle het haar maagdelike boesem gedruk en hul hoerery oor haar uitgestort.

9 Daarom het Ek haar oorgegee in die hand van haar minnaars, in die hand van die kinders van Assur na wie sy gesmag het.

10 Hulle het haar skaamte ontbloot, haar seuns en haar dogters weggeneem; maar haar het hulle met die swaard gedood, sodat sy 'n waarskuwende voorbeeld onder die vroue geword het, en hulle het strafgerigte aan haar voltrek.

11 Alhoewel haar suster Oholiba dit gesien het, het sy dit tog met haar verliefdheid erger gemaak as sy, en met haar hoererye nog erger as haar suster.

12 Sy het gesmag na die seuns van Assur, goewerneurs en owerstes, krygshaftige mense, pragtig aangetrek, ruiters te perd, almal begeerlike jongmanne.

13 Toe het Ek gesien dat sy verontreinig was: altwee het dieselfde weg bewandel.

14 Ja, sy het nog meer gehoereer; toe sy manne sien wat op die muur afgeteken was, afbeeldinge van die Chaldeërs, geteken met rooiminie;

15 omgord met 'n gordel aan hulle heupe, met oorhangende tulbande op hulle hoofde, in hulle voorkoms almal offisiere, in die gestalte van die seuns van Babel wie se geboorteland Chald,a is --

16 net toe sy hulle sien, het sy na hulle gesmag en boodskappers na hulle gestuur, na Chald,a toe.

17 Daarop kom die kinders van Babel by haar, na die bed van liefde, en verontreinig haar met hulle hoerery, en sy het onrein geword deur hulle; daarna het haar siel van hulle vervreemd geraak.

18 En toe sy haar hoererye geopenbaar en haar skaamte ontbloot het, het my siel van haar vervreemd geraak, soos my siel vervreemd geraak het van haar suster.

19 Ja, sy het haar hoererye baie gemaak deur te dink aan die dae van haar jeug toe sy 'n hoer was in Egipteland.

20 En sy het gesmag na hulle wellustelinge, wat sinlik soos esels en onstuimig van drif was soos perde.

21 En jy het na die skandelike daad van jou jeug verlang, toe die van Egipte jou boesem gedruk het om jou jeugdige borste ontwil.

22 Daarom, o Oholiba, so sê die Here HERE: Kyk, Ek verwek jou minnaars, van wie jou siel vervreemd geraak het, teen jou, en Ek sal hulle van alle kante teen jou aanbring:

23 die kinders van Babel en al die Chaldeërs, Pekod en Soa en Koa, al die kinders van Assur saam met hulle, begeerlike jongmanne wat almal goewerneurs en owerstes is, offisiere en aansienlike mense wat almal te perd ry.

24 En hulle sal teen jou kom met 'n hoop strydwaens en wiele en met 'n menigte van volke; groot skild en klein skild en helm sal hulle rondom teen jou rig; en Ek sal die strafgerig aan hulle oorgee, en hulle sal jou vonnis volgens hulle reg.

25 En Ek sal my ywer teen jou rig, dat hulle in grimmigheid met jou handel: hulle sal jou neus en jou ore afsny, en die wat van jou oorbly, sal deur die swaard val; hulle sal jou seuns en jou dogters wegneem, en wat van jou oorbly, sal deur vuur verteer word.

26 Hulle sal jou ook jou klere uittrek en jou versiersels wegneem.

27 So sal Ek dan by jou 'n einde maak aan jou skandelike dade en jou hoerery, uit Egipteland afkomstig; en jy sal jou oë nie na hulle opslaan en aan Egipte nie meer dink nie.

28 Want so sê die Here HERE: Kyk, Ek sal jou oorgee in die hand van hulle wat jy haat, in die hand van hulle van wie jou siel vervreemd geraak het.

29 En hulle sal jou as vyand behandel en al jou goed wegneem en jou naak en bloot laat staan, sodat jou ontugtige skaamte ontbloot kan word. Ja, jou skandelike dade en jou hoererye

30 het jou dit aangedoen deurdat jy agter nasies aan gehoereer het en omdat jy met hulle drekgode verontreinig is.

31 In die weg van jou suster het jy gewandel; daarom sal Ek haar beker in jou hand gee.

32 So sê die Here HERE: Jy sal die beker van jou suster drink wat diep en wyd is -- jy sal tot 'n belagging en 'n spot word -- die beker wat so baie bevat.

33 Van dronkenskap en kommer sal jy vol word; die beker van jou suster Samar¡a is 'n beker van huiwering en ontsetting.

34 En jy sal dit drink en uitsuig en aan sy skerwe knaag en jou borste oopskeur; want Ek het dit gespreek, spreek die Here HERE.

