1 En dit is die name van die stamme. Aan die noordekant langs die weg van Hetlon na die ingang van Hamat en Hasar-Enan aan die grens van Damaskus, na die noorde toe langs Hamat -- hy moet die ooste en die westekant hê -- Dan een deel.
2 En naas die gebied van Dan, van die oostekant af tot by die westekant: Aser een deel.
3 En naas die gebied van Aser, van die oostekant af tot by die westekant: N ftali, een.
4 En naas die gebied van N ftali, van die oostekant af tot by die westekant: Manasse, een.
5 En naas die gebied van Manasse, van die oostekant af tot by die westekant: Efraim, een.
6 En naas die gebied van Efraim, van die oostekant af tot by die westekant: Ruben, een.
7 En naas die gebied van Ruben, van die oostekant af tot by die westekant: Juda, een.
8 En naas die gebied van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moet die offergawe wees wat julle moet afgee: vyf en twintig duisend el breed en net so lank as een van die dele, van die oostekant af tot by die westekant; en die heiligdom moet in die middel daarvan wees.
9 Die offergawe wat julle aan die HERE moet afgee, moet vyf en twintig duisend el lank wees en tien duisend breed.
10 En aan hulle, aan die priesters, moet die heilige offergawe toebehoort: teen die noorde 'n lengte van vyf en twintig duisend el en teen die weste 'n breedte van tien duisend en teen die ooste 'n breedte van tien duisend en teen die suide 'n lengte van vyf en twintig duisend; en die heiligdom van die HERE moet in die middel daarvan wees.
11 Dit moet wees vir die priesters wat geheilig is, die seuns van Sadok, wat my verordening onderhou het, wat nie afgedwaal het by die afdwaling van die kinders van Israel soos die Leviete afgedwaal het nie.
12 So moet dit dan vir hulle 'n offergawe wees uit die offergawe van die land, iets hoogheiligs, op die grens van die Leviete.
13 Verder moet die Leviete, ewewydig met die grens van die priesters, ontvang 'n lengte van vyf en twintig duisend el en 'n breedte van tien duisend; die hele lengte moet wees vyf en twintig duisend en die breedte tien duisend.
14 En hulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, en die beste van die land mag nie in ander hande oorgaan nie; want dit is heilig aan die HERE.
15 Maar die vyf duisend wat in die breedte oorgebly het, langs die vyf en twintig duisend -- dit sal gewone land wees, bestem vir die stad as woonplek en oop veld; en die stad moet in die middel daarvan wees.
16 En dit is die afmetinge daarvan: die noordekant, vier duisend vyf honderd el; en die suidekant, vier duisend vyf honderd; en die oostekant, vier duisend vyf honderd; en die westekant, vier duisend vyf honderd.
17 En as oop veld moet by die stad behoort: Teen die noorde, twee honderd en vyftig el; en teen die suide, twee honderd en vyftig; en teen die ooste, twee honderd en vyftig; en teen die weste, twee honderd en vyftig.
18 En wat oorgebly het in die lengte, ewewydig met die heilige offergawe, tien duisend teen die ooste en tien duisend teen die weste -- dit moet ewewydig wees met die heilige offergawe; en die opbrings daarvan sal as onderhoud dien vir die werksmense van die stad.
19 En wat die werksmense van die stad betref -- uit al die stamme van Israel moet hulle dit bewerk.
20 Die hele offergawe moet wees vyf en twintig duisend el by vyf en twintig duisend -- vierkantig moet julle die heilige offergawe afgee saam met die stadsbesitting.
21 En wat oorbly, behoort aan die vors, aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die vyf en twintig duisend, die offergawe, tot by die grens teen die ooste, en na die weste toe langs die vyf en twintig duisend tot by die grens teen die weste, net so lank as die stamgedeeltes -- dit behoort aan die vors; en die heilige offergawe en die heiligdom van die huis moet in die middel daarvan wees.
22 En van die besitting van die Leviete en die besitting van die stad af, wat in die middel lê van wat die vors s'n is, tussen die grens van Juda en die grens van Benjamin, moet alles aan die vors behoort.
23 Verder die ander stamme. Van die oostekant af tot by die westekant: Benjamin een deel.
24 En naas die gebied van Benjamin, van die oostekant af tot by die westekant: S¡meon, een.
25 En naas die gebied van S¡meon, van die oostekant af tot by die westekant: Issaskar, een.
26 En naas die gebied van Issaskar, van die oostekant af tot by die westekant: S,bulon, een.
27 En naas die gebied van S,bulon, van die oostekant af tot by die westekant: Gad, een.
28 En naas die gebied van Gad, aan die suidekant na die suide toe, moet die grens wees van Tamar af na die twiswaters van Kades en na die spruit van Egipte tot by die Groot See.
29 Dit is die land wat julle as erfenis moet laat toekom aan die stamme van Israel, en dit is hulle gedeeltes, spreek die Here HERE.
