1 Godspraak oor Egipte. Kyk, die HERE ry op 'n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.

2 En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.

3 En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.

4 En Ek sal Egipte oorgee in die hand van 'n harde meester, en 'n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here HERE van die leërskare.

5 En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.

6 En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.

7 Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.

8 En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.

9 En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.

10 En sy steunpilare word verbrysel; almal wat vir loon werk, sielsbedroef.

11 Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword. Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is 'n seun van die wyse manne, 'n seun van die konings uit die voortyd?

12 Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat 'n mens kan weet wat die HERE van die leërskare oor Egipte besluit het.

13 Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op 'n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.

14 Die HERE het daarin 'n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op 'n dwaalweg gebring in al sy werk, soos 'n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.

15 So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen word deur kop of stert, palmtak of biesie nie.

16 In die dag sal die Egiptenaars wees soos die vroue: hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle swaai.

17 En die land Juda sal vir die Egiptenaars 'n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.

18 In die dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.

19 In die dag sal daar 'n altaar wees vir die HERE binne-in Egipteland en 'n gedenksteen vir die HERE by die grens.

20 En dit sal wees 'n teken en 'n getuie vir die HERE van die leërskare in Egipteland; as hulle die HERE aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle 'n redder stuur en 'n stryder wat hulle sal verlos.

21 En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in die dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal.

22 En die HERE sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die HERE bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.

23 In die dag sal daar 'n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die HERE dien.

24 In die dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, 'n seën in die midde van die aarde,

25 omdat die HERE van die leërskare hom geseënhet, met die woorde: Geseënd is my volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!

1 关于埃及的默示: 看哪! 耶和华驾着轻快的云, 来到埃及; 埃及的偶像在他面前战兢, 埃及人的心都惊怕。

2 我要激动埃及人去攻击埃及人, 他们就相争起来, 各人攻击自己的兄弟, 各人攻击自己的邻舍, 城攻击城; 国攻击国。

3 埃及人的意志必消沉, 我要破坏他们的计谋; 他们必求问偶像、念咒的、交鬼的和行巫术的。

4 我必把埃及人交在残暴的主人手中; 凶猛的君王要管辖他们; 这是主万军之耶和华说的。

5 海中的众水必干透, 河床必枯竭干涸。

6 河道必发臭, 埃及众河流的水必消退干涸; 苇子和芦荻都必枯萎。

7 尼罗河旁、尼罗河口的草田, 以及沿着尼罗河所种的田都必枯干, 被吹散, 不再存在。

8 打鱼的人必哀号; 所有在尼罗河上垂钓的必悲伤; 那些在水面上撒网的, 必灰心难过。

9 那些用梳好的麻来纺纱的, 和那些织白布的, 都必羞愧。

10 埃及的柱石必被打碎, 所有受雇的工人也必心里忧愁。

11 琐安的领袖非常愚昧, 法老那些最有智慧的谋士所筹算的, 都成为愚昧。你们怎能对法老说: "我是智慧人的儿子, 是古代君王的后裔"呢?

12 你的智慧人在哪里呢?万军之耶和华向埃及所定的旨意是怎样的?就让他们告诉你, 使你知道吧!

13 琐安的领袖都变为愚昧, 挪弗的领袖都受了欺骗; 那些在埃及支派中作房角石的, 使埃及人走错了路。

14 耶和华让歪曲的灵搀入埃及当中, 以致他们使埃及一切所作的都有谬误, 好像醉酒的人呕吐的时候, 东倒西歪一样。

15 无论是头或尾、棕枝或芦苇所作的, 都不能为埃及成就什么事。

16 到那日, 埃及人必像妇人一样。他们必因万军之耶和华在埃及之上挥手而战兢恐惧。

17 犹大地必使埃及惊恐; 无论谁向埃及人提起犹大地, 他们都惧怕, 因为这是万军之耶和华向埃及所定的旨意。

18 到那日, 埃及地必有五座城的人说迦南的方言, 又指着万军之耶和华起誓, 必有一座城称为"毁灭城"("毁灭城"或译: "太阳城")。

19 到那日, 在埃及地必有一座献给耶和华的祭坛; 在埃及的边界上必有一根献给耶和华的柱子。

20 这都要在埃及地作万军之耶和华的记号和证据。埃及人因受人欺压向耶和华哀求的时候, 他就差派一位拯救者和维护者到他们那里, 他必拯救他们。

21 耶和华必被埃及人认识。到那日, 埃及人必认识耶和华; 他们也要用祭物和供物来敬拜他, 并且向耶和华许愿、还愿。

22 耶和华必击打埃及, 既击打、又医治, 他们就回转归向耶和华, 他必应允他们的祷告, 医治他们。

23 到那日, 必有一条从埃及通到亚述的大道; 亚述人要进到埃及, 埃及人也要进入亚述; 埃及人要与亚述人一同敬拜耶和华。

24 到那日, 以色列必与埃及和亚述一起成为地上列国的祝福。

25 万军之耶和华赐福给他们, 说: "我的子民埃及, 我手的工程亚述, 我的产业以色列, 都是有福的! "