1 Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het!
2 So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesurun wat Ek uitverkies het!
3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.
4 En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.
5 Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem.
6 So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
7 En wie roep soos Ek -- laat hom dit dan te kenne gee en aan My voorlê -- vandat Ek die volk van die ou tyd gegrond het? En laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur, te kenne gee.
8 Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie? En julle is my getuies! Is daar 'n God buiten My? Ja, daar is geen rotssteen nie; Ek ken geeneen nie.
9 Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid, en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies -- die sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan.
10 Wie maak 'n god en giet 'n beeld wat geen voordeel aanbring nie?
11 Kyk, al sy aanhangers sal beskaamd staan; en die ambagsmanne is uit die mense! Laat hulle almal bymekaarkom, gaan staan, verskrik wees, tesame beskaamd staan!
12 Die ystersmid het 'n byl en werk in die gloed; en hy maak hom met hamers en bewerk hom met sy sterk arm; daarby word hy honger en het geen krag nie; drink hy geen water nie, dan word hy moeg.
13 Die timmerman span 'n lyn; hy trek hom af met 'n potlood; hy bewerk hom met skawe en teken hom met 'n passer en maak hom na die beeltenis van 'n man, na die skoonheid van 'n mens, om in 'n huis te woon.
14 Een gaan sederbome afkap, en hy neem 'n steeneik of 'n eikeboom en laat een vir hom opgroei onder die bome van die bos. Hy het 'n pynboom geplant, en die reën het dit grootgemaak.
15 Dan dien dit die mens as brandhout, en hy neem daarvan en maak hom warm; ook steek hy dit aan die brand en bak brood; ook maak hy daar 'n god van en buig hom daarvoor neer; hy maak daar 'n gesnede beeld van en kniel daarvoor neer.
16 Die helfte daarvan het hy in die vuur verbrand: by die een helfte eet hy vleis, hy maak braaivleis klaar en word versadig; ook maak hy hom warm en sê: Ha, ek het warm geword, ek het vuur gesien!
17 En van wat oor is, maak hy 'n god, sy gesnede beeld; hy kniel daarvoor neer en buig hom en aanbid dit en sê: Red my, want u is my god!
18 Hulle weet nie en verstaan nie, want hulle oë is toegesmeer, sodat hulle nie sien nie, hulle harte, sodat hulle nie verstaan nie;
19 en niemand neem dit ter harte nie, en daar is geen kennis of verstand om te sê nie: Die helfte daarvan het ek verbrand in die vuur, en ook het ek op die kole daarvan brood gebak; ek het vleis gebraai en geëet; en sal ek van die oorblyfsel daarvan 'n gruwel maak? Sal ek neerkniel voor 'n stuk hout?
20 Hy wat hom besig hou met as, 'n bedroë hart het hom verlei; sodat hy sy siel nie kan red, of kan sê nie: Is daar geen leuen in my regterhand nie?
21 Dink aan hierdie dinge, o Jakob en Israel! Want jy is my kneg; Ek het jou geformeer; jy is my kneg, Israel! Jy sal deur My nie vergeet word nie.
22 Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel en jou sondes soos 'n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos.
23 Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel.
24 So sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei -- wie was met My? --
25 wat die tekens van die leuenprofete vernietig en die waarsêers tot dwase maak; wat die wyse agteruit laat wyk en hulle kennis domheid maak;
26 wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskappers volbring; wat van Jerusalem sê: Dit moet bewoon word; en van die stede van Juda: Hulle moet herbou word, en Ek sal sy puinhope oprig;
27 wat vir die diepte sê: Verdroog! en jou riviere sal Ek laat verdroog;
28 wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy van Jerusalem sê: Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.
1 "但现在, 我的仆人雅各, 我所拣选的以色列啊! 你要听。
2 那创造你, 从母胎里就塑造了你, 又要帮助你的耶和华这样说: 我的仆人雅各啊! 我所拣选的耶书仑啊! 你不要惧怕。
3 因为我要把水浇灌干渴之处, 把河水浇灌干旱之地; 我必把我的灵浇灌你的后裔, 把我的福降给你的子孙。
4 他们要像从草中生长起来, 又像溪水旁的柳树。
5 这个必说: ‘我是属耶和华的’; 那个也必以雅各的名称呼自己; 另一个必亲手写上‘我是属耶和华的’, 并且要以以色列的名字替自己命名。"
6 耶和华以色列的王、以色列的救赎主、万军之耶和华这样说: "我是首先的, 我是末后的; 除我以外, 再没有真神。
7 谁像我呢?让他宣告, 让他述说, 又在我面前陈明吧! 自从我设立古时的子民, 未来的事和将要发生的事, 让他们把它们述说出来吧!
