1 En toe hulle naby Jerusalem kom, by B,tfag, en Bet nië, aan die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels uit
2 en sê vir hulle: Gaan na daardie dorp reg voor julle; en dadelik as julle daar inkom, sal julle 'n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.
3 En as iemand vir julle sê: Waarom doen julle dit? moet julle antwoord: Die Here het hom nodig; en dadelik sal hy hom hierheen stuur.
4 En hulle het gegaan en die vul by die deur, buite op die straat, vasgemaak gevind en hom losgemaak.
5 Daarop sê sommige van die wat daar staan, vir hulle: Wat maak julle dat julle die vul losmaak?
6 En hulle antwoord hul soos Jesus beveel het. Toe laat hulle hul begaan.
7 En hulle het die vul na Jesus gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het op hom gaan sit.
8 Toe gooi baie mense hulle klere op die pad oop, en ander kap takke van die bome af en strooi dit op die pad.
9 En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
10 Geseënd is die koninkryk wat kom in die Naam van die Here, die koninkryk van ons vader Dawid! Hosanna in die hoogste hemele!
11 En Jesus het in Jerusalem gekom en in die tempel. En nadat Hy alles rondom bekyk het, en omdat dit al aand was, het Hy met die twaalf uitgegaan na Bet nië.
12 En die volgende dag, onderwyl hulle uit Bet nië gaan, het Hy honger gehad;
13 en toe Hy op 'n afstand 'n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan in die hoop om iets daaraan te vind; en toe Hy daarby kom, vind Hy niks as blare nie, want dit was nie die tyd van vye nie.
14 En Jesus spreek en sê vir hom: Laat niemand ooit in der ewigheid van jou 'n vrug eet nie! En sy dissipels het dit gehoor.
15 En hulle het in Jerusalem gekom; en toe Jesus in die tempel ingaan, begin Hy om die wat in die tempel verkoop en koop, uit te jaag; en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi;
16 en Hy het niemand toegelaat om enige voorwerp deur die tempel te dra nie.
17 En Hy het geleer en vir hulle gesê: Is daar nie geskrywe: My huis moet 'n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie? Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.
18 En die skrifgeleerdes en die owerpriesters het dit gehoor en gesoek hoe hulle Hom kon ombring; want hulle was bang vir Hom, omdat die hele skare verslae was oor sy leer.
19 En toe dit laat word, het Hy uitgegaan buitekant die stad.
20 En toe hulle vroeg in die môre verbygaan, sien hulle die vyeboom, verdroog van die wortels af.
21 En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog.
22 Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.
23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see -- en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur -- hy sal verkry net wat hy sê.
24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
25 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.
27 En hulle het weer in Jerusalem gekom. En terwyl Hy in die tempel rondwandel, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge na Hom
28 en sê vir Hom: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U die gesag gegee om dit te doen?
29 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra, en antwoord julle My, dan sal Ek julle vertel deur watter gesag Ek hierdie dinge doen.
30 Die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? Antwoord My.
31 En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel -- sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?
32 Maar as ons sê: Uit mense -- dan was hulle vir die volk bang, want almal het gedink dat Johannes werklik 'n profeet was.
33 En hulle antwoord en sê vir Jesus: Ons weet nie. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.
1 他们走近耶路撒冷, 到了伯法其和伯大尼, 来到橄榄山那里, 耶稣派了两个门徒,
2 对他们说: "你们往对面的村子里去, 一进去, 就会看见一头小驴拴在那里, 是没有人骑过的, 把它解开牵来。
3 如果有人问你们: ‘为什么这样作?’你们就说: ‘主需要它, 并且很快会送还到这里来。’"
4 门徒去了, 就发现一头小驴, 拴在门外的街上, 就把它解开。
5 站在那里的人有的问他们说: "你们为什么解它?"
6 门徒照着耶稣所说的话回答他们, 那些人就让他们牵走了。
7 门徒把小驴牵到耶稣那里, 把自己的衣服搭在上面, 耶稣就骑了上去。
8 许多人把衣服铺在路上, 还有人从田野里砍了些树枝也铺在路上。
9 前行后随的人都喊着说: "‘和散那’, 奉主名来的是应当称颂的!
10 那将要来临的, 我们祖先大卫的国是应当称颂的! 高天之上当唱‘和散那’! "
11 耶稣到了耶路撒冷, 进入圣殿, 察看了一切, 因为时候已经不早, 就和十二门徒出城往伯大尼去。
12 第二天他们从伯大尼出来, 耶稣饿了。
13 他远远看见一棵长满了叶子的无花果树, 就走过去, 看看是否可以在树上找到什么。到了树下, 除了叶子什么也找不着, 因为这不是收无花果的时候。
14 耶稣对树说: "永远再没有人吃你的果子了! "他的门徒也听见了。
15 他们来到耶路撒冷。耶稣进了圣殿, 就把殿里作买卖的人赶走, 又推倒找换银钱的人的桌子, 和卖鸽子的人的凳子;
16 不许人拿着器皿穿过圣殿。
17 他又教训众人说: "经上不是写着‘我的殿要称为万国祷告的殿’吗?你们竟把它弄成贼窝了。"
18 祭司长和经学家听见了, 就想办法怎样除掉耶稣, 却又怕他, 因为群众都希奇他的教训。
19 到了晚上, 他们就到城外去。
20 早晨, 他们经过的时候, 看见那棵无花果树连根都枯萎了。
21 彼得想起来就对耶稣说: "拉比, 请看, 你所咒诅的无花果树, 已经枯萎了。"
22 耶稣回答他们: "你们对 神要有信心("你们对 神要有信心"有些抄本作"如果你们对 神有信心")。
23 我实在告诉你们, 无论什么人对这座山说‘移开, 投到海里’, 只要他心里不怀疑, 相信他所说的一定能够成就, 就必给他成就。
24 所以我告诉你们, 凡是你们祷告祈求的, 只要相信能够得到, 就必得到。
25 你们站着祷告的时候, 如果有谁得罪了你们, 就该饶恕他, 好使你们的天父也饶恕你们的过犯。"
26 (有些抄本有第26节: "如果你们不饶恕人, 你们的天父也必不饶恕你们的过犯。")
27 他们又来到耶路撒冷。耶稣在殿里行走的时候, 祭司长、经学家和长老来到他跟前,
28 问他: "你凭什么权柄作这些事?谁给你权柄作这些事?"
29 耶稣对他们说: "我要问你们一句话, 你们回答了我, 我就告诉你们我凭什么权柄作这些事。
30 约翰的洗礼是从天上来的, 还是从人来的呢?你们回答我吧。"
31 他们就彼此议论: "如果我们说‘是从天上来的’, 他就会说‘那你们为什么不信他呢?’
32 如果我们说‘是从人来的’......"他们害怕群众, 因为众人都认为约翰的确是先知。
33 于是他们回答耶稣: "我们不知道。"耶稣对他们说: "我也不告诉你们我凭什么权柄作这些事。"