1 In die tiende jaar, in die tiende maand, op die twaalfde van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, rig jou aangesig teen Farao, die koning van Egipte, en profeteer teen hom en teen die hele Egipte.
3 Spreek en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou groot draak wat in jou strome lê, wat sê: My stroom is myne, en ek het dit vir my gemaak.
4 Maar Ek sal hake in jou kakebene slaan en die visse van jou strome aan jou skubbe laat klewe; en Ek sal jou uit jou strome optrek, saam met al die visse van jou strome wat aan jou skubbe klewe.
5 En Ek sal jou wegwerp in die woestyn, jou en al die visse van jou strome; op die oop veld sal jy val; jy sal nie bymekaargemaak of versamel word nie; aan die wilde diere van die aarde en aan die voëls van die hemel gee Ek jou as voedsel.
6 En al die inwoners van Egipte sal weet dat Ek die HERE is, omdat hulle vir die huis van Israel 'n rietstok is --
7 as Israel jou met die hand aanvat, knak jy en skeur hulle hele skouer oop; en as hulle op jou leun, dan breek jy en laat al hulle lendene wankel.
8 Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek bring die swaard oor jou en sal mens en dier uit jou uitroei.
9 En Egipteland sal 'n wildernis en puinhoop word, en hulle sal weet dat Ek die HERE is. Omdat hy sê: Die Nyl is myne, en ek het dit gemaak --
10 daarom, kyk, Ek het dit teen jou en teen jou strome; en Ek sal Egipteland 'n volkome puinhoop maak, 'n wildernis van Migdol af tot by Siëne, en tot by die grens van Kus.
11 Geen mens se voet sal daar deurgaan nie, en geen dier se poot sal daar deurgaan nie, en dit sal veertig jaar lank onbewoond wees.
12 En Ek sal Egipteland 'n wildernis maak tussen verwoeste lande in, en sy stede sal 'n wildernis wees tussen verwoeste stede in, veertig jaar lank; en Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande.
13 Want so sê die Here HERE: Aan die einde van veertig jaar sal Ek die Egiptenaars versamel uit die volke waarheen hulle verstrooi was.
14 En Ek sal die lot van die Egiptenaars verander en hulle laat teruggaan na die land Patros, na die land van hulle oorsprong; en daar sal hulle 'n koninkryk van geringe betekenis wees.
15 En dit sal geringer wees as die ander koninkryke en hom nie meer bo die nasies verhef nie; en Ek sal hulle klein maak, sodat hulle nie heers oor die nasies nie.
16 En dit sal vir die huis van Israel geen voorwerp van vertroue meer wees, wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring as Israel omdraai agter hulle aan nie; en hulle sal weet dat Ek die Here HERE is.
17 En in die sewe en twintigste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
18 Mensekind, Nebukadr,sar, die koning van Babel, het sy leër 'n swaar diens teen Tirus laat verrig: elke hoof het kaal geword en elke skouer is seer geskaaf. Maar hy en ook sy leër het van Tirus geen loon ontvang vir die krygsdiens wat hy daarteen verrig het nie.
19 Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek gee Egipteland aan Nebukadr,sar, die koning van Babel, en hy sal die rykdom daarvan wegdra en die buit daarvan buitmaak en die roof daarvan rowe, en dit sal die loon vir sy leër wees.
20 As sy arbeidsloon waar hy voor gedien het, gee Ek hom Egipteland, omdat hulle vir My gewerk het, spreek die Here HERE.
21 In die dag sal Ek vir die huis van Israel 'n horing laat uitspruit, en Ek sal vir jou opening van die mond gee onder hulle; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
1 第十年十月十二日, 耶和华的话临到我说:
2 "人子啊! 你要面向埃及王法老, 说预言攻击他和埃及全地。
3 你要说: ‘主耶和华这样说: 埃及王法老啊! 我要与你为敌, 你这卧在自己河中的大海怪, 你曾经说过: "这河是我的, 是我自己造的。"
4 但我耶和华必用钩子钩住你的腮颊, 使你河中的鱼都紧贴着你的鳞甲, 我必把你和你河中所有紧贴着你的鳞甲的鱼, 都从你河中拉上来。
5 我必把你和你河中所有的鱼, 都丢在旷野; 你必倒在田间, 无人收殓, 无人埋葬。我已经把你给了地上的走兽和空中的飞鸟作食物。
6 埃及所有的居民就都知道我是耶和华。因为你作了以色列家芦苇的杖。
7 他们用手抓住你的时候, 你就断裂, 伤了他们的肩头; 他们倚靠你, 你就折断、扭伤了他们的腰。
8 因此, 主耶和华这样说: 看哪! 我必使刀剑攻击你, 把人和牲畜都从你那里剪除。
9 埃及地必荒凉废弃, 人就知道我是耶和华。"’因为法老曾说: "这河是我的, 是我自己做的。"
10 所以我必与你和你的河为敌; 我必使埃及地, 从密夺到色弗尼, 直到古实边界, 都全然荒凉废弃。
11 人的脚必不经过那里, 兽的蹄也不经过那里; 四十年之久, 无人居住。
12 我必使埃及成为荒地中的荒地, 四十年之久, 它的城必成为废城中的废城。我必把埃及人分散到列邦, 四散在各地。
13 "‘主耶和华这样说: 满了四十年, 我必把埃及人从他们所分散到的万族中招聚回来。
14 我必使埃及被掳的人归回, 使他们归回自己根源之地巴忒罗, 在那里他们必成为低微的国。
15 这国必成为列国中最低微的, 也必不能再攀到列国之上; 我必使他们弱小, 以致他们不能再管辖列国。
16 埃及必不再作以色列家的倚靠; 每逢以色列家转去仰赖埃及人的时候, 他们就想起自己的罪孽。这样, 他们就知道我是主耶和华。’"
17 二十七年正月初一日, 耶和华的话临到我说:
18 "人子啊! 巴比伦王尼布甲尼撒使他的军兵千辛万苦攻打推罗, 以致各人都头秃肩破; 但是他和他的军兵攻打推罗所付出的辛劳, 并没有从那里得到什么报酬。
19 因此, 主耶和华这样说: 看哪! 我必把埃及地赐给巴比伦王尼布甲尼撒, 他把埃及的财富带走, 抢其中的财为掳物, 夺其中的货为掠物, 作他军兵的报酬。
20 我把埃及地赐给他, 作辛劳的报酬, 因为他们都是为我效力的。这是主耶和华的宣告。
21 到了那天, 我必使以色列家的角生出来, 我也必使你以西结在他们中间开口。他们就知道我是耶和华。"