1 In die dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Levi tan, die vinnige slang, en oor die Levi tan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.

2 In die dag sal daar wees 'n wingerd van skuimende wyn -- sing daarvan!

3 Ek, die HERE, bewaak dit: elke oomblik sal Ek hom bevogtig; Ek sal hom nag en dag bewaak, sodat niks hom kan tref nie.

4 Geen grimmigheid is by My nie. Kry Ek doring of distel, in oorlog sou Ek daarop aanval, dit alles saam verbrand.

5 Of hulle moet my beskutting aangryp, vrede met My maak, vrede met My maak.

6 In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wêreld vol vrugte sal maak.

7 Het Hy hom geslaan met die slag wat sy teëstander getref het? Of is hy gedood met 'n slagting soos die wat deur Hom gedood is?

8 Met mate het U met hom afgereken toe U hom verstoot het; Hy het hom verdrywe met sy geweldige wind op die dag van die oostewind.

9 Daarom sal hiermee die skuld van Jakob versoen word, en dit is die volle vrug van die wegneming van sy sonde: as hy al die altaarklippe maak soos verbryselde kalkklippe, die heilige boomstamme en die sonpilare nie meer oprys nie.

10 Want die versterkte stad is eensaam, 'n woning wat ontvolk en verlate is soos die woestyn; daar wei kalwers en daar lê hulle, en hulle eet sy takke af.

11 As sy takke verdor het, word hulle afgebreek; vroue kom en steek dit aan die brand; want dit is 'n volk sonder verstand. Daarom sal hulle Maker Hom nie oor hulle ontferm nie en sal hulle Formeerder aan hulle geen genade bewys nie.

12 En in die dag sal die HERE vrugte afslaan, van die stroom van die Eufraat af tot by die spruit van Egipte, en julle sal ingesamel word, een vir een, o kinders van Israel!

13 En in die dag sal daar met 'n groot basuin geblaas word; dan sal kom die wat verlore is in die land Assur en die wat verdryf is in Egipteland, en hulle sal die HERE aanbid op die heilige berg in Jerusalem.

1 到那日, 耶和华要施用他锐利、巨大和有力的刀, 惩罚鳄鱼, 就是那快行的蛇; 惩罚鳄鱼, 就是那曲行的蛇; 并且要杀海中的大龙。

2 到那日, 有个出酒的葡萄园, 你们必指着这园歌唱说:

3 "我耶和华是看守葡萄园的; 我时刻浇灌着它, 并且为免有人毁坏它, 我日夜都看守着。

4 我再没有忿怒, 若荆棘和蒺藜与我交战, 我就上前践踏它们, 把它们全部焚毁。

5 除非他们抓住我作他们的避难所, 与我和好, 与我和好。"

6 在将来的日子里, 雅各要扎根, 以色列要发芽开花, 他们的果实必遍布地面。

7 耶和华击打以色列人, 岂像击打那些击打他们的呢?主杀戮以色列人, 岂像杀戮那些杀戮他们的呢?

8 不, 你只是渐渐地, 借着他们被掳与他们相争; 在吹东风的日子, 就用暴风把他们逐去。

9 借此, 雅各的罪孽才得赦免; 他的罪过得以除掉的条件全都在于此, 就是他叫祭坛上所有的石头都变为破碎的灰石, 使亚舍拉和香坛不再竖立。

10 坚固的城变为凄凉, 成了被撇下、被放弃的居所, 像旷野一样; 牛犊必在那里吃草, 在那里躺卧, 并且吃尽那里的树枝。

11 枝条枯干了, 就必被折断; 妇女必来, 拿去生火, 因为这人民愚昧无知, 所以他们的创造主不怜悯他们, 那造成他们的, 不向他们施恩。

12 到那日, 耶和华要从幼发拉底的溪流, 直到埃及小河, 收集他的谷物; 以色列人哪! 你们必一个一个被捡拾回来。

13 到那日, 必有大号角吹响, 那些在亚述地快要灭亡的, 以及那些被赶散在埃及地的, 都要前来, 在耶路撒冷的圣山上敬拜耶和华。