1 Want kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, 'n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.

2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

3 En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare.

4 Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel -- insettinge en verordeninge.

5 Kyk, Ek stuur julle die profeet El¡a voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek.

6 En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.

1 万军之耶和华说: "看哪! 那日来到, 像烧着的火炉一样; 骄傲的和作恶的, 都必成为碎秸; 那要来的日子, 必把他们烧尽, 不给他们留下一根一枝。

2 可是, 对你们敬畏我名的人, 必有公义的太阳升起来; 它的光线有医治的功能; 你们必出来跳跃, 像栏里的肥牛犊。"

3 万军之耶和华说: "你们必践踏恶人; 在我施行作为的日子, 他们必在你们脚掌之下成为尘土。

4 "你们要谨记我仆人摩西的律法, 就是我在何烈山为以色列众人所吩咐他的律例和典章。

5 "看哪! 在耶和华大而可畏的日子来到以先, 我必差派以利亚先知到你们那里去。

6 他要使父亲的心转向儿女, 儿女的心转向父亲, 免得我来击打这地, 以至完全毁灭。"(本章第1-6节在《马索拉抄本》为3:19-24)