1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met A„ron en sy seuns dat hulle versigtig moet wees met die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle aan My heilig sodat hulle my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is die HERE.

3 Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, die siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is die HERE.

4 Niemand uit die nageslag van A„ron wat melaats is of 'n vloeiing het, mag van die heilige gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat aan iemand raak wat deur 'n lyk onrein is, of van wie 'n saadvloeiing uitgaan,

5 of iemand wat aan enige kruipende ongedierte raak, waardeur hy onrein word, of aan 'n mens, deur wie hy onrein word ten gevolge van watter onreinheid ook al

6 die persoon wat aan so iets raak, sal tot die aand toe onrein wees, en hy mag van die heilige gawes nie eet nie tensy dat hy sy liggaam in die water gebad het.

7 Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy voedsel.

8 Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur nie onrein word nie. Ek is die HERE.

9 Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die HERE wat hulle heilig.

10 Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. 'n Bywoner van 'n priester en 'n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.

11 Maar as 'n priester iemand met sy geld koop, mag die daarvan eet, en die wat in sy huis gebore is; hulle mag van sy voedsel eet.

12 Maar as die dogter van 'n priester aan 'n vreemde behoort, mag sy van die offergawe van die heilige gawes nie eet nie.

13 Maar as die dogter van 'n priester weduwee is of verstoot word en sy kinderloos is en in die huis van haar vader terugkom soos in haar jeug, dan mag sy van die voedsel van haar vader eet; maar geen onbevoegde mag daarvan eet nie.

14 En as iemand by vergissing iets eet wat heilig is, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg, en so wat heilig is, aan die priester teruggee.

15 So moet hulle dan die heilige gawes wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, nie ontheilig

16 en op hulle geen strafbare skuld laai deurdat hulle die heilige gawes sou eet nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.

17 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

18 Spreek met A„ron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Enigeen uit die huis van Israel of uit die vreemdelinge in Israel wat sy offer bring volgens al hulle geloftes en al hulle vrywillige offers wat hulle aan die HERE as brandoffer bring

19 moet dit so bring, dat julle welgevalle vind: 'n dier van die manlike geslag sonder gebrek, van die beeste, die lammers of die bokke.

20 Julle mag nie iets bring waar 'n liggaamsgebrek aan is nie, want dit sal julle nie ten goede kom nie.

21 En as iemand 'n dankoffer aan die HERE offer om 'n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.

22 Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het of swere of skurfte of uitslag dit moet julle aan die HERE nie bring nie, en daarvan mag julle vir die HERE geen vuuroffer op die altaar lê nie.

23 Maar 'n bees of stuk kleinvee waarvan 'n liggaamsdeel te lank of te kort is, mag jy as vrywillige offer berei; maar as gelofte offer sal dit nie met welgevalle aangeneem word nie.

24 'n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan die HERE nie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,

25 en uit die hand van 'n uitlander mag julle van al hierdie diere aan julle God geen spys bring nie, want hulle verminking is aan hulle, 'n liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie.

26 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

27 As 'n bees of 'n lam of 'n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as 'n vuuroffergawe aan die HERE.

28 'n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam met sy kleintjie op een dag slag nie.

29 En as julle 'n lofoffer aan die HERE bring, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.

30 Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is die HERE.

31 Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die HERE.

32 En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig,

33 wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle 'n God te wees. Ek is die HERE.

1 耶和华对摩西说:

2 "你要告诉亚伦和他的儿子, 叫他们谨慎处理以色列人分别为圣归给我的圣物, 免得他们亵渎我的圣名; 我是耶和华。

3 你要对他们说: 你们世世代代的后裔中, 若是不洁净, 却接近以色列人分别为圣归耶和华的圣物, 那人必从我面前被剪除; 我是耶和华。

4 亚伦的后裔中, 患了痲风病, 或是血漏症的, 都不可吃圣物, 直到他洁净了; 触摸了任何尸体的不洁或遗精的人,

5 或是触摸了任何使他玷污的爬虫, 或是摸了使他成为不洁净的人(不论那人有什么不洁净),

6 摸了这些的人, 必不洁净到晚上; 如果他不用水洗身, 就不可吃圣物。

7 日落之后, 他就洁净了, 可以吃圣物, 因为那是他的食物。

8 自死的或是野兽撕裂的动物, 他都不可吃, 免得玷污自己; 我是耶和华。

9 他们要谨守我的命令, 免得他们因亵渎, 担罪而死; 我是使他们分别为圣的耶和华。

10 "所有外族人都不可吃圣物; 寄居在祭司家里的人或是受雇的雇工, 都不可吃圣物。

11 但是祭司用自己银子买来的仆人, 就可以吃圣物; 生在祭司家里的人, 他们可以吃他的食物。

12 祭司的女儿若是嫁给外族人, 就不可吃举祭的圣物。

13 但祭司的女儿若是寡妇, 或是被休的, 而且没有孩子, 又回到自己的父家, 像她年轻的时候一样, 她就可以吃她父亲的食物; 只是任何外族人都不可吃。

14 人若是误吃了圣物, 就要加上五分之一, 与圣物一起交给祭司。

15 祭司不可亵渎以色列人献上给耶和华的圣物,

16 免得他们因吃了圣物而担当罪孽过犯; 因为我是使他们分别为圣的耶和华。"

17 耶和华对摩西说:

18 "你要告诉亚伦和亚伦的儿子, 以及所有以色列人, 对他们说: 任何以色列家的人, 或是在以色列中寄居的外人, 奉献供物的时候, 无论是为还愿, 或是甘心献给耶和华的燔祭,

19 就要把没有残疾的公牛, 或公绵羊, 或公山羊献上, 才蒙悦纳。

20 有残疾的, 你们都不可献上, 因为这是不蒙悦纳的。

21 人若是为了还愿, 或是甘心把牛羊献给耶和华作平安祭, 总要献上一只完全、没有任何瑕疵的祭物, 才蒙悦纳。

22 瞎眼、折伤、残废、伤口溃疡、长癣或生疹的牲畜, 你们都不可献给耶和华, 不可把这些当作火祭放在祭坛上献给耶和华,

23 无论是公牛或是绵羊羔, 如果肢体畸形或有缺陷的, 你可以作甘心祭献上; 如果作还愿祭献上, 就不蒙悦纳。

24 内脏损伤、压碎、破裂, 或割掉的, 你们都不可献与耶和华; 在你们将来居住的地方, 你们不可行这样的事;

25 也不可从外人手里接受这一类的牲畜, 作你们 神的食物; 因为这些都有损坏, 有残疾, 必不蒙悦纳。"

26 耶和华对摩西说:

27 "公牛或是绵羊或是山羊生下来以后, 七天要与它的母亲在一起, 从第八天开始, 它就可以蒙悦纳, 作献给耶和华火祭的供物。

28 无论是牛或羊, 你们都不可在同一日之内宰杀母和子。

29 如果你们献感恩祭给耶和华, 要献得可蒙悦纳。

30 祭肉要当天吃完, 一点都不可留到早晨; 我是耶和华。

31 你们要谨守遵行我的诫命; 我是耶和华。

32 你们不可亵渎我的圣名, 我在以色列人中间要被尊为圣; 我是使你们分别为圣的耶和华,

33 曾把你们从埃及地领出来, 要作你们的 神; 我是耶和华。"