1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, spreek met die kinders van jou volk en sê vir hulle: As Ek die swaard oor 'n land bring, en die mense van die land neem 'n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan,
3 en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die basuin en waarsku die mense --
4 as dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof.
5 Hy het die geluid van die basuin gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie: sy bloed is op hom. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel.
6 As daarenteen die wag die swaard sien kom en met die basuin nie blaas nie, sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard kom en neem 'n siel uit hulle weg -- dan is hy deur sy ongeregtigheid weggeneem, maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis.
7 En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy 'n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku.
8 As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.
9 Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.
10 En jy, mensekind, sê aan die huis van Israel: So het julle gesê: Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg -- hoe kan ons dan lewe?
11 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?
12 En jy, mensekind, sê aan die kinders van jou volk: Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; en aangaande die goddeloosheid van die goddelose, hy sal daardeur nie struikel op die dag as hy hom van sy goddeloosheid bekeer nie; en die regverdige sal deur sy geregtigheid nie kan lewe op die dag as hy sondig nie.
13 As Ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg, dan sal aan al sy geregtighede nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen, daardeur sal hy sterwe.
14 En as Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe -- en hy hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen --
15 gee die goddelose die pand terug, vergoed hy wat geroof is, wandel hy in die insettinge van die lewe, sodat hy geen onreg doen nie -- dan sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
16 Al sy sondes wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy het reg en geregtigheid gedoen, hy sal sekerlik lewe.
17 Maar die kinders van jou volk sê: Die weg van die Here is nie reg nie, terwyl tog hulle eie weg nie reg is nie.
18 As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe.
19 En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid en reg en geregtigheid doen, dan sal hy ten gevolge daarvan lewe.
20 Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë, o huis van Israel!
21 En in die twaalfde jaar van ons ballingskap, in die tiende maand op die vyfde van die maand, het 'n vlugteling uit Jerusalem na my gekom met die woorde: Die stad is ingeneem!
22 En die hand van die HERE was op my in die aand, voordat die vlugteling gekom het; en Hy het my mond geopen teen die tyd dat hy in die môre na my gekom het. So is dan my mond geopen, en ek was nie meer stom nie.
23 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
24 Mensekind, die bewoners van daardie puinhope in die land van Israel spreek en sê: Abraham was 'n eenling, en tog het hy die land as besitting ontvang; maar ons is baie; aan ons is die land as besitting gegee!
25 Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Julle eet vleis saam met die bloed en slaan julle oë op na jul drekgode en vergiet bloed -- en sal julle die land as besitting ontvang?
26 Julle steun op jul swaard, julle doen gruwels en verontreinig elkeen die vrou van sy naaste -- en sal julle die land as besitting ontvang?
27 So moet jy vir hulle sê: So spreek die Here HERE: So waar as Ek leef, die wat in die puinhope is, sal gewis deur die swaard val; en hom wat op die oop veld is, gee Ek aan die wilde diere oor om opgeëet te word; en die wat in die vestings en in die spelonke is, sal deur die pes sterwe.
28 En Ek sal die land 'n wildernis en 'n woesteny maak, en aan sy trotse mag sal 'n einde kom; en die berge van Israel sal woes wees sonder dat iemand daar oorgaan.
29 Dan sal hulle weet dat Ek die HERE is, as Ek die land 'n wildernis en 'n woesteny maak oor al hul gruwels wat hulle bedryf het.
30 En jy, mensekind, die kinders van jou volk wat oor jou gesels langs die mure en in die deure van die huise -- hulle spreek die een met die ander, elkeen met sy broer, en sê: Kom tog en hoor wat die woord is wat van die HERE uitgaan.
31 En hulle kom na jou toe soos 'n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan.
32 En kyk, jy is vir hulle soos 'n minnelied, soos een skoon van stem, wat goed op die snare speel: hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie.
