1 Kom nader, o volke, om te hoor; en nasies, luister! Laat die aarde hoor, en die volheid daarvan, die wêreld en alles wat daaruit voortkom.

2 Want die toorn van die HERE is oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word.

3 En hulle gesneuweldes sal weggewerp word, en die stank van hulle lyke gaan op, en die berge smelt van hulle bloed.

4 En al die leërskare van die hemel vergaan, en die hemel word inmekaar gerol soos 'n boek en al sy leërskare val af soos 'n blad van die wingerdstok afval en soos vye afval van die vyeboom.

5 Want my swaard het dronk geword in die hemel; kyk, dit kom af op Edom en op die volk van my banvloek, om geoordeel te word.

6 Die swaard van die HERE is vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; want die HERE het 'n slagoffer in Bosra en 'n groot slagting in die land Edom.

7 Dan val die buffels saam met hulle, en die jong stiere saam met die stiere; en hulle land word dronk van bloed, en hulle stof versadig van vet.

8 Want die HERE hou 'n dag van wraak, 'n jaar van vergelding in die regsaak van Sion.

9 En sy strome sal in pik verander word en sy stof in swawel, en sy land sal brandende pik word.

10 Dit sal snags of oordag nie uitgeblus word nie; vir ewig gaan sy rook op; van geslag tot geslag lê dit woes, vir altyd en ewig trek niemand daardeur nie.

11 Maar die pelikaan en die krimpvarkie neem dit in besit, en die uil en die kraai woon daarin. En Hy sal die riglyn van woestheid daaroor span en die skietlood van vormloosheid.

12 Sy edeles -- daar sal hulle geen koninkryk meer uitroep nie, en met al sy vorste is dit gedaan.

13 En sy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. En dit sal 'n lêplek van jakkalse, 'n verblyf vir die volstruise wees.

14 En boskatte kom wildehonde teë, en veldduiwels ontmoet mekaar; ook woon die naggees daar in vrede en vind 'n rusplek vir hom.

15 Daar maak die pylslang sy nes en lê eiers en broei dit uit en koester haar kleintjies daar in die skaduwee; ook sal die kuikendiewe daar bymekaarkom, die een by die ander.

16 Soek in die boek van die HERE en lees! Nie een van hierdie wesens ontbreek nie, die een mis die ander nie; want my mond -- die het dit beveel, en sy Gees -- die het hulle bymekaargebring.

17 En Hy het vir hulle die lot gewerp, en sy hand het die land aan hulle met die meetsnoer uitgedeel; tot in ewigheid sal hulle dit besit, van geslag tot geslag daarin woon.

1 列国啊, 要近前来听! 众民哪, 要留心听! 地和地上所充满的, 世界和其中所出的一切, 都要听!

2 因为耶和华向列国发怒, 向他们所有的军队发烈怒, 要把他们灭尽, 要把他们交出来受屠杀。

3 他们被杀的必被拋弃在外面, 尸体的臭气上腾, 众山都被他们的血所溶化。

4 天上的万象都必消残; 天也像书卷一般被卷起, 所有星宿也必衰残, 像葡萄树的叶子衰残一样, 又像无花果树的叶子凋落一样。

5 因为我的刀在天上已经喝足了, 看哪! 它要落在以东, 以及我决定要灭绝的民身上, 为要施行审判。

6 耶和华的刀染满了血, 这刀因脂肪、羊羔和公山羊的血, 以及公绵羊腰子的脂肪而滋润, 因为耶和华在波斯拉有杀牲献祭的事, 在以东地有大屠杀。

7 野牛、牛犊与壮牛要与他们一同倒下, 他们的地喝足了血, 他们的尘土因脂肪而肥润。

8 因为耶和华有报仇的日子, 为锡安的案件, 必有报应之年。

9 以东的河水都要变成石油, 它的尘土必变成硫磺, 它的地土要变成烧着的石油,

10 昼夜不熄, 烟气永远上腾, 并且必世世代代变为荒凉, 永永远远无人经过。

11 但鹈鹕与箭猪要占据那地, 猫头鹰和乌鸦必住在其中。耶和华必把空虚的准绳、混沌的线铊, 拉在其上。

12 它的显贵一个也没有了, 以致不能称为一国, 所有的领袖也没有了。

13 以东的宫殿必长荆棘, 它的堡垒必长蒺藜和刺草; 它要作野狗的住处, 作鸵鸟的居所。

14 旷野的走兽必与豺狼相遇, 野山羊必呼喊它的同伴; 连夜间的怪物也必在那里栖身, 为自己寻找休息的地方。

15 箭蛇要在那里筑窝、下蛋、孵蛋, 并且聚子在它的阴影下; 鹞鹰也各与自己的伴偶, 聚集在那里。

16 你们要查考和阅读耶和华的书卷; 这些都无一缺少, 也没有一个是没有伴偶的, 因为他的口已吩咐了, 他的灵已把它们聚集。

17 他也为它们抽签, 他的手用准绳给它们分地; 它们必永远得着那地, 也要世世代代住在其中。