1 En as julle die land as erflike besitting verdeel, moet julle 'n offergawe aan die HERE afgee, 'n heilige plek uit die land; aangaande die lengte: vyf en twintig duisend el die lengte, en die breedte: twintig duisend; dit moet in sy hele omvang rondom heilig wees.
2 Hiervan moet vir die heiligdom wees vyf honderd by vyf honderd el, 'n vierkant rondom; en dit moet 'n oop veld hê van vyftig el rondom.
3 En van die stuk wat afgemeet is, moet jy meet 'n lengte van vyf en twintig duisend el, en 'n breedte van tien duisend; en daarin moet die heiligdom, die Allerheiligste, lê.
4 Dit moet die heilige plek wees uit die land; dit moet wees vir die priesters wat die heiligdom bedien, wat nader kom om die HERE te dien; en dit moet vir hulle dien as ruimte vir huise en 'n heiligdom vir die heiligdom.
5 En vyf en twintig duisend el in lengte en tien duisend in breedte moet die stuk vir die Leviete, die dienaars van die huis, wees -- 'n besitting vir hulle, as stede om in te woon.
6 En as besitting van die stad moet julle gee 'n breedte van vyf duisend en 'n lengte van vyf en twintig duisend el langs die heilige offergawe; vir die hele huis van Israel moet dit wees.
7 En vir die vors: aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die heilige offergawe en langs die stadsbesitting, aan die westekant na die weste en aan die oostekant na die ooste; en die lengte moet wees ooreenkomstig een van die stamgedeeltes, van die westelike grens na die oostelike grens.
8 Aangaande die grond, dit sal aan hom behoort as besitting in Israel, en my vorste sal my volk nie meer verdruk nie, maar aan die huis van Israel die land oorlaat volgens hulle stamme.
9 So sê die Here HERE: Dit is nou genoeg, o vorste van Israel! Verwyder geweld en verdrukking, en doen reg en geregtigheid; hou op om my volk uit hulle besittings te verdring, spreek die Here HERE.
10 Julle moet 'n regte weegskaal hê en 'n regte efa en 'n regte bat.
11 'n Efa en 'n bat moet 'n vaste maat hê, sodat 'n bat die tiende van 'n homer bevat; ook 'n efa die tiende van 'n homer; die reëling daarvan moet wees volgens die homer.
12 En die sikkel moet twintig gera wees; twintig sikkels, vyf en twintig sikkels, vyftien sikkels moet vir julle 'n mine wees.
13 Dit is die offergawe wat julle moet afgee: die sesde van 'n efa van 'n homer koring; ook die sesde van 'n efa van 'n homer gars.
14 En die bestemde deel van olie, van 'n bat olie: die tiende van 'n bat uit 'n kor, dit is tien bat, 'n homer; want tien bat is 'n homer.
15 Verder van die kleinvee: een stuk uit twee honderd, uit die waterryke weiveld van Israel -- as spysoffers en brandoffers en dankoffers om versoening vir hulle te doen, spreek die Here HERE.
16 Al die mense van die land moet deel hê aan hierdie offergawe vir die vors in Israel.
17 En op die vors rus die verpligting van die brandoffers en die spysoffer en die drankoffer op die feeste en op die nuwemane en op die sabbatte, op al die feestye van die huis van Israel; hy moet die sondoffer en die spysoffer en die brandoffer en die dankoffers berei, om versoening te doen vir die huis van Israel.
18 So sê die Here HERE: In die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy 'n jong bul sonder gebrek neem en die heiligdom ontsondig.
19 En die priester moet van die bloed van die sondoffer neem en dit aan die deurposte van die huis stryk en aan die vier hoeke van die omlysting van die altaar en aan die deurposte van die poort van die binneste voorhof.
20 So moet jy ook doen op die sewende in die maand ter wille van die wat hulle uit swakheid of uit onwetendheid misgaan het; so moet julle dan vir die huis versoening doen.
21 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, moet vir julle die pasga wees; op die sewedaagse fees moet ongesuurde brode geëet word.
22 En die vors moet op die dag vir homself en vir die hele volk van die land 'n sondofferbul berei.
23 En die sewe dae van die fees moet hy daagliks as brandoffer aan die HERE gereedmaak sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek, gedurende die sewe dae, en daagliks 'n bokram as sondoffer.