35 Daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy My vergeet het en My agter jou rug gewerp het, so dra jy dan ook nou jou skandelike dade en jou hoererye.

36 En die HERE het vir my gesê: Mensekind, wil jy Ohola en Oholiba oordeel? Maak hulle dan hul gruwels bekend.

37 Want hulle het owerspel begaan, en daar is bloed aan hulle hande: met hul drekgode het hulle owerspel begaan en ook hul seuns wat hulle vir My gebaar het, as spys vir hulle deur die vuur laat deurgaan.

38 Verder het hulle My d¡t aangedoen: hulle het my heiligdom op dieselfde dag verontreinig en my sabbatte ontheilig --

39 as hulle hul kinders vir hulle drekgode slag, kom hulle op dieselfde dag na my heiligdom om dit te ontheilig; en kyk, so het hulle gedoen binne-in my huis.

40 Ja, hulle het selfs na manne gestuur wat van ver gekom het -- aan wie 'n boodskapper gestuur is, en kyk, hulle het gekom! -- vir wie jy jou gewas, jou oë geverf en sierade aangesit het.

41 En jy het gesit op 'n pragtige bed waarvoor 'n tafel reggemaak is en waar jy my reukwerk en my olie op neergesit het;

42 en daarbinne was die stem van 'n sorgelose menigte. En by manne uit die menigte van mense is daar wynsuipers aangebring uit die woestyn; die het armbande aan hulle hande gesit en 'n pragtige kroon op hulle hoofde.

43 Toe sê Ek: Bedryf die verwelkte nog owerspel? Nou sal haar hoererye self hoerery gaan bedrywe.

44 En hulle het by haar ingegaan soos 'n mens ingaan by 'n hoer; so het hulle ingegaan by Ohola en Oholiba, die ontugtige vroue.

45 En regverdige manne, die sal hulle vonnis volgens die reg van owerspeelsters en volgens die reg van vroue wat bloed vergiet; want hulle is owerspeelsters, en bloed is aan hulle hande.

46 Want so sê die Here HERE: Laat hulle teen hulle 'n vergadering oproep en hulle tot 'n skrikbeeld maak en 'n plundering.

47 En die vergadering moet hulle stenig en hulle met hul swaarde stukkend kap; hulle seuns en dogters moet hulle doodmaak en hulle huise met vuur verbrand.

48 So sal Ek dan die skandelike dade uit die land laat ophou, dat al die vroue hulle kan laat waarsku om geen skandelikheid te begaan soos julle nie.

49 En hulle sal julle skandelike dade op julle laat neerkom, en julle sal die sondes van julle drekgode dra; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.

1 耶和华的话又临到我说:

