1 Hoor hierdie woord wat Ek oor julle as klaaglied aanhef, o huis van Israel!
2 Die jonkvrou van Israel het geval, sy sal nie weer opstaan nie; neergewerp lê sy op haar land, niemand rig haar op nie.
3 Want so sê die Here HERE: Die stad wat met duisend uitgetrek het, hou honderd oor; en die wat met honderd uitgetrek het, hou tien oor vir die huis van Israel.
4 Want so sê die HERE aan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!
5 Maar soek Bet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur na Bers,ba nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie.
6 Soek die HERE, dan sal julle lewe, sodat Hy nie teen die huis van Josef uitbreek soos 'n vuur wat verteer sonder dat iemand dit vir Bet-el kan blus nie.
7 Julle wat die reg in wilde-als verander en die geregtigheid teen die grond gooi!
8 Hy wat die Sewe-ster en die Or¡on gemaak het en die duisternis in môre lig verander en die dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde -- HERE is sy Naam!
9 Hy wat verwoesting laat aanblits oor die sterke, en verwoesting kom oor die vesting!
10 Hulle haat die man wat in die poort die reg handhaaf, en hulle het 'n afsku van hom wat in opregtheid spreek.
11 Daarom, omdat julle die arm man vertrap en van hom 'n heffing van koring neem, het julle huise van gekapte klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie.
12 Want Ek weet dat julle oortreding menigvuldig en julle sondes geweldig is, julle wat die vyande is van die regverdige, wat omkoopgeld aanneem en die behoeftiges wegstoot in die poort.
13 Daarom swyg die verstandige in so 'n tyd, want dit is 'n onheilspellende tyd.
14 Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en die HERE, die God van die leërskare, so met julle kan wees soos julle sê.
15 Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort -- miskien sal die HERE, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.
16 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare, die Here: Op al die pleine weeklag! En op al die strate sal hulle sê: Ag, ag! En hulle sal na die landbouer roep om te treur, en te weeklaag na die wat verstaan om treurliedere te sing.
17 Ook sal daar in al die wingerde weeklag wees wanneer Ek in jou midde deurtrek, sê die HERE.
18 Wee die wat na die dag van die HERE verlang! Wat sal tog die dag van die HERE vir julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie.
19 Soos wanneer iemand vlug vir 'n leeu, maar 'n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en 'n slang byt hom!
20 Is die dag van die HERE nie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder 'n ligstraal?
21 Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.
22 Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie.
23 Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.
24 Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.
25 Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel,
26 en ook gedra Sakkut, julle koning, en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het?
27 Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê die HERE wie se Naam God van die leërskare is.
1 以色列家啊! 要听这话, 就是我为你们唱的挽歌:
2 "童贞女以色列, 跌倒了, 不能再起来; 她被拋弃在自己的地上, 没有人扶她起来。"
3 因为主耶和华论以色列家这样说: "这城派兵一千, 剩下的只有一百; 出兵一百, 只剩下十个。"
4 耶和华对以色列家这样说: "寻求我, 就必存活;
5 不要去伯特利寻求我, 不要去吉甲, 也不要过去别是巴。因为吉甲必被掳掠, 伯特利必化为乌有。"
6 寻求耶和华, 就必存活, 免得他像火在约瑟家猛烈蔓延, 吞灭他们; 没有人能把伯特利的火扑灭。
7 他们使公正变为苦堇, 把公义弃于地上。
8 那创造昴星和参星, 把幽暗变为黎明, 把白日转为黑夜; 又吩咐海水, 把海水倒在地上的; 耶和华就是他的名。
9 是他使毁灭像闪电临到堡垒, 使毁灭临到坚固的城。
10 你们讨厌那在城门口主持公道的人, 恨恶说正直话的。
11 你们欺压穷人, 强征他们的五谷; 因此, 你们用琢磨过的石头建造房屋, 却不能住在其中; 你们栽种美好的葡萄园, 却不能喝园中的酒。
12 因为我知道你们的过犯众多, 罪大恶极; 你们迫害义人, 收受贿赂, 在城门口屈枉穷乏人;
13 为此, 聪明人在这时代缄默无声, 因这时代邪恶。
14 你们要寻求良善, 不要寻求邪恶, 这样才可以存活。耶和华万军的 神就必与你们同在, 正如你们所说的。
15 你们要喜爱良善, 恨恶邪恶, 在城门口伸张正义; 这样, 耶和华万军的 神或会恩待约瑟的余民。
16 因此, 主耶和华万军的 神这样说: "各广场充满哀恸的声音, 街上只听见‘苦啊! 苦啊! ’的喊声; 人要召农夫来哀哭, 召善于哭丧的人来哀喊。
17 所有葡萄园充满哀恸的声音, 因为我必在你们中间经过。"这是耶和华说的。
18 渴望耶和华日子来临的人, 你们有祸了! 耶和华的日子对你们有什么好处呢?那日是黑暗, 没有光明的日子。
19 那日就像一个人避过了狮子, 却遇上了熊; 回到家里, 手靠在墙上, 却被蛇咬。
20 耶和华的日子不是黑暗, 没有光明, 只有幽暗, 全无光辉吗?
21 我憎恨、厌恶你们的节期, 也不喜爱你们的节日。
22 虽然你们给我献上燔祭和素祭, 我却不接受。你们献上肥美的牲畜作平安祭, 我也不悦纳。
23 你们唱歌的吵声要远离我, 我不想听见你们的琴声。
24 但愿公正好像潮水滚流, 公义好像河水长流。
25 以色列家啊! 你们在旷野四十年, 有献燔祭和素祭给我吗?
26 你们抬着你们的神"撒固"王, 和你们的星神"迦温"的神像, 就是你们为自己所做的。
27 我必使你们被掳, 流亡到大马士革以外。这是耶和华说的, 万军的 神就是他的名。