24 Ook moet hy as spysoffer berei 'n efa vir 'n bul en 'n efa vir 'n ram en 'n hin olie vir 'n efa.
25 In die sewende maand, op die vyftiende dag van die maand, moet hy op die fees dieselfde offers gereedmaak gedurende die sewe dae: dieselfde sondoffer, dieselfde brandoffer en dieselfde spysoffer en dieselfde olie.
1 "你们抽签分地为业的时候, 要献上一份给耶和华作圣区, 长十二公里半, 宽十公里(此译法参古译本, "十公里"原文作"五公里"); 整个地区都是圣的。
2 其中要有一块作为圣所之地, 长二百五十公尺, 宽二百五十公尺, 四面见方; 周围再有二十五公尺作空地。
3 你们要从所量的圣区量出一块地来, 长十二公里半, 宽五公里, 其中要有圣所, 是至圣的地方。
4 这是整个地区中的一块圣地, 要归给那些在圣所里供职, 亲近事奉耶和华的祭司, 作他们房屋之地和圣所之圣地。
5 其余的一块地, 长十二公里半, 宽五公里, 要归给在圣殿里供职的利未人, 作为二十间房屋的基业。
6 "你们要划分一块地作城的基业, 宽两公里半, 长十二公里半, 在所献的圣区旁边, 归给以色列全家。
7 "归给君王之地要在所献的圣区和城的基业两旁, 一块对着所献的圣区, 一块对着城的基业, 从西边那块地的西面边界, 到东边那块地的东面边界, 长度与每支派所分得的地一样长。
8 这地在以色列中要归给君王作基业。我所立的君王都不可再欺压我的子民, 却要按支派把地分给以色列家。"
9 主耶和华这样说: "以色列的君王啊! 你们所作的该够了吧。你们要除掉强暴和毁灭的事, 施行公平和公义。不要再掠夺我子民的产业。这是主耶和华的宣告。
10 你们要用公道的天秤、公道的量器。
11 量液体的‘罢特’和量固体的‘伊法’的容量要相同: 一‘罢特’等于‘贺梅珥’的十分之一; 一‘伊法’也等于‘贺梅珥’的十分之一, 都以‘贺梅珥’的容量为准。
12 重量单位的一‘舍客勒’是二十‘季拉’; 二十‘舍客勒’, 加二十五‘舍客勒’和十五‘舍客勒’、就是你们的一‘弥那’。
13 "你们所当献的供物是这样: 一‘贺梅珥’小麦, 要献一‘伊法’的六分之一; 一‘贺梅珥’大麦, 要献一‘伊法’的六分之一。
14 献油的规定是这样: 要用‘罢特’来量, 一‘柯珥’要献一‘罢特’的十分之一。原来一‘柯珥’等于十‘罢特’或是一‘贺梅珥’, 因为十‘罢特‘就是一‘贺梅珥’。
15 从以色列肥沃的草场上, 每二百只羊中要献一只羊羔。这些供物要作素祭、燔祭和平安祭, 为他们赎罪。这是主耶和华的宣告。
16 国中所有的人民都要奉上供物给以色列的君王。
17 君王要在节期、月朔、安息日, 就是在以色列家一切规定的节日上, 奉上燔祭、素祭和奠祭。他要预备赎罪祭、素祭、燔祭和平安祭, 为以色列家赎罪。"
18 主耶和华这样说: "正月初一日, 你要取一头无残疾的公牛犊, 洁净圣所。
19 祭司要取些赎罪祭牲的血, 抹在殿的门框、祭坛台上的四角, 以及内院的门框上。
20 正月初七日, 你也要为犯了误杀罪的或因愚蒙而犯罪的人这样行, 为圣殿赎罪。
21 "正月十四日, 你们要守逾越节, 节期共七天, 期间你们要吃无酵饼。
22 在那一天, 君王要为自己和国中所有的人民预备一头公牛作赎罪祭。
23 这节期的七天, 每天他都要为耶和华预备无残疾的公牛七头和公绵羊七只作燔祭; 他每天又要预备公山羊一只作赎罪祭。
24 他也要预备素祭, 每一头公牛要与十七公升细面一同献上, 每一只公绵羊要与十七公升细面一同献上; 每份十七公升的细面加油三公升。
25 七月十五日, 守节的时候, 他也要这样行, 照着逾越节的赎罪祭、燔祭、素祭和油的条例去作。"