1 Daarna het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
2 En jy, mensekind, so spreek die Here HERE tot die land van Israel: Einde! Die einde het gekom oor die vier hoeke van die land.
3 Nou is die einde oor jou, en Ek sal my toorn teen jou uitstuur en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom;
4 en my oog sal jou nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie, maar Ek sal jou wandel op jou laat neerkom, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
5 So sê die Here HERE: Onheil op onheil, kyk, dit kom!
6 'n Einde kom, die einde kom, dit word wakker teen jou; kyk, dit kom!
7 Die lotsverandering kom teen jou, inwoner van die land! Die tyd kom, die dag is naby! Rumoer en geen vreugdegeroep op die berge nie!
8 Nou sal Ek binnekort my grimmigheid oor jou uitgiet en my toorn teen jou laat uitwoed en jou oordeel volgens jou weë en al jou gruwels op jou laat neerkom.
9 En my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal dit op jou laat neerkom volgens jou weë, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is wat slaan.
10 Kyk, die dag, kyk, hy kom! Die lotsverandering het uitgegaan, die roede het gebloei, die trotsheid het uitgespruit.
11 Die geweld het opgegroei tot 'n roede van goddeloosheid; niks van hulle sal oorbly nie of van hulle menigte of van hulle gedruis, en niks heerliks sal aan hulle wees nie.
12 Die tyd het gekom, die dag is naby; laat die koper nie bly wees nie en die verkoper nie treur nie; want toorngloed is daar oor die hele menigte van die land.
13 Want die verkoper sal nie teruggaan na wat verkoop is nie -- ook as hy nog in die lewe is; want die gesig aangaande die hele menigte van die land sal nie herroep word nie, en niemand sal homself deur sy ongeregtigheid in sy lewenskrag versterk nie.
14 Hulle blaas met die trompet en maak alles klaar, maar niemand trek na die oorlog toe nie; want my toorngloed is oor die hele menigte van die land.
15 Die swaard buite, en die pes en die hongersnood binne; hy wat in die veld is, sal deur die swaard sterwe; en hy wat in die stad is, hom sal die hongersnood en die pes verteer.
16 En die wat uit hulle ontvlug, sal ontvlug; maar hulle sal op die berge wees soos duiwe van die klowe wat almal klaag, elkeen vanweë sy ongeregtigheid.
17 Almal se hande sal slap word, en almal se knieë sal wegvloei soos water.
18 Ook sal hulle rouklere aangord, en angs sal hulle oordek; en oor al die aangesigte sal skaamte wees en op al hulle hoofde 'n kaalte.
19 Hul silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud sal 'n voorwerp van afsku wees; hul silwer en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van die grimmigheid van die HERE nie; hul siel sal hulle daarmee nie versadig of hul ingewande daarmee vul nie, want dit was die struikelblok tot hulle ongeregtigheid.
20 En die pragtige sieraad daarvan het hulle as voorwerp van trots opgestel, en die beelde van hul gruwels, hul verfoeisels het hulle daarmee gemaak; daarom het Ek dit vir hulle tot 'n voorwerp van afsku gemaak.
21 En Ek sal dit in die hand van vreemdes oorgee as roof en aan die goddelose van die aarde as buit, dat hulle dit ontheilig.
22 Ook sal Ek my aangesig van hulle afwend, en hulle sal my skat ontheilig: inbrekers sal daar inkom en dit ontheilig.
23 Maak 'n ketting klaar, want die land is vol bloedgerigte en die stad is vol geweld.
24 Daarom sal Ek die kwaadaardigste nasies laat kom, wat hulle huise in besit sal neem, en Ek sal die trots van die sterkes laat ophou, en hulle heiligdomme sal ontheilig word.
25 Die angs kom; en hulle soek vrede, maar dit is nie daar nie.
26 Onheil op onheil kom, en gerug op gerug is daar; en hulle sal 'n gesig verlang van die profeet, maar die wet sal verlore wees vir die priester en die raad vir die oudstes.
