1 In die sterfjaar van koning Uss¡a het ek die Here sien sit op 'n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.

2 Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg.

3 En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!

4 En die drumpelposte het gebewe van die geluid van die roepers, en die huis het vol rook geword.

5 Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is 'n man onrein van lippe en woon onder 'n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!

6 Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met 'n gloeiende kool in sy hand, wat hy met 'n tang van die altaar af geneem het,

7 en my mond daarmee aangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen.

8 Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.

9 En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie.

10 Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.

11 Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot 'n wildernis,

12 en die HERE die mense ver verwyder het en die verlatenheid groot is in die land.

13 En as nog 'n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting; maar soos by die terpentynboom en die eikeboom -- as hulle omgekap word -- 'n stomp oorbly, so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees.

1 乌西雅王去世那年, 我看见主坐在高高的宝座上, 他的衣裳垂下, 充满圣殿。

2 在他上面有撒拉弗侍立, 各有六个翅膀; 用两个翅膀遮脸, 两个翅膀遮脚, 两个翅膀飞翔。

3 他们彼此高呼着说: "圣哉! 圣哉! 圣哉! 万军之耶和华! 他的荣光充满全地。"

4 因呼叫者的声音, 门槛的根基震撼, 殿也充满了烟云。

5 那时我说: "我有祸了, 我灭亡了! 因为我是个嘴唇不洁的人, 又住在嘴唇不洁的人民中间, 又因为我亲眼看见了大君王万军之耶和华。"

6 有一个撒拉弗飞到我面前, 手里拿着烧红的炭, 是用火钳从祭坛上取来的。

7 他用炭沾我的口, 说: "看哪! 这炭沾了你的嘴唇, 你的罪孽就除掉, 你的罪恶就赦免了。"

8 我又听见主的声音说: "我可以差遣谁呢?谁肯为我们去呢?"我说: "我在这里, 请差遣我。"

9 他说: "你去告诉这子民, 说: ‘你们听了又听, 却不明白; 看了又看, 却不晓得。’

10 你要使这子民的心思迟钝, 耳朵不灵, 眼睛昏暗, 免得他们眼睛看见, 耳朵听见, 心里明白, 回转过来, 得到医治。"

11 于是我说: "主啊, 这要到几时为止呢?"他回答说: "直到城镇荒凉, 无人居住; 房屋空置无人, 地土废弃荒凉。

12 耶和华要把人迁到远方, 在这境内必有很多被撇下的地土。

13 境内剩下的人, 虽然只有十分之一, 也必被消灭。但正如栗树和橡树, 虽然被砍下, 树的余干还存留在那里。这圣洁的苗裔, 就是这国的余干。"