1 Verder het die HERE aan my gesê: Neem vir jou 'n groot tafel en skrywe daarop met 'n mensegriffel: Netnou is daar buit, gou is daar roof;

2 en Ek wil vir My vertroubare getuies neem: Ur¡a, die priester, en Sagar¡a, die seun van Jeber,gja.

3 En ek het na die profetes gekom, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en die HERE het vir my gesê: Noem hom: Netnou is daar buit, gou is daar roof.

4 Want voordat die seuntjie kan roep: Vader! of: Moeder! sal hulle die rykdom van Damaskus en die buit van Samar¡a voor die koning van Assur bring.

5 Verder het die HERE nog met my gespreek en gesê:

6 Omdat hierdie volk die waters van Siloa verag wat saggies vloei, en daar vreugde is saam met Resin en die seun van Rem lia --

7 kyk, daarom sal die Here oor hulle laat opkom die sterk en magtige waters van die Eufraat -- die koning van Assur en al sy heerlikheid -- en hy sal bo al sy beddings styg en gaan oor al sy walle;

8 en hy sal in Juda indring, instroom en oorloop; tot die nek toe sal hy kom; en die uitbreidinge van sy vlerke sal u land in sy breedte vul, o Imm nuel!

9 Maak geraas, o volke, en -- stort inmekaar; en luister, alle ver plekke van die aarde! Gord julle en -- stort inmekaar; gord julle en -- stort inmekaar.

10 Neem 'n besluit, en dit sal verydel word; maak 'n afspraak, en dit sal nie tot stand kom nie; want God is met ons!

11 Want so het die HERE met my gespreek toe sy hand my oorweldig het en Hy my vermaan het om nie te wandel op die weg van hierdie volk nie, met die woorde:

12 Julle mag nie alles 'n sameswering noem wat hierdie volk 'n sameswering noem nie, en julle mag nie bevrees wees vir wat hulle vrees, of verskrik wees nie.

13 Die HERE van die leërskare -- Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!

14 Dan sal Hy vir julle 'n heiligdom wees, maar 'n klip waar 'n mens teen stamp en 'n rots waar 'n mens oor struikel, vir die twee huise van Israel, 'n vangnet en 'n strik vir die inwoners van Jerusalem.

15 En baie onder hulle sal struikel en val en verbreek en verstrik en gevang word.

16 Bind die getuienis toe, verseël die wet in die hart van my leerlinge.

17 En ek sal wag op die HERE, wat sy aangesig verberg vir die huis van Jakob, en op Hom hoop.

18 Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het -- tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.

19 En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel -- moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?

20 Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dageraad het nie.

21 Dan sal hulle deur die land trek, beswaard en honger; en as hulle honger het, sal hulle in toorn uitbreek en hulle koning en hulle God vloek; dan sal hulle na bo kyk,

22 ook die aarde aanskou, en kyk, daar sal benoudheid en duisternis wees! In jammernag en donkerheid is hulle gedrywe. [ (Isaiah 8:23) Want nie langer sal dit donker wees daar waar benoudheid is nie: in die eerste tyd het Hy die land S,bulon en die land N ftali in veragting gebring, en in die laaste tyd bring Hy tot eer die weg na die see, die oorkant van die Jordaan, die streek van die heidene. ]

1 耶和华对我说: "你拿一块大版, 用通用的文字写上‘玛黑珥.沙拉勒.哈施.罢斯’("玛黑珥.沙拉勒.哈施.罢斯"意即"赶快掳掠, 急速夺取")。

2 我要叫两个诚实的见证人, 就是乌利亚祭司和耶比利家的儿子撒迦利亚, 来为我作见证。"

3 我亲近了女先知, 就是我妻子, 她就怀孕生子。耶和华对我说: "给他起名叫‘玛黑珥.沙拉勒.哈施.罢斯’,

4 因为在这孩子晓得喊叫父母以先, 大马士革的财宝和撒玛利亚的掳物, 必在亚述王面前被搬了去。"

5 耶和华又再告诉我说:

6 "这子民既然厌弃了西罗亚缓流的水, 却喜悦利汛和利玛利的儿子,

7 因此, 主必使大河又强又大的水临到他们, 就是亚述王和他一切威荣, 水必涨起来, 高过所有的水道; 水要泛滥, 漫过所有的河岸;

8 然后必冲入犹大, 涨溢泛滥, 直到颈项, 以马内利啊! 它展开的翅膀必遮遍你广阔的地土。"

9 列国之民啊! 你们尽管作恶, 但你们终必毁灭! 所有在远处的人民啊, 要留心听! 你们尽管束腰吧, 你们终必毁灭! 你们尽管束腰吧, 你们终必毁灭!

10 你们尽管计划阴谋吧, 这些终必失败; 你们尽管提议吧, 这些终必不能成立, 因为 神与我们同在。

11 耶和华以大能的手托住我, 教导我不要走这子民所走的道路; 他对我这样说:

12 "这子民所称为阴谋的, 你们都不要称为阴谋; 他们所怕的, 你们不要怕, 也不要畏惧。

13 你们要尊万军之耶和华为圣, 他是你们当怕的, 也是你们当畏惧的。

14 他必向信靠他的人作圣所, 却向以色列两家作绊脚的石头、跌人的磐石; 又向耶路撒冷的居民作陷阱和网罗。

15 许多人必在其上绊跌、仆倒、跌碎, 并且陷入网罗被捉住。"

16 你要卷起律法书, 在我的门徒中间封住训诲。

17 我要等候那掩面不顾雅各家的耶和华, 我要仰视他。

18 看哪! 我和耶和华赐给我的孩子, 在以色列中作预兆与奇迹, 都是从住在锡安山的万军之耶和华来的。

19 有人对你们说: "要求问那些交鬼的和行巫术的, 就是那些喃喃细语的人。"一族之民不应当求问自己的 神吗?他们怎能为活人求问死人呢?

20 他们应当求问 神的训诲和法度; 他们若不照着这些准则说话, 就见不到曙光。

21 他们必经过这地, 受困迫、受饥饿; 他们饥饿的时候, 就恼怒, 咒骂自己的王和自己的 神;

22 他们仰脸向天观望, 又俯视大地, 只见困苦、黑暗、可怕的幽暗; 他们必被赶入幽黑的黑暗中。