1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, rig jou aangesig teen die kinders van Ammon, en profeteer teen hulle.
3 En sê aan die kinders van Ammon: Hoor die woord van die Here HERE. So spreek die Here HERE: Omdat jy ha, ha! geroep het oor my heiligdom, omdat dit ontheilig is, en oor die land van Israel, omdat dit verwoes is, en oor die huis van Juda, omdat hulle in ballingskap gegaan het --
4 daarom, kyk, Ek gee jou oor aan die kinders van die Ooste as 'n besitting, dat hulle hul laers in jou opslaan en hul wonings in jou maak; hulle sal jou vrugte eet, en hulle sal jou melk drink.
5 En Ek sal Rabba 'n weiveld maak vir kamele en die kinders van Ammon 'n lêplek vir kleinvee, en julle sal weet dat Ek die HERE is.
6 Want so sê die Here HERE: Omdat jy in die hand geklap en met die voet gestamp het en bly was met volle veragting in die siel oor die land van Israel --
7 daarom, kyk, Ek strek my hand teen jou uit en gee jou as buit vir die nasies, en Ek sal jou uitroei uit die volke en jou uit die lande verdelg; Ek sal jou vernietig, en jy sal weet dat Ek die HERE is.
8 So spreek die Here HERE: Omdat Moab en Se‹r sê: Kyk, die huis van Juda is soos al die nasies --
9 daarom, kyk, Ek maak die berghange van Moab oop, dat dit sonder stede is, sonder sy stede in sy hele gebied, die sieraad van die land: Bet-J,simot, Ba„l-Meon en tot Kirjat im toe;
10 aan die kinders van die Ooste sal Ek dit, saam met die kinders van Ammon, as besitting gee, sodat die kinders van Ammon nie meer genoem sal word onder die nasies nie.
11 Ek sal ook in Moab strafgerigte voltrek; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
12 So sê die Here HERE: Omdat Edom wraaksugtig gehandel het teen die huis van Juda en hom baie skuldig gemaak het en hom op hulle gewreek het --
13 daarom, so sê die Here HERE: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit 'n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.
14 En Ek sal my wraak op Edom in die hand van my volk Israel gee, en hulle sal met Edom handel volgens my toorn en my grimmigheid; so sal hulle dan my wraak gewaar word, spreek die Here HERE.
15 So sê die Here HERE: Omdat die Filistyne wraaksugtig gehandel het en hulle erg gewreek het met veragting in die siel, om te verwoes met ewige vyandskap --
16 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne en sal die Kretiërs uitroei en die oorblyfsel van die seekus vernietig.
17 En Ek sal gedugte wraak aan hulle oefen met grimmige strawwe; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek my wraak oor hulle bring.
1 耶和华的话临到我说:
2 "人子啊! 你要面对亚扪人, 说预言攻击他们。
3 你要对亚扪人说: ‘你们要听主耶和华的话。主耶和华这样说: 我的圣所被亵渎, 以色列地荒凉, 犹大家被掳去的时候, 你说: "哈哈! "
4 所以我要把你交给东方人作产业; 他们必在你那里安营, 在你那里设立居所; 他们必吃你的果子, 喝你的奶。
5 我必使拉巴成为牧放骆驼的地方, 使亚扪人之地成为羊群躺卧之处。你们就知道我是耶和华。
6 主耶和华这样说: 因为你手舞足蹈, 心存轻蔑, 因以色列地的遭遇而欢喜。
7 所以我必伸手攻击你, 把你交给列国作掠物; 我必从万族中剪除你, 使你从列邦中灭亡; 我必消灭你, 你就知道我是耶和华。’"
8 主耶和华这样说: "因为摩押和西珥说: ‘看哪! 犹大家与列国毫无分别’,
9 所以我必除去摩押一面的防守, 从边界的城市开始, 就是他们看为那地之荣美的伯.耶西末、巴力.免和基列亭。
10 我必把摩押连同亚扪人一起交给东方人作产业, 使亚扪不再在列国中被记念。
11 我要向摩押施行审判, 他们就知道我是耶和华。"
12 主耶和华这样说: "因为以东向犹大家报仇雪恨。他们这样作, 就犯了大罪。
13 所以主耶和华这样说: 我必伸手攻击以东, 把人和牲畜都从其中剪除; 我必使以东荒凉; 从提幔直到底但, 他们都要倒毙在刀下。
14 我必借着我子民以色列的手报复以东; 以色列人必照着我的怒气, 按着我的烈怒对待以东, 以东人就知道这是我的报复。这是主耶和华的宣告。"
15 主耶和华这样说: "因为非利士人向犹大人报仇雪恨, 心存轻蔑报仇雪恨, 他们永远怀恨, 要毁灭犹大,
16 因此, 主耶和华这样说: 看哪! 我要伸手攻击非利士人, 剪除基利提人, 消灭沿海剩下的人。
17 我必怒责他们, 向他们大施报复; 我向他们报复的时候, 他们就知道我是耶和华。"