30 En dit is die uitgange van die stad: aan die noordekant vier duisend vyf honderd el lengtemaat.
31 En die poorte van die stad moet wees volgens die name van die stamme van Israel; drie poorte teen die noorde: die poort van Ruben, een; die poort van Juda, een; die poort van Levi, een.
32 En na die oostekant vier duisend vyf honderd el; en drie poorte, naamlik: die poort van Josef, een; die poort van Benjamin, een; die poort van Dan, een.
33 En die suidekant vier duisend vyf honderd lengtemaat; en drie poorte: die poort van S¡meon, een; die poort van Issaskar, een; die poort van S,bulon, een.
34 Die westekant vier duisend vyf honderd; hulle poorte drie: die poort van Gad, een; die poort van Aser, een; die poort van N ftali, een;
35 rondom agttien duisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die HERE is daar!
1 "各支派名下的产业是这样: 在北边尽头的地界起, 沿着希特伦的路, 经哈马口到大马士革边界上的哈萨.以难, 北边靠着哈马地, 从东到西, 是但的一份。
2 沿着但的边界, 从东到西, 是亚设的一份。
3 沿着亚设的边界, 从东到西, 是拿弗他利的一份。
4 沿着拿弗他利的边界, 从东到西, 是玛拿西的一份。
5 沿着玛拿西的边界, 从东到西, 是以法莲的一份。
6 沿着以法莲的边界, 从东到西, 是流本的一份。
7 沿着流本的边界, 从东到西, 是犹大的一份。
8 "沿着犹大的边界, 从东到西, 就是你们所要献出的圣区, 长十二公里半, 从东到西的长度与其他各份的一样, 圣所要在其中。
9 你们献给耶和华的地区, 要长十二公里半, 宽十公里。
10 献给祭司的圣地, 北边长十二公里半, 西边宽五公里, 东边宽五公里, 南边长十二公里半。
11 这地要归给祭司, 就是撒督子孙中分别为圣的。他们守我所吩咐的职责; 以色列人走迷路的时候, 他们不像利未人那样走迷路。
12 因此, 从所献的圣区要有一块地献给祭司, 作为至圣之地。这地沿着利未人的地界。
13 沿着祭司的地界要有一块地献给利未人, 长十二公里半, 宽五公里。祭司的地也是长十二公里半, 宽五公里。
14 这地的任何部分不可变卖, 不可交换, 也不可转让给别人, 因为它是这地中最好的一份, 是归耶和华为圣的。
15 "所剩下的地, 宽两公里半, 长十二公里半, 要作俗地, 供城市、居民和郊野之用。城要在其中。
16 城的大小是这样: 北边二千二百五十公尺, 南边二千二百五十公尺, 东边二千二百五十公尺, 西边二千二百五十公尺。
17 城要有郊野, 北边一百二十五公尺, 南边一百二十五公尺, 东边一百二十五公尺, 西边一百二十五公尺。
18 这俗地两旁剩下的地, 沿着所献的圣区的长度计算, 东边五公里, 西边五公里。这些地的出产要给城里的工人作食物。
19 城里的工人来自以色列各支派, 耕种这地。
20 所献的整个地区, 长十二公里半, 宽十二公里半, 是见方的。你们要把所献的圣区, 连同城的基业, 一起献上。
21 "所献的圣区和城的基业, 两旁所剩下的都要归给君王, 从那宽十二公里半的献地以东至东面的边界, 以及从那宽十二公里半的献地以西至西边的边界沿着其他各分地, 都要归给君王。这样所献的圣地和殿的圣所, 都在这两块地的中间。
22 利未人的基业和城的基业都位于君王的地中间。君王的地是在犹大的边界和便雅悯的边界中间。
23 "至于其余的支派, 从东到西, 是便雅悯的一份。
24 沿着便雅悯的边界, 从东到西, 是西缅的一份。
25 沿着西缅的边界, 从东到西, 是以萨迦的一份。
26 沿着以萨迦的边界, 从东到西, 是西布伦的一份。
27 沿着西布伦的边界, 从东到西, 是迦得的一份。
28 迦得南面的边界, 是从他玛到米利巴.迦底斯水, 经埃及小河到大海。
29 这就是你们要抽签分给以色列各支派为业的地。这些分地就是他们所得的分。"这是主耶和华的宣告。
30 "城北面的长度是二千二百五十公尺。城的出口是这样:
31 城门要按以色列各支派取名。北面有三个门口, 一个是流本门, 一个是犹大门, 一个是利未门。
32 东面的长度是二千二百五十公尺, 有三个门口, 一个是约瑟门, 一个是便雅悯门, 一个是但门。
33 南面的长度是二千二百五十公尺, 有三个门口, 一个是西缅门, 一个是以萨迦门, 一个是西布伦门。
34 西面的长度是二千二百五十公尺, 也有三个门口, 一个是迦得门, 一个是亚设门, 一个是拿弗他利门。
35 城的周围共长九千公尺。从此以后, 这城的名字要称为‘耶和华的所在’。"