1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
2 En jy, mensekind, wil jy oordeel, wil jy oordeel die bloedstad? Maak hom dan al sy gruwels bekend
3 en sê: So spreek die Here HERE: Stad wat daarbinne bloed vergiet, dat sy tyd kan kom, en drekgode teen homself maak, om hom te verontreinig!
4 Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword; en deur jou drekgode wat jy gemaak het, is jy verontreinig; en jy het jou dae verhaas en tot by jou jare gekom. Daarom maak Ek jou tot 'n smaad vir die nasies en 'n spot vir al die lande.
5 Die wat naby en die wat ver van jou af is, sal jou bespot, o onreine van naam, vol van rumoer!
6 Kyk, die vorste van Israel was in jou, elkeen na sy krag, om bloed te vergiet.
7 Hulle het vader en moeder in jou verag, die vreemdeling in jou met geweld behandel, wees en weduwee in jou verdruk.
8 My heilige dinge het jy geminag en my sabbatte ontheilig.
9 Kwaadsprekers was daar in jou om bloed te vergiet, en by jou het hulle op die berge geëet en skandelikheid in jou gedoen.
10 Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot; haar wat onrein was deur maandelikse onreinheid, het hulle in jou onteer.
11 Die een het 'n gruwelike ding gedoen met die vrou van sy naaste, en die ander het sy skoondogter verontreinig deur 'n skandelike daad, en 'n derde het in jou sy suster, sy vader se dogter, onteer.
12 Hulle het omkoopgeskenke in jou aangeneem om bloed te vergiet; rente en woeker het jy geneem en jou naaste te veel laat betaal deur verdrukking, maar My het jy vergeet, spreek die Here HERE.
13 Kyk, so slaan Ek dan in my hand oor jou onregverdige wins wat jy gemaak het, en oor jou bloedskuld wat in jou is.
14 Sal jou hart standhou of jou hande sterk wees in die dae as Ek met jou handel? Ek, die HERE, het dit gespreek en sal dit doen.
15 En Ek sal jou verstrooi onder die nasies en jou versprei in die lande, en Ek sal jou onreinheid uit jou wegruim.
16 En jy sal deur jouself ontheilig wees voor die oë van die nasies; en jy sal weet dat Ek die HERE is.
17 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
18 Mensekind, die huis van Israel het vir My skuim geword; hulle is almal koper en tin en yster en lood binne die smeltoond; silwerskuim het hulle geword.
19 Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle almal skuim geword het, kyk, daarom sal Ek julle binne-in Jerusalem bymekaarmaak.
20 Soos silwer en koper en yster en lood en tin binne-in 'n smeltoond bymekaargemaak word om daarteen 'n vuur aan te blaas en dit te smelt, so sal Ek julle bymekaarmaak in my toorn en in my grimmigheid en julle ingooi en smelt.
21 Ja, Ek sal julle versamel en met die vuur van my grimmigheid teen julle blaas, dat julle d rin gesmelt kan word.
22 Soos silwer in die smeltoond gesmelt word, so sal julle d rin gesmelt word; en julle sal weet dat Ek, die HERE, my grimmigheid oor julle uitgegiet het.
23 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
24 Mensekind, sê vir hom: Jy is 'n land wat nie gereinig is nie, wat nie reën gekry het in die dag van grimmigheid nie.
25 'n Sameswering van sy profete is in hom, soos 'n leeu wat brul, wat prooi verskeur; hulle eet die siele op; skatte en kosbare dinge neem hulle weg; die weduwees vermeerder hulle daarin.
26 Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.
27 Sy vorste is in hom soos wolwe wat prooi verskeur, om bloed te vergiet en siele om te bring, dat hulle onregverdige wins kan maak.
28 En sy profete pleister vir hulle met los kalk deur bedrieglike gesigte te sien en vir hulle leuens te voorspel met die woorde: So sê die Here HERE -- terwyl die HERE nie gespreek het nie.
29 Die mense van die land pleeg geweld en eien hulle geroofde goed toe; ook verdruk hulle die ellendige en behoeftige, en teenoor die vreemdeling pleeg hulle geweld sonder reg.
