1 Wee jou, verwoester, wat self nie verwoes is nie, en troubreker teen wie nie troueloos gehandel is nie! As jy klaar is met verwoes, sal jy verwoes word; en as jy klaar is met troubreuk, sal hulle troueloos teen jou handel.
2 HERE, wees ons genadig, op U wag ons; wees hulle arm elke môre , ja, ons verlossing in die tyd van benoudheid!
3 Vir die dawergeluid vlug die volke; vanweë u verheffing word die nasies verstrooi.
4 Dan word julle buit weggeskraap soos sprinkane wegskraap; soos sprinkane hardloop, hardloop hulle daarop los.
5 Die HERE is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid.
6 En daar sal bestendigheid van jou tye wees, 'n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die HERE sal sy skat wees.
7 Kyk, die helde skreeu daarbuite, die boodskappers van vrede ween bitterlik.
8 Die grootpaaie is verlate; die wat padlangs trek, bly weg. Hy het die verbond verbreek, die stede gering geag, mense nie gereken nie.
9 Die land treur, dit verwelk; die L¡banon staan beskaamd, dit verkwyn; Saron het geword soos 'n woestynvlakte, Basan en Karmel staan sonder blare.
10 Nou sal Ek opstaan, sê die HERE; nou sal Ek My verhef, nou sal Ek My oprig.
11 Julle gaan swanger van strooi, julle sal stoppels baar; julle geblaas is 'n vuur wat julle sal verteer.
12 Dan word die volke 'n kalkbrandery, afgekapte doringbosse wat met vuur verbrand word.
13 Hoor, julle wat ver is, wat Ek gedoen het; en julle wat naby is, erken my mag!
14 Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by 'n verterende vuur, wie van ons kan woon by 'n ewige gloed?
15 Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie --
16 hy sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg; sy brood word hom gegee, sy water is gewis.
17 Jou oë sal die Koning in sy skoonheid aanskou, dit sal 'n wyd uitgestrekte land sien.
18 Jou hart sal die deurgestane verskrikking oordink en sê: Waar is hy wat getel het? Waar is hy wat geweeg het? Waar is hy wat die torings opgeskryf het?
19 Jy sal die onbeskaamde volk nie meer sien nie, die volk met duister, onverstaanbare spraak, met onbegryplike hakkeltong.
20 Aanskou Sion, die stad van ons feestelike samekoms! Jou oë sal Jerusalem sien as veilige woonplek, as tent wat nie wegtrek nie, waarvan die penne nooit meer uitgeruk word nie en geeneen van sy toue ooit losgeskeur word nie.
21 Maar daar sal die HERE vir ons heerlik wees; dit sal 'n plek van riviere wees, van breë strome; geen vloot van roeiskepe sal daarop vaar nie, en geen trotse skip sal daaroor gaan nie.
22 Want die HERE is ons Regter, die HERE is ons Aanvoerder, die HERE is ons Koning: Hy sal ons verlos.
23 Jou toue hang slap, hulle hou die voetstuk van hulle mas nie styf nie, hulle ontplooi nie die banier nie; dan word roofbuit verdeel in menigte, selfs die lammes maak buit.
24 En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.
1 你这毁灭人, 自己却不被毁灭的; 你这行事诡诈, 别人倒不以诡诈待你的, 有祸了! 你刚停止毁灭人的时候, 自己就要被毁灭; 你刚停止行诡诈的时候, 别人就必以诡诈待你。
2 耶和华啊! 求你施恩给我们; 我们等候你。每天早晨, 愿你作我们的膀臂, 在遭难的时候, 作我们的拯救。
3 喧嚷的声音一发, 众民必逃跑; 你一兴起, 列国就四散。
4 列国啊! 你们所掳掠的必被收取, 像蚂蚱收取禾稼一样; 蝗虫怎样为食物忙碌走动, 人也怎样在掳物上忙乱。
5 耶和华必被尊崇, 因为他居住在高天; 他必以公平与公义充满锡安。
6 他是你一生一世的保障、丰盛的救恩、智慧和知识; 敬畏耶和华就是你的至宝。
7 看哪! 他们的勇士在街上呼叫; 和平的使者在痛苦哭泣。
8 大路荒凉, 过路的人绝迹; 敌人背约, 藐视约章, 不尊重任何人。
9 大地悲哀衰残, 黎巴嫩羞惭枯干; 沙仑好像荒原, 巴珊和迦密的树木凋零。
10 耶和华说: "现在我要起来, 现在我要兴起, 现在我要被人尊崇。
11 你们所怀的是糠秕, 所生的是碎秸; 我的气息必像火一般吞灭你们。
12 众民必像燃烧的石灰, 又像被割下的荆棘, 在火中焚烧。
13 远方的人哪! 你们要听我所作的事; 近处的人哪! 你们要承认我的大能。"
14 在锡安的罪人都恐惧; 战兢抓住了不敬虔的人: "我们中间谁能与吞灭一切的火同住呢?我们中间谁能与不断燃烧的火同住呢?"
15 那行事公义, 说话正直, 拒绝不义的财利, 摇手不受贿赂, 塞耳不听血腥的事, 闭眼不看邪恶的事的,
16 这样的人必居住在高处, 他的保障必在坚固的磐石上, 他的粮食必有供应, 他的水源永不断绝。
17 你必亲眼看见王的荣美, 必看见辽阔之地。
18 你的心必默想已往的恐惧, 说: "那记数目的在哪里?那称贡银的在哪里?那数点城楼的在哪里呢?"
19 你必不再见那强暴的民了, 就是那说话深奥, 难以明白, 舌头结巴, 难以听懂的民。
20 你要看着锡安, 就是我们举行制定节期的城, 你必看见耶路撒冷, 是一个安全的居所, 一个不挪移的帐幕, 它的橛子永不会拔起来, 它的绳索也不会扯断。
21 在那里, 威严的耶和华必作我们江河宽渠溢流之地。必没有荡桨摇橹的船只能在其上往来, 威武的战船也不能经过。
22 因为耶和华是我们的审判者, 耶和华是我们的立法者, 耶和华是我们的君王, 他必拯救我们。
23 现在你的绳索虽然松开, 不能绑紧桅杆, 也不能扬起帆来, 但到那时, 许多掳物必被你们瓜分, 甚至瘸腿的也能把掠物掠去。
24 以色列的居民必不再说: "我有病"; 因为在其中居住的, 罪孽必得赦免。