1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

2 Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here HERE: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is 'n god, ek bewoon 'n godewoning in die hart van die seë -- terwyl jy tog 'n mens is en geen god nie -- en jou hart gemaak het soos die hart van 'n god;

3 kyk, jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie!

4 Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;

5 deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom;

6 daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van 'n god,

7 daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig.

8 In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.

9 Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is 'n god! -- terwyl jy tog 'n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie?

10 Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.

11 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

12 Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid.

13 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.

14 Jy was 'n g,rub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op 'n heilige berg; 'n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.

15 Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.

16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o g,rub wat beskut!

17 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.

18 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek 'n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.

19 Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het 'n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.

20 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

21 Mensekind, rig jou aangesig teen Sidon en profeteer teen hom

22 en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Sidon, en Ek sal My verheerlik in jou midde; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek in hom strafgerigte voltrek en My in hom as die Heilige laat ken.

23 En Ek sal die pes in hom stuur en bloed op sy strate, en die gewondes sal in hom val deur die swaard wat teen hom is van alle kante, en hulle sal weet dat Ek die HERE is.

24 En daar sal vir die huis van Israel geen steekdoring en smartlike distel meer wees onder almal wat rondom hulle is nie, wat hulle verag; en hulle sal weet dat Ek die Here HERE is.

25 So sê die Here HERE: As Ek die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, en Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land woon wat Ek aan my kneg Jakob gegee het.

26 En hulle sal daarin veilig woon en huise bou en wingerde plant; ja, hulle sal veilig woon as Ek strafgerigte voltrek teen almal wat hulle van alle kante verag; en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is.

1 耶和华的话临到我说:

2 "人子啊! 你要对推罗的君王说: ‘主耶和华这样说: 因为你心里高傲, 说: 我是神; 我在海的中心、坐在神的宝座上。其实你不过是人, 并不是神, 你心里却自以为是神。

3 你比但以理更有智慧! 任何秘密的事都不能隐瞒你!

4 你靠着自己的智慧和聪明, 为自己得了财富, 把所得的金银放进自己的府库里。

5 你靠着自己在贸易上的大智慧, 增添你的财富, 你又因自己的财富心里高傲。

6 因此, 主耶和华这样说: 因为你心里自以为是神,

7 所以我要使外族人, 就是列国中最强横的人, 来攻击你; 他们要拔出刀来, 攻击你用智慧得来的美物, 玷污你的光彩。

8 他们必使你下到坑中, 你必被杀害, 死在海的中心。

9 在杀戮你的人面前, 你还能说: 我是神吗?在那些杀害你的人手里, 你不过是人, 并不是神。

10 你必死在外族人手里, 与未受割礼的人一样, 因为这是我曾说过的, 这是主耶和华的宣告。’"

11 耶和华的话又临到我说:

12 "人子啊! 你要为推罗王作一首哀歌, 对他说: ‘主耶和华这样说: 你是完美的典范, 满有智慧, 全然美丽。

13 你曾在伊甸、 神的园中, 有各样的宝石作你的衣服, 就是红宝石、红璧玺、金钢石、水苍玉、红玛瑙、碧玉、蓝宝石、绿宝石和红玉; 宝石座是用金制造的, 这些都是在你被造的日子就预备好了的。

14 你是护卫宝座的、受膏的基路伯; 我安置你在 神的圣山上, 你在闪耀如火的宝石中间行走。

15 从你被造的日子起, 你的行为都无可指摘, 直到在你中间有了罪孽为止。

16 因你的贸易昌盛, 你中间就充满了强暴的事, 你也犯了罪, 所以我把你当作污秽之物, 从 神的山把你拋弃。护卫宝座的基路伯啊! 我要把你从闪耀如火的宝石中除掉。

17 你因自己的美丽心里高傲, 又因你的光彩败坏了你的智慧。所以我把你拋在地上; 放在列王面前, 好让他们观看。

18 你因罪孽众多, 又因贸易上的罪恶, 玷污了你的圣所, 因此我使火从你中间出来, 这火要吞灭你。我要在所有观看你的人眼前, 把你变为地上的灰烬。

19 万族中认识你的, 都必因你惊骇; 你必遭遇可怕的灾祸, 你就永远不再存在了。’"

20 耶和华的话临到我说:

21 "人子啊! 你要面向西顿, 说预言攻击它,

22 你要说: ‘主耶和华这样说: 西顿啊, 我要与你为敌! 我要在你中间得荣耀。我在它身上施行审判, 彰显我的圣洁的时候人就知道我是耶和华。

23 我必使瘟疫进入西顿, 使血流在它的街上; 必有刀剑四围攻击它, 使被杀的人倒在城中, 人就知道我是耶和华。

24 四围一切恨恶以色列家的人, 必不再向他们作刺人的荆棘、使人痛苦的蒺藜。人就知道我是主耶和华。

25 "‘主耶和华这样说: 我把以色列家从他们所分散到的万族中招聚回来的时候, 我必在他们身上向列国显为圣, 以色列家必在自己的地方, 就是赐给我仆人雅各的地。

26 他们必安然居住, 建造房屋, 栽种葡萄园; 我向四围所有恨恶他们的人施行审判以后, 他们必安然居住; 人就知道我是耶和华他们的 神。’"