30 En Ek het onder hulle 'n man gesoek wat 'n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.
31 Daarom het Ek my toorn oor hulle uitgegiet; deur die vuur van my grimmigheid het Ek hulle verteer; hulle wandel het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die Here HERE.
1 耶和华的话又临到我说:
2 "人子啊, 你要审判吗?你要审判这流人血的城吗?你要使这城知道它一切可憎的事。
3 你要说: ‘主耶和华这样说: 这城中有流人血的事, 它制造偶像, 玷污自己, 以致它受审判的时候来到。
4 因你流了人的血, 你就有罪了; 因你做了偶像, 你就玷污了自己; 这样, 你使你受罚的日子临近, 遭报的年日来到, 我使你成为列国辱骂、列邦讥笑的对象。
5 你这混乱喧嚷、名被玷污的城啊! 那些离你近的和离你远的, 都必讥笑你。
6 看哪! 以色列的领袖们恃着自己的能力, 在你里面流人的血。
7 在你里面轻视父母的; 在你中间有压迫寄居的和欺负孤儿寡妇的。
8 你藐视了我的圣物, 亵渎了我的安息日。
9 在你里面有好谗谤的人, 他们要流人的血; 在你的山上吃祭肉; 又在你中间行淫乱的事。
10 在你里面有暴露父亲下体的; 有污辱在经期中不洁的妇人的。
11 在你里面, 这人与邻舍的妻子行可憎的事; 那人行淫乱, 玷污自己的儿媳; 还有人污辱自己的同胞姊妹。
12 在你里面有接受贿赂而流人血的; 你借钱给人, 收取利息, 并且多要; 你用欺压手段向你的邻舍榨取不义之财; 你更忘记了我。这是主耶和华的宣告。
13 "‘看哪! 因你所得的不义之财, 又因在你中间所流的血, 我就拍掌。
14 到了我惩治你的日子, 你的心还能受得住吗?你的手还有力吗?我耶和华说了, 就必实行。
15 我要把你分散在列国, 四散在万邦; 我要从你中间消除你的污秽。
16 你在列国眼前被玷污的时候, 你就知道我是耶和华。’"
17 耶和华的话临到我说:
18 "人子啊! 以色列家在我看来已成了渣滓; 他们都是炉中的铜、锡、铁和铅; 就是银的渣滓。
19 因此, 主耶和华这样说: ‘你们既然都成了渣滓, 所以, 我要把你们集合在耶路撒冷城中。
20 人怎样把银、铜、铁、铅、锡, 集合在炉中, 吹火使它们熔化, 我也照样在我的怒气、我的烈怒中, 把你们集合起来, 放在城中, 使你们熔化。
21 我必集合你们, 把我烈怒的火吹在你们身上, 你们就必在城中熔化。
22 银子怎样在炉中熔化, 你们也必照样在城中熔化; 你们就知道我耶和华把我的烈怒倒在你身上。’"
23 耶和华的话临到我说:
24 "人子啊! 你要对这地说: ‘在忿怒的日子, 你是没有雨水("没有雨水"这译法根据古译本, 原文作"未得洁净"), 没有甘霖之地’。
25 其中的先知叛逆, 像吼叫的狮子撕碎猎物; 他们把人吞吃, 抢夺财物和珍宝, 使其中寡妇的数目增多。
26 这地的祭司违反我的律法, 亵渎我的圣物; 他们不分别圣俗, 也不教导人分辨什么是洁净的和不洁净的, 又掩目不理我的安息日, 以致我在他们中间被亵渎。
27 其中的官长好像撕碎猎物的豺狼, 流人的血, 灭人的命, 为要得不义之财。
28 这地的先知用灰泥给他们粉刷墙壁, 为他们见虚假的异象, 行骗人的占卜, 说: ‘主耶和华这样说’, 其实当时耶和华并没有说话。
29 这地的人民常常欺压人, 惯行抢掠, 亏待困苦穷乏的人, 毫无公理地去欺压寄居的人。
30 我在他们中间寻找一人重修墙垣, 在我面前为这地站在破口之处, 使我不毁灭这地, 我却找不到一个。
31 所以我把我的忿怒倒在他们身上, 用我烈怒之火消灭他们, 把他们所行的报应在他们的头上。这是主耶和华的宣告。"