1 En toe koning Hisk¡a dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met 'n roukleed bedek en in die huis van die HERE gegaan.

2 Daarna stuur hy ljakim, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters, met rouklere bedek, na die profeet Jesaja, die seun van Amos.

3 En hulle sê vir hom: So sê Hisk¡a: Vandag is 'n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het tot by die geboorte gekom, maar daar is geen krag om te baar nie.

4 Miskien sal die HERE u God die woorde hoor van die r bsake wat deur sy heer, die koning van Assirië, gestuur is om die lewende God te smaad, en sal Hy hom straf oor die woorde wat die HERE u God gehoor het; hef dan 'n gebed op vir die oorblyfsel wat nog aanwesig is.

5 En toe die dienaars van koning Hisk¡a by Jesaja kom,

6 sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die HERE: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.

7 Kyk, Ek sal 'n gees in hom gee, dat hy 'n gerug hoor en na sy land terugtrek; en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val.

8 Daarop het die r bsake teruggegaan en die koning van Assirië aangetref terwyl hy besig was om teen Libna te veg; want hy het gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het.

9 En toe hy van T¡rhaka, die koning van Kus, hoor sê: Hy het uitgetrek om teen u te veg -- toe hy dit hoor, stuur hy boodskappers na Hisk¡a met die opdrag:

10 So moet julle aan Hisk¡a, die koning van Juda, sê: Laat u God op wie u vertrou, u nie bedrieg nie deur te sê: Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.

11 Kyk, u het self gehoor wat die konings van Assirië aan al die lande gedoen het deur dit met die banvloek te tref, en sou u gered word?

12 Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered -- Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Tel ssar was?

13 Waar is die koning van Hamat en die koning van Arpad en die koning van die stad Sefarv im, van Hena en Iwa?

14 En toe Hisk¡a die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die HERE; en Hisk¡a het dit uitgesprei voor die aangesig van die HERE,

15 En Hisk¡a het tot die HERE gebid en gesê:

16 o HERE van die leërskare, God van Israel wat op die g,rubs troon! U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; U het die hemel en die aarde gemaak.

17 o HERE, neig u oor en luister! HERE, open u oë en kyk en hoor al die woorde van S nherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!

18 Waarlik, HERE, die konings van Assirië het al die lande en hulle gebied verwoes

19 en hulle gode in die vuur gegooi; want dit was geen gode nie, maar werk van mensehande, hout en klip -- daarom kon hulle die vernietig.

20 HERE onse God, verlos ons dan nou uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, HERE, dit alleen is.

21 Toe laat Jesaja, die seun van Amos, vir Hisk¡a weet: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat jy tot My gebid het aangaande S nherib, die koning van Assirië, het Ek gehoor.

22 Dit is die woord wat die HERE oor hom gespreek het: Die jonkvrou, die dogter van Sion, verag jou, bespot jou; agter jou skud die dogter van Jerusalem die hoof.

23 Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel!

24 Deur jou dienaars het jy die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek geklim op die hoogte van die berge, die uithoeke van die L¡banon, en ek wil sy statige seders, die keur van sy sipresse, omkap en deurdring tot sy uiterste hoogte, sy bos wat is soos 'n tuin.

25 k het gegrawe en water gedrink en laat met die sool van my voete al die strome van Egipte opdroog.

26 Het jy dit nie gehoor nie? Van lankal het Ek dit berei, van die dae van die voortyd af dit beskik. Nou het Ek dit laat kom, dat jy versterkte stede tot puinhope kom verwoes.

27 En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soos gras van die dakke en 'n koringland voordat dit are skiet.

28 Maar Ek ken jou sit en jou uitgang en jou ingang en hoe jy teen My raas.

29 Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het.

30 En dit sal vir jou die teken wees: Eet hierdie jaar wat vanself opslaan, en in die tweede jaar wat dan nog opkom; maar in die derde jaar -- saai en oes, en plant wingerde en eet die vrugte daarvan.

31 Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van Juda, weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe.

32 Want uit Jerusalem sal 'n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.

33 Daarom, so sê die HERE aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet nie en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opwerp nie.

34 Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die HERE.

35 En Ek sal hierdie stad beskut om dit te verlos, om My en om my kneg Dawid ontwil.

36 Toe het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van Assirië honderd vyf en tagtig duisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak -- was dit almal dooie liggame.

37 En S nherib, die koning van Assirië, het opgebreek en weggetrek en teruggegaan en in Ninev, gebly.

38 En toe hy hom neerbuig in die tempel van sy god Nisrog, het sy seuns Adramm,leg en Sar,ser hom met die swaard neergeslaan. Maar hulle het ontvlug na die land Ararat; en sy seun Esar-Haddon het koning geword in sy plek.