2 "人子啊! 有两个女人, 都是同一个母亲生的。

3 她们在埃及行邪淫, 在幼年的时候行了邪淫, 在那里她们的胸被人抚摩; 在那里她们处女的乳房被人抚弄。

4 姊姊的名字是阿荷拉, 妹妹的名字是阿荷利巴; 她们都嫁了给我, 并且生了儿女。论到她们的名字, 阿荷拉就是撒玛利亚, 阿荷利巴就是耶路撒冷。

5 "阿荷拉嫁了我以后仍行邪淫, 恋慕她的爱人, 就是亚述的战士。

6 他们穿着紫色衣服, 是作总督和省长的; 他们都是英俊的年轻人, 是骑着马的骑兵。

7 阿荷拉与这些亚述人中最美的男子行邪淫; 她因自己所恋慕的每一个人和这些人的偶像玷污了自己。

8 她没有离弃在埃及时的淫乱; 那时她年幼, 人与她同睡, 抚弄她处女的乳房, 把他们的情欲发泄在她身上。

9 因此我把她交在她的爱人手里, 就是她所恋慕的亚述人手里。

10 这些人露出她的下体, 掳去她的儿女, 用刀杀了她, 使她在妇女中有了臭名, 因为他们向她施行惩罚。

11 "她妹妹阿荷利巴虽然看见了, 却在自己情欲的事情上比姊姊更腐败, 她的淫乱比姊姊的淫乱更甚。

12 她贪恋亚述人, 就是作总督和省长, 穿着华美衣服的战士, 骑着马的骑兵, 全都是英俊的年轻人。

13 我看见她被玷污了; 她们姊妹两人所行的路都是一样。

14 阿荷利巴又继续行淫; 她看见画在墙上的人像, 就是用鲜红的颜料所画的迦勒底人像,

15 这些像的腰间束着腰带, 头上有下垂的裹头巾, 他们看来像官长, 有巴比伦人的样子, 迦勒底是他们出生之地。

16 阿荷利巴的眼一看见, 就恋慕他们, 派遣使者到迦勒底去见他们。

17 于是巴比伦人来, 上了她爱情的床, 与她行淫玷污了她; 她被他们玷污以后, 心就与他们疏远。

18 她既然显露了她的淫行, 露出了自己的下体, 我的心就与她疏远, 好像我的心从前与她姊姊疏远一样。

19 她还加倍行淫, 怀念她幼年在埃及地行淫的日子。

20 她恋慕她的情人, 他们的下体像驴的下体; 他们射精像马一样。

21 这样, 你就渴想你幼年时的淫荡; 那时, 埃及人抚弄过你的乳房, 抚摩你年幼时的胸。

22 "因此, 阿荷利巴啊! 主耶和华这样说: ‘看哪! 我必激动你的爱人攻击你, 就是你心所疏远的人; 我必带他们来从四面攻击你。

23 他们就是巴比伦人、迦勒底人、比割人、书亚人、哥亚人, 与他们一起的还有亚述人, 他们都是英俊的年轻人, 是作总督和省长的, 作长官和战士的, 全部都是骑马的。

24 他们必带着兵器、马车、战车和大队人来攻击你; 他们要拿着大小盾牌, 戴着头盔, 从四面摆阵攻击你; 我要把审判的事交给他们, 他们必按着自己的惯例来审判你。

25 我必向你发泄我的妒忿, 他们必以烈怒待你; 割去你的鼻子和耳朵; 你余下的人必倒在刀下; 他们要掳去你的儿女; 你余下的人必被火吞吃。

26 他们必剥去你的衣服, 夺去你华丽的饰物。

27 这样, 我必使你的淫荡和你从埃及地沾染的淫乱离开你, 你的眼必不仰望他们, 你也必不再怀念埃及。

28 因为主耶和华这样说: 看哪! 我必把你交在你所恨的人手里, 就是交在你的心所疏远的人手里。

29 他们必以憎恨待你, 夺去你一切劳碌得来的, 留下你赤身露体; 你行淫的下体、你的淫荡和淫乱, 都必显露出来。

30 这些事要行在你身上, 因为你随从列国行淫, 被他们的偶像玷污了自己。

31 你走了你姊姊所走的路, 所以我必把她的杯交在你手里。

32 主耶和华这样说: 你必喝你姊姊所喝的杯, 那杯又深又阔, 容量甚大, 必使你成为嗤笑和讥讽的对象。

33 你必酩酊大醉, 充满愁苦, 那是惊慌和荒凉的杯, 就是你姊姊撒玛利亚的杯。

34 你要喝这杯, 并且喝尽; 然后把这杯摔成碎块, 又抓伤自己的胸。因为这是我曾说过的。’这是主耶和华的宣告。

35 因此, 主耶和华这样说: ‘因为你忘记了我, 把我丢在背后, 所以你要担当你淫荡和淫乱的后果。’"

36 耶和华又对我说: "人子啊, 你要审判阿荷拉和阿荷利巴吗?你要把她们可憎的事向她们说明,

37 因为她们行了奸淫, 手中染血, 与自己的偶像行奸淫, 他们甚至使自己给我所生的儿女经火, 献给偶像作食物。

38 此外, 同一天, 她们还向我作了这事, 就是玷污我的圣所, 又亵渎我的安息日。

39 她们宰杀了自己的儿女献给偶像, 同一天又进了我的圣所, 把圣所亵渎。这就是她们在我殿中所行的。

40 况且你们打发使者去请人从远方来; 使者到了他们那里, 他们就来了。为了他们, 你们洗澡、替眼部化妆、佩戴珠宝,

41 你们坐在华丽的床上, 床前放置了一张桌子, 把我的香料和膏油放在上面。

42 在那里有安逸无忧的群众发出喧哗的声音, 有粗俗的人和酒徒从旷野而来, 他们把手环戴在两个妇人的手上, 把美丽的冠冕戴在她们头上。

43 "我论到这个因行淫而衰颓的妇人说: 现在让人与她行淫吧, 因为她本来就是妓女。

44 他们与她同睡; 人怎样与妓女同睡, 也怎样与阿荷拉和阿荷利巴那两个淫荡的妇人同睡。

45 然而必有义人判她们受淫妇和流人血的妇人所受的刑罚, 因为她们是淫妇, 她们手中染血。

46 "因为主耶和华这样说: 我必使一大群人上来攻击她们, 使她们惊慌, 被人抢掠。

47 这些人必用石头打她们, 用刀剑砍她们, 又杀戮她们的儿女, 放火烧毁她们的房屋。

48 这样, 我必使淫荡从这地止息, 好叫所有的妇人都受到警戒, 不敢照着她们的淫荡而行。

49 人要把你们行淫的报应归在你们身上; 你们要担当你们拜偶像的罪; 你们就知道我是主耶和华。"