1 In die dae toe daar 'n baie groot menigte was en hulle niks gehad het om te eet nie, het Jesus sy dissipels na Hom geroep en vir hulle gesê:
2 Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie.
3 En as Ek hulle honger huis toe stuur, sal hulle op die pad beswyk, want sommige van hulle kom van ver.
4 En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan sal 'n mens hulle hier in die woestyn kan versadig met brood?
5 Toe vra Hy hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle sê: Sewe.
6 En Hy gee aan die skare bevel om op die grond te gaan sit; daarop neem Hy die sewe brode, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels om dit voor te sit; en hulle sit dit aan die skare voor.
7 Hulle het ook 'n paar vissies gehad; en nadat Hy gedank het, sê Hy dat hulle dit ook moet voorsit.
8 En hulle het geëet en versadig geword en die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.
9 En die wat geëet het, was omtrent vier duisend. En Hy het hulle weggestuur.
10 En dadelik het Hy met sy dissipels in die skuit geklim en in die streke van Dalmanuta gekom.
11 En die Fariseërs het uitgegaan en met Hom begin redetwis en van Hom 'n teken uit die hemel gevra om Hom te versoek.
12 Toe sug Hy swaar in sy gees en sê: Waarom begeer hierdie geslag 'n teken? Voorwaar Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.
13 En Hy het hulle verlaat en weer in die skuit geklim en na die oorkant gegaan.
14 En hulle het vergeet om brode saam te neem, en het net een brood by hulle in die skuit gehad.
15 En Hy het hulle beveel en gesê: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.
16 Toe redeneer hulle onder mekaar en sê: Dit is omdat ons geen brode het nie.
17 En Jesus merk dit en sê vir hulle: Waarom redeneer julle dat julle geen brode het nie? Begryp julle nie en verstaan julle nie? Het julle nog jul verharde hart?
18 Het julle oë en sien julle nie? En het julle ore en hoor julle nie?
19 En onthou julle nie toe Ek die vyf brode vir die vyf duisend gebreek het, hoeveel mandjies vol brokstukke julle opgetel het nie? Hulle sê vir Hom: Twaalf.
20 En die sewe vir die vier duisend -- hoeveel mandjies vol brokstukke het julle opgetel? En hulle sê: Sewe.
21 Toe sê Hy vir hulle: Hoe verstaan julle dan nie!
22 En Hy het in Bets ida gekom, en hulle het 'n blinde man na Hom gebring en Hom gesmeek om hom aan te raak.
23 Hy neem toe die blinde by die hand en lei hom uit buitekant die dorp; en nadat Hy in sy oë gespuug en hom die hande opgelê het, vra Hy hom of hy iets sien.
24 En hy kyk op en sê: Ek sien die mense, want ek sien hulle soos bome rondloop.
25 Daarna lê Hy weer die hande op sy oë en laat hom opkyk, en hy is herstel en het almal van ver af duidelik gesien.
26 En Hy het hom na sy huis gestuur en gesê: Moenie in die dorp gaan of dit aan iemand in die dorp vertel nie.
27 En Jesus en sy dissipels het uitgegaan na die dorpe van Cesar,a-Fil¡ppi; en op die pad vra Hy sy dissipels en sê vir hulle: Wie sê die mense is Ek?
28 En hulle antwoord: Johannes die Doper, en ander: El¡a, en ander: Een van die profete.
29 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê vir Hom: U is die Christus.
30 En Hy het hulle streng beveel om niemand van Hom te vertel nie.
31 Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en n drie dae opstaan.
32 En hierdie woord het Hy ronduit gespreek. En Petrus het Hom opsy geneem en Hom begin bestraf.
33 Maar Hy het Hom omgedraai, en terwyl Hy sy dissipels aankyk, het Hy Petrus bestraf en gesê: Gaan weg agter My, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar die van die mense.
34 En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
35 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.
36 Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?
37 Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?
38 Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.
