1 Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat 'n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook 'n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:

2 Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;

3 ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.

4 En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.

5 Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.

10 En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!

11 Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

12 Deur Silv nus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan.

13 Die mede-uitverkorene in Babilon en Markus, my seun, groet julle.

14 Groet mekaar met 'n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.

1 我这同作长老, 也是为基督受苦作见证, 又是同享将来所要显现的荣耀的, 劝你们当中作长老的:

2 务要牧养你们中间的羊群, 按着 神的旨意照顾他们。不是出于勉强, 而是出于甘心; 不是因为贪财, 而是出于热诚;

3 也不是要辖制托付你们的羊群, 而是作他们的榜样。

4 到了牧长显现的时候, 你们必定得着那永不衰残的荣耀冠冕。

5 照样, 你们青年人要顺服年长的。就是你们各人也要彼此以谦卑为装束, 因为" 神敌挡骄傲的人, 赐恩给谦卑的人。"

6 所以你们要谦卑, 服在 神大能的手下, 到了时候, 他必叫你们升高。

7 你们要把一切忧虑卸给 神, 因为他顾念你们。

8 你们要谨守、警醒。你们的仇敌魔鬼, 好像吼叫的狮子走来走去, 寻找可以吞吃的人;

9 你们要用坚强的信心抵挡他, 因为知道你们在世上的弟兄, 也经历过同样的苦难。

10 但满有恩典的 神, 就是在基督里召你们进入他永远荣耀的那一位, 在你们受了短暂的苦难之后, 必定亲自成全你们, 坚固你们, 赐力量给你们, 建立你们。

11 愿权能归给他, 直到永远。阿们。

12 我借着我认为忠心的弟兄西拉, 简略地写了这封信劝勉你们, 又向你们证实这是 神真正的恩典; 你们要在这恩典上站立得住。

13 在巴比伦与你们同蒙拣选的, 和我儿子马可都问候你们。

14 你们要用爱心彼此亲嘴问安。愿平安归与你们所有在基督里的人。