33 Maar as dit kom -- kyk, dit kom! -- dan sal hulle weet dat daar 'n profeet onder hulle gewees het.
1 耶和华的话临到我说:
2 "人子啊! 你要告诉你本国的人, 说: ‘我使刀剑临到一地, 那地的人民从他们中间选出一个人, 作他们的守望者;
3 这人见刀剑临到那地, 就吹响号角, 警告众人;
4 凡听见号角声而不接受警告的, 刀剑若来把他除灭, 他的罪("罪"原文作"血")就要归到自己的头上;
5 他既然听见号角声而不接受警告, 所以他的罪("罪"原文作"血")要归到自己的身上; 他若接受警告, 就可以救回自己的性命了。
6 但是, 那守望的人若见刀剑临到, 却不吹响号角, 以致人民没有受到警告, 刀剑来把他们中间的一个人除灭; 那人虽然因自己的罪孽被除灭, 我却要因他的死追究守望的人。’
7 "人子啊! 我立了你作以色列家守望的人, 所以你要聆听我口中的话, 替我警告他们。
8 如果我对恶人说: ‘恶人啊, 你必定死亡! ’你以西结却不出声警告恶人离开他所行的, 这恶人就必因自己的罪孽死亡, 我却要因他的死追究你。
9 如果你警告恶人, 叫他离开他所行的, 他仍不转离, 他就必因自己的罪孽死亡, 你却救了自己的性命。
10 "人子啊! 你要对以色列家说: ‘你们这样说: 我们的过犯和罪恶常在我们身上; 我们必因此衰弱而死, 怎能存活呢?’
11 你要对他们说: ‘主耶和华这样宣告: 我指着我的永生起誓, 我绝不喜悦恶人死亡, 却喜悦恶人离开他所行的, 得以存活。以色列家啊, 回转吧! 离开你们所行的, 何必死亡呢?’
12 人子啊! 你要对你本国的人说: ‘义人的义在他犯罪的日子, 不能救他; 恶人的恶在他离开恶行的日子, 也不会绊倒他; 义人在他犯罪的日子, 也不能因他的义存活。’
13 我虽然对义人说他必定生存, 但是他若恃着自己的义而行恶, 他的一切义都必不被记念; 他必因所行的恶死亡。
14 我虽然对恶人说: ‘你必定死亡’, 但是他若离开他的罪, 行公平和正直的事,
15 把抵押归还, 把抢夺人的物件偿还, 遵行赐生命的律例, 不作恶事, 他就必存活, 不致死亡;
16 他所犯的一切罪, 必不被记念; 他行了公平和正直的事, 就必存活。
17 "你本国的人还说: ‘主所行的不公平。’其实他们所行的才是不公平。
18 义人若离开他的义, 去行恶事, 他就必因此死亡;
19 恶人若离开他的恶, 去行公平和正直的事, 他就必因此存活。
20 你们还说: ‘主所行的不公平。’以色列家啊! 我必照着你们各人所行的审判你们。"
21 在我们被掳以后的第十二年十月初五日, 有人从耶路撒冷逃到我这里来, 说: "城已经被攻陷了。"
22 那人来到的前一天晚上, 耶和华的手按在我身上, 开了我的口。到了早晨, 那人来到我这里, 我的口已经开了, 不再作哑巴。
23 耶和华的话临到我说:
24 "人子啊! 那些住在以色列地废墟里的人常说: ‘亚伯拉罕一个人就得了这地为业; 我们人数众多, 这地更应该给我们为业。’
25 因此, 你要对他们说: ‘主耶和华这样说: 你们吃带血的祭肉, 举目仰望你们的偶像, 并且流人的血, 你们还可以得这地为业吗?
26 你们倚仗自己的刀剑, 行可憎恶的事, 人人玷污邻舍的妻子, 你们还可以得这地为业吗?’
27 你要对他们这样说: ‘主耶和华这样说: 我指着我的永生起誓, 那些在废墟里的, 必倒在刀下; 在田间的, 我必交给野兽吞吃; 在堡垒和山洞里的, 必因瘟疫而死。
28 我必使这地非常荒凉, 它因势力而有的骄傲必止息; 以色列的山都必荒凉, 无人经过。
29 我必因他们所行一切可憎恶的事, 使这地非常荒凉, 那时他们就知道我是耶和华。’
30 "人子啊! 你本国的人在城墙旁边和各家的门口正在谈论你; 他们彼此说: ‘来吧! 听听有什么话从耶和华那里出来。’
31 他们成群来到你那里, 坐在你面前, 像是我的子民一样。其实他们听了你的话, 却不去行; 他们只是用口表示爱慕, 他们的心却是追随不义之财。
32 在他们眼中, 你不过是首情歌, 唱得美妙, 弹得悦耳, 他们听了你的话, 却不去行。
33 看哪! 这事必定应验, 到那时候, 他们就知道在他们中间有先知了。"