1 Petrus, 'n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Gal sië, Kappadocië, Asië en Bith¡nië,

2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!

3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,

4 sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons

5 wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.

6 Daarin verheug julle jul, al word julle nou -- as dit nodig is -- 'n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,

7 sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;

8 vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap,

9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

10 Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors,

11 en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna.

12 Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons die dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur die wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is -- dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.

14 Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.

15 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,

16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

17 En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;

18 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,

19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n lam sonder gebrek en vlekkeloos,

20 wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,

21 julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.

22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit 'n rein hart;

23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

24 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,

25 maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.

1 耶稣基督的使徒彼得, 写信给那分散在本都、加拉太、加帕多家、亚西亚、庇推尼寄居的人,

2 就是照着父 神的预知蒙拣选, 借着圣灵得成圣洁, 因而顺服, 并且被耶稣基督的血洒过的人。愿恩惠平安多多地加给你们。

3 我们主耶稣基督的父 神是应当称颂的。他照着自己的大怜悯, 借着耶稣基督从死人中复活, 重生了我们, 使我们有永活的盼望,

4 可以得着不能朽坏、不能玷污、不能衰残, 为你们存留在天上的基业,

5 就是你们这因信蒙 神能力保守的人, 得着预备在末世要显现的救恩。

6 因此, 你们要喜乐。然而, 你们现今在各种试炼中或许暂时会难过,

7 是要叫你们的信心经过试验, 就比那被火炼过, 仍会朽坏的金子更宝贵, 可以在耶稣基督显现的时候, 得着称赞、荣耀和尊贵。

8 你们虽然没有见过他, 却爱他; 现在虽然不能看见他, 却信他。因此, 你们就有无法形容、满有荣耀的大喜乐,

9 得到你们信心的效果, 就是灵魂得救。

10 论到这救恩, 那预言你们要得恩典的众先知, 都寻求考察过,

11 就是把他们心里基督的灵所预先见证, 关于基督要受苦难后来得荣耀, 是在什么时候和怎样的情况加以考察。

12 他们蒙了启示, 为这些事效力, 并不是为自己, 而是为你们。现在, 借着传福音给你们的人, 靠着从天上差来的圣灵, 把这些事传给了你们; 甚至天使也很想详细察看这些事。

13 所以要准备好你们的心, 警醒谨慎, 专心盼望耶稣基督显现的时候所要带给你们的恩典。

14 你们既是顺服的儿女, 就不要再效法从前无知的时候放纵私欲的生活。

15 那召你们的既是圣洁的, 你们在一切所行的事上也要圣洁。

16 因为圣经上记着说: "你们要圣洁, 因为我是圣洁的。"

17 你们既称那不偏待人、按各人行为审判的主为父, 就当存敬畏的心, 过你们寄居的日子;

18 因为知道你们得赎, 脱去你们祖先传下的妄行, 不是凭着能坏的金银等物,

19 而是凭着基督的宝血, 就像无瑕疵无玷污的羊羔的血。

20 基督是在创立世界以前, 是 神所预知的, 却在这末后的世代才为你们显现出来。

21 借着他, 你们信那使他从死人中复活、又给他荣耀的 神, 叫你们的信心和盼望都在于 神。

22 你们既因顺从真理, 洁净了自己的心灵, 以致能真诚地爱弟兄, 就应当从清洁的心里彼此切实相爱。

23 你们得了重生, 并不是由于能坏的种子, 却是由于不能朽坏的, 就是借着 神永活长存的道。

24 因为"所有的人("人"原文作"肉体"), 尽都如草, 他们的荣美, 都像草上的花; 草必枯干, 花必凋谢,

25 唯有主的道, 永远长存。"所传给你们的福音就是这道。