1 En Hy het vir my gesê: Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek.2 En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het.3 Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe.4 En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die Here HERE!5 Maar of hulle nou al luister of nie -- want hulle is 'n wederstrewige huis -- hulle sal moet erken dat daar 'n profeet in hulle midde gewees het.6 En jy, mensekind, wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is 'n wederstrewige huis.7 Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.8 Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop, en eet wat Ek jou gee.9 Toe kyk ek, en daar was 'n hand na my toe uitgesteek, en daarin 'n boekrol!10 En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe op die voor-- en agterkant, en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee.
1 他对我说: "人子啊! 站起来, 我要跟你说话。" 2 他对我说话的时候, 灵就进到我里面, 使我站立起来; 我又听见对我说话的声音。 3 他对我说: "人子啊! 我差派你到以色列人那里去, 就是到那背叛我的叛逆国民那里去! 他们和他们的列祖都得罪了我, 直到今日。 4 这人民十分顽固, 心里刚硬, 我差派你到他们那里去。你要对他们说: ‘主耶和华这样说。’ 5 他们或听或不听(他们原是叛逆的民族), 也必知道在他们中间有一位先知。 6 "人子啊! 至于你, 虽然荆棘和蒺藜在你周围, 你又住在蝎子群中, 你不要怕他们, 也不要怕他们讲的话。他们原是叛逆的民族, 你总不要怕他们讲的话, 在他们面前, 也不要惊惶。 7 他们或听或不听, 你只要把我的话告诉他们, 他们原是叛逆的。 8 "人子啊! 至于你, 你要听我对你讲的话。不要叛逆我, 像那叛逆的民族一样。张开你的口, 把我赐给你的吃下去! " 9 我观看, 看见一只手向我伸过来, 手中有一卷书卷。 10 他把书卷在我面前展开, 书卷内外都写上字, 写的是哀歌、悲叹和灾祸。