1 En Hy het nog 'n maal by die see begin leer; en 'n groot menigte het by Hom saamgekom, sodat Hy in die skuit geklim en op die see gaan sit het, en die hele skare was op die land by die see.
2 En Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse en vir hulle in sy lering gesê:
3 Luister! 'n Saaier het uitgegaan om te saai.
4 En terwyl hy saai, het 'n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet.
5 En 'n ander deel het op 'n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie.
6 En toe die son opgaan, is dit verskroei; en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.
7 En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie.
8 En 'n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig-- en een sestig-- en een honderdvoudig.
9 En Hy sê vir hulle: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
10 En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra.
11 En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse,
12 sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.
13 En Hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan?
14 Die saaier saai die woord.
15 En dit is hulle wat langs die pad is -- waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.
16 Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word -- wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,
17 maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir 'n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.
18 En hulle by wie in die dorings gesaai word -- dit is hulle wat die woord hoor,
19 en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.
20 En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is -- hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig-- en een sestig-- en een honderdvoudig.
21 En Hy het vir hulle gesê: Die lamp kom tog nie om onder die maatemmer of onder die bed gesit te word nie. Is dit nie om op die staander gesit te word nie?
22 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.
23 As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor.
24 En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.
25 Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
26 En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer 'n mens die saad in die grond gooi;
27 en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot -- hoe, weet hy self nie.
28 Want vanself bring die aarde vrug voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die volle koring in die aar.
29 En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.
30 En Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?
31 Dit is soos 'n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is;
32 en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.
33 En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord tot hulle gespreek volgens wat hulle kon verstaan;
34 en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê.
35 En toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant.
36 En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom.
37 En 'n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word.
38 Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?
39 En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het 'n groot stilte gekom.
40 Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?
41 En 'n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!
1 耶稣又在海边教导人。有一大群人聚集到他那里, 因此他上船坐下来。船在海中, 群众都朝着海站在岸上。
2 他用比喻教训他们许多事, 在教训中他说:
3 "你们听着! 有一个撒种的出去撒种,
4 撒的时候, 有的落在路旁, 小鸟飞来就吃掉了。
5 有的落在泥土不多的石地上, 因为泥土不深, 很快就长起来。
6 但太阳一出来, 就把它晒干, 又因为没有根就枯萎了。
7 有的落在荆棘里, 荆棘长起来, 把它挤住, 它就结不出果实来。
8 有的落在好土里, 就生长繁茂, 结出果实, 有三十倍的、有六十倍的、有一百倍的。"
9 耶稣又说: "有耳可听的, 就应当听。"
10 耶稣独自一人的时候, 那些经常跟着他的人和十二门徒, 来问这些比喻的意义。
11 耶稣对他们说: " 神的国的奥秘, 只给你们知道, 但对于外人, 一切都用比喻,
12 叫他们‘看是看见了, 却不领悟, 听是听见了, 却不明白, 免得他们回转过来, 得到赦免。’"
13 耶稣又对他们说: "你们不明白这个比喻, 怎能明白一切比喻呢?
14 撒种的人所撒的就是道。
15 那撒在路旁的, 就是人听了道, 撒但立刻来, 把撒在他心里的道夺去。
16 照样, 那撒在石地上的, 就是人听了道, 立刻欢欢喜喜地接受了;
17 可是他们里面没有根, 只是暂时的; 一旦为道遭遇患难, 受到迫害, 就立刻跌倒了。
18 那撒在荆棘里的, 是指另一些人; 他们听了道,
19 然而今世的忧虑、财富的迷惑, 以及种种的欲望, 接连进来, 把道挤住, 就结不出果实来。
20 那撒在好土里的, 就是人听了道, 接受了, 并且结出果实, 有三十倍的、有六十倍的、有一百倍的。"
21 耶稣又对他们说: "灯难道是拿来放在量器底下或床底下的吗?它不是该放在灯台上吗?
22 因为没有什么隐藏的事不被显明出来, 没有什么掩盖的事不被揭露的。
23 有耳可听的, 就应当听。"
24 耶稣又对他们说: "要留心你们所听到的, 你们用什么尺度量给人, 神也要用什么尺度量给你们, 并且要超过尺度给你们。
25 因为那有的, 还要给他; 那没有的, 就算他有什么也要拿去。"
26 耶稣说: " 神的国好像人在地里撒种,
27 他夜里睡觉, 白天起来, 种子发芽生长, 自己也不知道怎么会这样的。
28 地生五谷是自然的, 先长苗, 后吐穗, 最后穗上结满了子粒。
29 庄稼熟了, 就派人用镰刀割下, 因为收成的时候到了。"
30 又说: "我们要把 神的国比作什么呢?我们可以用什么比喻来形容它呢?
31 它好像一粒芥菜种, 刚种下去的时候, 比地上的一切种子都小,
32 种下以后, 生长起来, 却比一切蔬菜都大, 长出大枝子, 甚至天空的飞鸟都可以在它的荫下搭窝。"
33 耶稣用许多这样的比喻, 照着他们所能听懂的, 向他们讲道;
34 不用比喻, 就不对他们讲。只有单独和自己的门徒在一起的时候, 才把一切解释给他们听。
35 当天黄昏, 耶稣对门徒说: "我们渡到海那边去吧。"
36 门徒离开群众, 耶稣已经在船上, 他们就载他过去, 也有别的船和他同去。
37 忽然起了狂风, 波浪不断地打进船来, 舱里积满了水。
38 耶稣却在船尾靠着枕头睡着了。门徒把他叫醒, 对他说: "老师, 我们要死了, 你不管吗?"
39 耶稣起来, 斥责了风, 又对海说: "不要作声! 安静吧! "风就停止, 大大地平静了。
40 然后对他们说: "为什么这样胆怯呢?你们怎么没有信心呢?"
41 门徒非常惧怕, 彼此说: "这到底是谁, 连风和海都听从他?"