1 Hoor hierdie woord, koeie van Basan, wat op die gebergte van Samar¡a is! Wat die armes verdruk, die behoeftiges hard behandel; wat aan hulle here sê: Bring aan en laat ons drink!

2 Die Here HERE het gesweer by sy heiligheid: Kyk, daar sal dae oor julle kom dat hulle julle met hake sal optrek en die wat van julle oor is, met vishoeke.

3 En julle sal deur bresse in die muur uittrek, elkeen sonder om weg te kyk, en julle sal weggewerp word na Harmon, spreek die Here HERE.

4 Kom na Bet-el, en sondig! Na Gilgal, sondig nog meer! En bring julle slagoffers in die môre en julle tiendes al om die derde dag.

5 En laat van wat gesuurd is, 'n lofoffer rook, en roep vrywillige offers uit, laat dit hoor! Want so is dit na julle sin, kinders van Israel, spreek die Here HERE.

6 Alhoewel k julle reinheid van tande gegee het in al julle stede en broodsgebrek in al julle woonplekke -- nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

7 Alhoewel k die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het;

8 en twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les -- nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

9 Ek het julle met brandkoring en met heuningdou swaar getref, baie van julle tuine en julle wingerde en julle vyebome en julle olyfbome het die sprinkaan verslind -- nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

10 Ek het die pes onder julle gestuur, op die manier van Egipte; Ek het julle jongmanne met die swaard gedood saam met die wegvoering van julle perde; en Ek het die stank van julle laer laat opstyg, ja, tot in julle neus -- nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

11 Ek het julle omgekeer soos God Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos 'n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is -- nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

12 Daarom sal Ek so met jou handel, o Israel; omdat Ek so met jou sal handel -- maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!

13 Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, HERE, God van die leërskare, is sy Naam!

1 撒玛利亚山上的巴珊母牛啊! 要听这话; 你们欺负贫穷人, 压迫穷苦人, 又对自己的丈夫说: "拿酒来, 给我们饮用。"

2 主耶和华指着自己的圣洁起誓: "看哪! 对付你们的日子快到, 人必用钩子把你们钩走, 最后一个也必被人用鱼钩钩去。

3 你们一个一个经过城墙的破口出去, 被丢弃在哈门。"这是耶和华的宣告。

4 "你们去伯特利犯罪, 在吉甲增加过犯吧! 每早献上你们的祭物, 每三日献上你们的十分之一吧!

5 以色列人哪! 把有酵的饼作感谢祭献上, 高声宣扬你们自愿献的祭吧! 这原是你们喜爱行的。"这是主耶和华的宣告。

6 "虽然我使你们各城的人牙齿干净, 各处都缺乏粮食; 但你们仍不归向我。"这是耶和华的宣告。

7 "我曾在收割前三个月, 不降雨给你们; 我降雨给一个城, 在另一个城却不降雨; 我在一块地降雨, 另一块地没有雨水就枯干了。

8 两三个城的居民挤到一个城去找水喝, 却没有足够的水喝; 但你们仍不归向我。"这是耶和华的宣告。

9 "我曾多次用热风和霉烂击打你们的园子和葡萄园, 叫蝗虫吃光你们的无花果树和橄榄树; 但你们仍不归向我。"这是耶和华的宣告。

10 "我在你们中间降下瘟疫, 正如临到埃及的瘟疫一样; 我用刀杀掉你们的年轻人, 你们被掳去的马匹也遭杀戮; 我使你们营里死尸的臭气扑鼻, 但你们仍不归向我。"这是耶和华的宣告。

11 "我倾覆你们, 就像倾覆所多玛和蛾摩拉一样; 你们像一根木柴, 从火里抽出来; 但你们仍不归向我。"这是耶和华的宣告。

12 "因此, 以色列啊! 我必这样对付你。以色列啊! 因我必这样对付你, 你应当预备迎见你的 神。"

13 看哪! 他造了山, 创造了风, 把他的心意告诉人; 他造了晨光和黑暗, 他的脚踏在地的高处, 耶和华万军的 神就是他的名。