1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, profeteer en sê: So spreek die Here HERE: Huil julle! Ag, die dag!
3 Want naby is 'n dag, ja, naby is 'n dag van die HERE, 'n dag van wolke; die tyd van die nasies sal dit wees.
4 Dan sal 'n swaard in Egipte kom, en daar sal angs in Kus wees as die wat verslaan is, val in Egipte, en as hulle sy rykdom wegneem en sy fondamente afgebreek word.
5 Kus en Put,ërs en Ludiete en die hele gemengde bevolking en Kub en die kinders van die daarmee verbonde land sal saam met hulle val deur die swaard.
6 So sê die HERE: Ja, hulle sal val wat Egipte ondersteun, en sy trotse mag sal wegsink; van Migdol af tot by Siëne sal hulle daarin val deur die swaard, spreek die Here HERE.
7 En dit sal verwoes wees tussen die verwoeste lande in, en sy stede sal wees tussen die verwoeste stede in.
8 En hulle sal weet dat Ek die HERE is, as Ek 'n vuur werp in Egipte en al sy helpers verbreek word.
9 In die dag sal daar boodskappers voor My uit wegvaar in skepe om die sorgelose Kus te verskrik; en dan sal daar angs onder hulle wees soos in die dag van Egipte. Want kyk, dit kom!
10 So sê die Here HERE: Ja, Ek sal aan die menigte van Egipte 'n einde maak deur die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel.
11 Hy en sy volk saam met hom, die geweldigste nasies, word aangevoer om die land te verwoes; en hulle sal hul swaarde teen Egipte uittrek en die land vul met gesneuweldes.
12 En Ek sal die strome droë grond maak en die land verkoop in die hand van kwaaddoeners en die land met sy volheid verwoes deur die hand van vreemdes. Ek, die HERE, het dit gespreek.
13 So sê die Here HERE: Ek sal ook die drekgode vernietig en die afgode laat verdwyn uit Nof, en daar sal geen vors meer wees uit Egipteland nie; en Ek sal vrees in Egipteland verwek.
14 En Ek sal Patros verwoes en 'n vuur werp in Soan en strafgerigte voltrek in No.
15 En Ek sal my grimmigheid uitgiet oor Sin, die vesting van Egipte; en Ek sal die menigte van No uitroei.
16 En Ek sal 'n vuur werp in Egipte: Sin sal bewe van angs, en No sal oopgebreek word, en Nof -- vyande oordag!
17 Die jongmanne van On en Pi-Beset sal deur die swaard val, maar hulle self sal in gevangenskap gaan.
18 En in Tagp nhes word die dag duister as Ek daar die jukke van Egipte verbreek, en sy trotse mag daarin sal ophou; 'n wolk sal dit oordek, en sy dogters sal in gevangenskap gaan.
19 So sal Ek dan strafgerigte voltrek in Egipte; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
20 En in die elfde jaar, in die eerste maand, op die sewende van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
21 Mensekind, Ek het die arm van Farao, die koning van Egipte, gebreek; en kyk, dit is nie verbind tot genesing of geswagtel tot verbinding, dat dit sterk kan word om die swaard te vat nie.
22 Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen Farao, die koning van Egipte! En Ek sal sy arms verbreek, die sterk een en die gebreekte een, en sal die swaard uit sy hand laat val.
23 En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande.
24 En Ek sal die arms van die koning van Babel versterk en my swaard in sy hand gee, maar Farao se arms sal Ek breek, sodat hy voor hom sal kerm soos 'n dodelike gewonde man kerm.
25 Ja, Ek sal die arms van die koning van Babel versterk, maar Farao se arms sal afval; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek my swaard in die hand van die koning van Babel gee, dat hy dit kan uitstrek oor Egipteland.
26 En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande. So sal hulle dan weet dat Ek die HERE is.
1 耶和华的话又临到我说:
2 "人子啊! 你要说预言: ‘主耶和华这样说: 你们要哀号: 那一天有祸了!
3 因为那一天临近了, 耶和华的日子临近了, 就是密云的日子, 列国受罚的时候。
4 必有刀剑临到埃及, 被杀的人倒在埃及的时候, 在古实就有痛苦; 埃及的财富必被夺去, 它的根基必被拆毁。
5 古实人、弗人、路德人、所有外族的人、吕彼亚("吕彼亚"原文作"古巴")人, 以及与埃及结盟的人, 都必与埃及人一起倒在刀下。
6 "‘耶和华这样说: 那些支持埃及的必倾倒, 埃及所夸耀的势力必衰落。从密夺到色弗尼, 他们都必倒在刀下; 这是主耶和华说的:
7 埃及必成为荒地中的荒地, 它的城必成为废城中的废城。
8 我在埃及点起火来的时候, 所有帮助埃及的都必灭亡; 那时他们就知道我是耶和华。
9 那一天, 必有使者从我面前乘船出去, 使安逸无虑的古实人惊慌; 在埃及遭难的日子, 必有痛苦临到他们。看哪! 这事来到了!
10 主耶和华这样说: "‘我必借着巴比伦王尼布甲尼撒的手, 消灭埃及的财富。
11 他和跟随他的人, 就是列国中最强横的人, 必被领进来, 毁灭这地; 他们必拔出刀来攻击埃及, 使遍地满了被杀的人。
12 我必使江河干涸, 把这地卖给恶人; 我必借着外族人的手, 使这地和其中所充满的, 都变成荒凉。我耶和华已经说了。
13 主耶和华这样说: "‘我必毁灭偶像, 使虚无的神像从挪弗灭绝。必不再有君王从埃及地而出; 我也必使惧怕临到埃及地。
14 我必使巴忒罗荒凉, 也必在琐安点起火来, 又向挪施行审判。
15 我必把我的烈怒倒在训上, 就是埃及的保障, 并要剪除挪的众民。
16 我必在埃及点起火来; 训必有大痛苦; 挪必被攻破; 挪弗必终日受难。
17 亚文和比伯实的年轻人都必倒在刀下; 这些城的人必被掳去。
18 我在答比匿折断埃及众轭的时候, 白昼就必变为黑暗; 埃及所夸耀的势力必在其中止息; 这城必有密云遮盖, 城中的居民必被掳去。
19 我必这样向埃及施行审判, 他们就知道我是耶和华。’"
20 十一年正月初七日, 耶和华的话临到我说:
21 "人子啊! 我折断了埃及王法老的膀臂; 看哪! 没有人把它包扎治疗, 没有人用绷带把它缠裹, 好让它有力量拿起刀来。
22 因此, 主耶和华这样说: ‘看哪! 我与埃及王法老为敌; 我必打断他有力的膀臂, 和已经折了的膀臂, 使刀从他的手中掉下。
23 我必把埃及人分散到列邦, 四散在各地。
24 "‘我必使巴比伦王的膀臂有力量, 把我的刀交在他手中; 我要折断法老的膀臂, 使他在巴比伦王面前呻吟, 像一个受伤快死的人一样。
25 我必使巴比伦王的膀臂有力量, 法老的膀臂却要下垂。我把我的刀交在巴比伦王手里, 使他举刀攻击埃及地的时候, 他们就知道我是耶和华。
26 我必把埃及人分散到列邦, 四散在各地; 他们就知道我是耶和华。’"