1 那些日子, 又有一大群人聚集, 他们没有什么东西吃。耶稣叫门徒来, 对他们说:
2 "我怜悯这一群人, 因为他们和我在一起已经有三天, 没有什么吃的了。
3 如果我叫他们散开, 饿着肚子回家去, 他们会在路上晕倒, 因为有人是从很远的地方来的。"
4 门徒回答: "在这旷野地方, 从哪里能找食物叫这些人吃饱呢?"
5 他问他们: "你们有多少饼?"他们说: "七个。"
6 耶稣吩咐群众坐在地上; 拿起那七个饼, 祝谢了, 擘开递给门徒, 叫他们摆开; 门徒就摆在众人面前,
7 他们还有几条小鱼, 耶稣祝了福, 就吩咐把这些也摆开。
8 众人都吃了, 并吃饱了。他们把剩下的零碎收拾起来, 装满了七个大篮子。
9 当时人数约有四千。耶稣解散了群众,
10 就立刻和门徒上了船, 来到大玛努他地区。
11 法利赛人出来, 跟耶稣辩论; 他们想试探他, 求他显个从天上来的神迹。
12 耶稣灵里深深地叹息, 说: "这世代为什么总是寻求神迹?我实在告诉你们, 决不会有神迹显给这个世代的! "
13 于是他离开他们, 又上船往对岸去了。
14 门徒忘了带饼, 船上除了一个饼, 身边没有别的了。
15 耶稣嘱咐他们说: "你们要小心, 提防法利赛人的酵和希律的酵! "
16 门徒彼此议论说: "这是因为我们没有饼吧?"
17 耶稣知道了, 就说: "为什么议论没有饼这件事呢?你们还不知道, 还不明白吗?你们的心还是这么迟钝吗?
18 你们有眼不能看, 有耳不能听吗?你们不记得吗?
19 我擘开那五个饼给五千人吃, 你们收拾的零碎装满了几个篮子呢?"他们说: "十二个。"
20 "那七个饼分给四千人吃, 你们收拾的零碎装满了几个大篮子呢?"他们说: "七个。"
21 耶稣说: "你们还不明白吗?"
22 后来他们到了伯赛大, 有人带了一个瞎眼的人到他跟前, 求耶稣摸他。
23 耶稣拉着他的手, 领他到村外, 吐唾沫在他的眼睛上, 又用双手按在他的身上, 问他: "你看见什么没有?"
24 他往上一看, 说: "我看见人了! 看见他们好像树走来走去。"
25 于是耶稣再按手在他的眼睛上, 他定睛一看, 就复原了, 样样都看得清楚了。
26 耶稣叫他回家去, 说: "连这村子你也不要进去。"
27 耶稣和门徒出去, 要到该撒利亚.腓立比附近的村庄。在路上他问门徒说: "人说我是谁?"
28 他们回答: "有人说是施洗的约翰; 有人说是以利亚; 还有人说是先知里的一位。"
29 他又问他们说: "那么你们呢?你们说我是谁?"彼得回答: "你就是基督。"
30 耶稣郑重地嘱咐他们, 不要把他的事告诉人。
31 于是他教导他们, 人子必须受许多苦, 被长老、祭司长和经学家弃绝、杀害, 三天后复活。
32 耶稣坦白地说了这话, 彼得就把他拉到一边, 责怪他。
33 耶稣转过身来, 望着门徒, 斥责彼得说: "撒但, 退到我后面去! 因为你不思念 神的事, 只思念人的事。"
34 于是把众人和门徒都叫过来, 对他们说: "如果有人愿意跟从我, 就应当舍己, 背起他的十字架来跟从我。
35 凡是想救自己生命的, 必丧掉生命; 但为我和福音牺牲生命的, 必救了生命。
36 人就是赚得全世界, 却赔上自己的生命, 有什么好处呢?
37 人还能用什么换回自己的生命呢?
38 在淫乱罪恶的世代, 凡把我和我的道当作可耻的, 人子在他父的荣耀里, 和圣天使一起降临的时候, 也必把他当作可耻的。"