27 Die koning sal rou, en die vors sal hom beklee met verbasing, en die hande van die mense van die land sal deur skrik verlam wees. Ek sal met hulle handel volgens hulle weg, en volgens hulle verordeninge sal Ek hulle vonnis; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
1 耶和华的话临到我说:
2 "人子啊! 主耶和华对以色列地这样说: ‘终局到了! 终局临到这地的四境了!
3 现在终局已经临到你了。我要发怒攻击你, 按着你的行为审判你, 照着你一切可憎的事报应你。
4 我的眼必不顾惜你, 我也不怜恤你, 我却要按着你的行为, 照着你中间可憎的事报应你, 你们就知道我是耶和华。’
5 主耶和华这样说: ‘看哪, 独特的灾祸, 临到了!
6 终局到了, 终局临到了, 它已经起来跟你作对。看哪, 它临到了!
7 这地的居民哪, 灾害临到你了! 时候到了, 日子近了, 是混乱喧嚷的日子, 不是山上欢呼的日子。
8 现在我快要把我的烈怒倒在你身上, 向你完全发尽我的怒气。我要按着你的行为审判你, 照着你一切可憎的事报应你。
9 我的眼必不顾惜, 我也不怜恤。我却要按着你的行为, 照着你中间可憎的事报应你, 你们就知道击打你们的是我耶和华。
10 "‘看哪, 这日子到了! 灾害已经发出, 杖已经开花, 狂傲已经发芽。
11 强暴兴起, 成了惩罚邪恶的杖, 他们无一存留, 他们的群众都不在了。他们的财富没有了, 他们中间也没有尊荣。
12 时候到了, 日子近了, 买的不必欢喜, 卖的不用忧愁; 因为烈怒要临到众人身上。
13 卖的人虽然还活着, 却不能得回所卖的。因为这个关乎众人的异象必不更改。因为罪孽的缘故, 没有人能保全自己的性命。
14 "‘他们吹了号角, 准备了一切, 却没有人出去作战; 因为我的烈怒要临到众人身上。
15 城外有刀剑, 城内有瘟疫和饥荒; 在田野的必死在刀下, 在城里的必被饥荒和瘟疫吞灭。
16 他们中间逃脱的, 必因自己的罪孽在山上发出哀声, 像谷中的鸽子哀鸣一样。
17 他们的手都发软, 他们的膝像水一般软弱。
18 他们必用麻布束腰, 战兢把他们遮盖, 各人的脸上满是羞愧, 各人的头上都光秃。
19 他们要把自己的银子拋在街上, 把自己的金子当作污秽之物。在耶和华发怒的日子, 他们的金银不能拯救他们, 不能满足他们的心, 也不能填满他们的肚腹, 因为这些金银都成了叫他们落在罪孽里的绊脚石。
20 他们以美丽的饰物为夸耀, 又用这些来铸造可憎可厌的偶像, 因此我要使它们成为污秽之物。
21 我要把它们交在外族人的手里作掠物, 给地上的恶人作战利品, 他们必亵渎这些东西。
22 我必转脸不看他们, 让他们亵渎我的圣所。强盗要进那里去, 亵渎那地方。
23 你要制造锁链, 因为这地满了血腥("血腥"或译: "流血的审判"), 这城满了强暴。
24 我要使列国中最凶恶的人来占领他们的房屋; 我要止息强盛者的骄傲, 他们的圣所都被亵渎。
25 惊恐临到, 他们就求平安, 却得不着。
26 灾祸加上灾祸, 坏消息加上坏消息, 不绝而来, 他们要向先知求异象, 但是, 祭司的教训、长老的指导, 都必断绝,
27 君王要悲哀, 官长要把凄凉当作衣服穿上, 那地人民的手都要发颤。我要按着他们的行为待他们, 按着他们审判的法则审判他们, 他们就知道我是耶和华。’"