1 Godspraak. Die woord van die HERE aan Israel deur die diens van Male gi.
2 Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad,
3 maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte 'n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.
4 As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou -- dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!
5 En julle oë sal dit aanskou, en julle sal sê: Groot is die HERE oor die gebied van Israel!
6 'n Seun eer die vader, en 'n kneg sy heer. As Ek dan 'n Vader is, waar is my eer? En as Ek 'n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?
7 Julle bring spys wat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die HERE is veragtelik.
8 En as julle 'n blinde dier bring om te offer, is dit geen kwaad nie! En as julle 'n lam of 'n siek dier bring, is dit geen kwaad nie! Bring dit tog vir jou goewerneur! Sal hy 'n welgevalle aan jou hê of jou goedgesind wees? sê die HERE van die leërskare.
9 Smeek dan nou tog die aangesig van God, dat Hy ons genadig kan wees! Sulke dinge is deur julle gedoen -- sal Hy dan om julle ontwil goedgesind wees? sê die HERE van die leërskare.
10 Ag, was daar maar iemand onder julle wat die deure wou sluit, sodat julle nie tevergeefs vuur op my altaar kan aansteek nie! Ek het in julle geen welgevalle nie, sê die HERE van die leërskare, en in 'n offer uit julle hand het Ek geen behae nie.
11 Want van die opgang van die son tot sy ondergang toe is my Naam groot onder die heidene; en in elke plek word tot eer van my Naam reukwerk gebring en 'n rein offer; want my Naam is groot onder die heidene, sê die HERE van die leërskare.
12 Julle daarenteen ontheilig dit as julle sê: Die tafel van die HERE is verontreinig, en wat sy opbrings betref -- sy spys is veragtelik.
13 En julle sê: Kyk, wat 'n moeite! En julle verag dit, sê die HERE van die leërskare; en julle bring geroofde en lam en siek diere -- so bring julle dan die offer! Kan Ek dit met welgevalle uit julle hand aanneem? sê die HERE.
14 Vervloek is ook die bedrieër wat, terwyl daar onder sy kleinvee 'n manlike dier is, 'n gelofte doen en tog iets wat vermink is, aan die HERE offer; want Ek is 'n groot Koning, sê die HERE van die leërskare, en my Naam is gedug onder die heidene.
1 以下是耶和华借玛拉基对以色列宣判的话。
2 耶和华说: "我爱你们。"你们却说: "你怎样爱了我们呢?"耶和华说: "以扫不是雅各的哥哥吗?我却爱雅各,
3 恶以扫。我使以扫的山地荒凉, 把他的产业给了旷野的豺狼。"
4 如果以东说: "我们虽然遭破坏, 但仍要把废墟重建起来。"万军之耶和华这样说: "他们只管建造, 我却要拆毁。人要称他们为罪恶的境地, 为耶和华永远恼怒的子民。"
5 你们要亲眼看见, 也要亲自说: "耶和华在以色列的境地以外, 必被尊为大。"
6 万军之耶和华对你们说: "藐视我名的祭司啊! 儿子尊敬父亲, 仆人敬畏主人。我若是父亲, 我该受的尊敬在哪里呢?我若是主人, 我应得的敬畏在哪里呢?"你们却说: "我们怎样藐视了你的名呢?"
7 "你们把污秽的食物献在我的坛上, 你们竟说: ‘我们怎样污秽了你的坛呢?’因你们以为耶和华的桌子是可以藐视的。"
8 万军之耶和华说: "你们把瞎眼的献为祭, 这不是恶吗?你们把瘸腿的和有病的献上, 这不是罪吗?你把这样的礼物献给你的省长, 他会喜欢你或是悦纳你的礼物吗?"
9 现在, 你们要向 神求情, 好使他恩待我们。这污秽的祭物, 既是你们经手献的, 他还能悦纳你们吗?万军之耶和华说:
10 "真愿你们当中有人把殿门关上, 免得你们在我的坛上徒然点火。"万军之耶和华说: "我不喜欢你们, 也不从你们手中收纳礼物。"
11 万军之耶和华说: "从日出到日落的地方, 我的名在列国中为大; 在各处都有人向我的名烧香, 献上洁净的礼物, 因为我的名在列国中为大。"
12 万军之耶和华说: "你们却亵渎了我, 因你们以为主的桌子是污秽的, 桌上的食物也是可藐视的。
13 你们又说: ‘唉, 真麻烦! ’你们就嗤之以鼻。"耶和华说: "你们把抢来的、瘸腿的和有病的带来作礼物, 我怎能从你们的手中收受呢?"
14 万军之耶和华说: "凡以家畜中公的许了愿, 却又诡诈地拿有残疾的献给主, 那人当受咒诅; 因为我是大君王, 我的名在列国中是可敬畏的。"