8 你们不要惊惶, 也不要惧怕。我不是老早就说了给你们听, 告诉了你们吗?你们就是我的见证人。除我以外, 还有真神吗?没有别的磐石; 我一个也不知道。"
9 制造偶像的人, 尽都是虚空的, 他们所喜爱的, 都没有益处。他们的见证人, 一无所见, 一无所知, 以致他们蒙羞。
10 谁制造神像, 或铸造偶像, 不想得到益处呢?
11 看哪! 所有与它同伙的都必蒙羞; 工匠也不过是人罢了。让他们都集合起来, 都站立起来; 让他们都惧怕, 都一同蒙羞。
12 铁匠先用工具在铁上雕刻, 然后在火炭中加工, 再用锤子把铁锤成形状, 用他有力的膀臂锤成。他若饥饿, 就没有力量; 他若不喝水, 就疲乏。
13 木匠拉线, 用笔画出轮廓, 用刨子刨平, 用圆规画出模样, 做成人的形状, 有人一般的美丽, 好住在庙里。
14 他为自己砍伐香柏树, 或选取榆树和橡树, 让它在树林中长起来; 他栽种松树, 让雨水使它长大。
15 人可以用这树作燃料, 可以拿来生火取暖, 又可以烧着烤饼; 人竟然用它做神像敬拜, 他做了雕刻的偶像, 又向它叩拜。
16 他把木头的一半放在火里燃烧; 在上面烤肉; 吃了烤肉, 并且吃饱了, 就自己烤火取暖, 说: "哈哈! 我暖和了, 我看见火了。"
17 他用剩下来的一半做了一个神像, 就是他雕刻的偶像, 他向它俯伏, 向它敬拜, 又向它祷告, 说: "求你救我, 因为你是我的神。"
18 他们并不知道, 也不明白; 因为耶和华闭住他们的眼睛, 使他们不能看见, 塞住他们的心, 使他们不能明白。
19 没有人细心思想, 也没有人有知识有聪明说: "我把木头的一半放在火里燃烧, 我也在炭火上烘过饼, 烤过肉吃, 剩下的, 我却用来做了一个可憎之物, 我要向木头叩拜吗?"
20 他所追求的只是灰尘, 被迷惑了的心使他偏离正道了; 他不能救自己, 也不会说: "在我的右手中不是有个假神吗?"
21 雅各和以色列啊! 要记念这些话, 因为你是我的仆人。我造了你, 是要你作我的仆人; 以色列啊! 你必不会被我忘记。
22 我涂抹了你的过犯, 像密云消散; 我涂抹了你的罪恶, 如薄云灭没, 你当归向我, 因为我救赎了你。
23 诸天啊! 你们要欢呼, 因为耶和华作成了这事。地的深处啊! 你们要吶喊。群山啊! 你们要发声欢呼。树林和其中所有的树啊! 你们都当这样。因为耶和华救赎了雅各, 他要借着以色列使自己得荣耀。
24 你的救赎主, 就是那在母胎中就造了你的耶和华这样说: "我耶和华是创造万物的, 我是独自展开诸天, 铺张大地的。
25 我使说假话者的兆头失效, 使占卜者都变成愚昧人; 我使有智慧的人后退, 使他们的知识变为愚拙。
26 我使我仆人的话实现, 使我使者的谋算成就。我对耶路撒冷说: ‘你必有人居住。’对犹大的城镇说: ‘你们要再被建造起来, 至于其中的废墟, 我必重建它们。’
27 我对深渊说: ‘你干了吧, 我必使你的江河干涸! ’
28 我对古列说: ‘我的牧人; 他必成就我所喜悦的一切。’他要对耶路撒冷说: ‘你必被重建起来! ’他必对圣殿说: ‘你的根基要奠定! ’"