1 希西家王听见了, 就撕裂衣服, 披上麻布, 进了耶和华的殿。

2 他差派管家以利亚敬、书记舍伯那和祭司中的长老, 都披上麻布, 去见亚摩斯的儿子以赛亚先知。

3 他们对他说: "希西家这样说: ‘今日是急难、责罚和凌辱的日子, 就像婴孩快要出生的时候, 却没有气力生出来一样。

4 也许耶和华你的 神听见拉伯沙基的话, 就是他的主人亚述王派他来辱骂永活的 神的话; 耶和华你的 神会因他所听见的话斥责他; 因此, 求你为余剩下来的人献上祷告。’"

5 希西家王的臣仆就去见以赛亚,

6 以赛亚对他们说: "要对你们的主人这样说: ‘耶和华这样说: 你不要因为听见亚述王的仆人亵渎我的话而害怕。

7 看哪! 我必使灵进入他里面, 以致他听见风声就归回本地; 我必使他在那里倒在刀下。’"

8 拉伯沙基回去的时候, 正遇见亚述王攻打立拿; 原来他早已听闻亚述王拔营离开了拉吉。

9 亚述王听到关于古实王特哈加的报告说: "他出来要与你争战"; 亚述王听见了, 就差派使者去见希西家, 说:

10 "你们要对犹大王希西家这样说: 不要给你所倚靠的 神欺骗你说: 耶路撒冷必不交在亚述王的手里。

11 你必定听过亚述列王向列国所行的, 就是把她们完全毁灭, 难道你还有救吗?

12 我列祖所毁灭的国, 有歌撒、哈兰、利色和在提.拉撒的伊甸人, 这些国的神曾拯救她们吗?

13 哈马的王、亚珥拔的王、西法瓦音城的王、希拿和以瓦的王, 现在都在哪里呢?"

14 希西家从使者手里接过信卷, 读完了, 就上耶和华的殿, 在耶和华面前把信卷展开。

15 希西家向耶和华祷告说:

16 "万军之耶和华, 以色列的 神, 坐在二基路伯中间的啊! 唯独你是地上万国的 神; 你创造了天地。

17 耶和华啊, 求你侧耳而听! 耶和华啊, 求你开眼察看! 要听西拿基立的一切话, 就是那差派使者来辱骂永活的 神的。

18 耶和华啊! 亚述列王果然使列国和他们的土地变成荒凉,

19 又把列国的神都扔进火中; 因为他们不是神, 只是人手所做的, 不过是木头和石头, 所以他们就灭绝了他们。

20 耶和华我们的 神啊! 现在求你拯救我们脱离亚述王的手, 使地上万国都知道唯有你耶和华是 神。"

21 亚摩斯的儿子以赛亚就派人去见希西家, 说: "耶和华以色列的 神这样说: ‘因为你向我祷告关于亚述王西拿基立的事,

22 耶和华就有以下的话攻击他, 说: 锡安的处女藐视你, 嗤笑你; 耶路撒冷的女子在你背后摇头。

23 你辱骂谁、亵渎谁?你扬起声音, 又高举眼目, 要攻击谁?就是攻击以色列的圣者。

24 你借着你的臣仆辱骂主; 你又说: 我率领我众多的战车上了群山的高峰, 到了黎巴嫩极深之处。我砍伐其中高大的香柏树和佳美的松树; 我去到极高之处, 进入肥田般的树林。

25 我挖井和喝水; 我用我的脚掌踏干埃及的河流。’

26 耶和华说: ‘难道你没有听见古时我所安排, 往昔所计划的吗?现在我才使它成就, 使坚固的城镇荒废, 变作乱堆。

27 因此, 其中的居民软弱无力, 惊惶羞愧, 像田间的蔬菜和青绿的草, 又像房顶上的草, 还没有长起来, 就干焦了。

28 你坐下, 你出, 你入, 你向我发烈怒, 我都知道。

29 因为你向我发烈怒, 又因你的狂傲达到我耳中, 我要把钩子放进你的鼻孔, 把嚼环放进你的嘴里, 使你从你来的路上回去。

30 希西家啊! 这要作你的兆头: 今年你们要吃自生的, 明年还要吃自长的, 后年你们就要撒种, 要收割, 要栽种葡萄园, 吃园中的果子。

31 犹大家所逃脱的余民, 必再向下扎根, 往上结果。

32 因为余下的人必从耶路撒冷出来, 逃脱的人必从锡安山出来。万军之耶和华的热心必作成这事。’

33 所以耶和华这样论到亚述王, 说: ‘他必不会来到这城, 也不会在这里射箭; 不会拿着盾牌来到城前, 也不会筑土垒攻城。

34 他从哪条路来, 也必从那条路回去; 他必不得进入这城; 这是耶和华的宣告。

35 因我为自己的缘故, 又为我仆人大卫的缘故, 必保护这城, 拯救这城。’"

36 于是耶和华的使者出去, 在亚述营中击杀了十八万五千人; 到了早晨, 有人起来, 所见的都是死尸。

37 亚述王西拿基立就拔营离去, 返回本地, 住在尼尼微。

38 他在自己的神尼斯洛庙里叩拜的时候, 他的儿子亚得米勒和沙利色用刀杀了他, 然后逃到亚拉腊地。他的儿子以撒哈顿接续他作王。