1 Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en 'n gesnede beeld of 'n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en 'n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.
2 My sabbatte moet julle hou en my heiligdom ontsien. Ek is die HERE.
3 As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,
4 sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
5 En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe oes, en die druiwe oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon.
6 Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie.
7 En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard.
8 Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tien duisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.
9 En Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig.
10 Julle sal ou koring van vorige jare eet en die oue laat plek maak vir die nuwe.
11 En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie.
12 En Ek sal in jul midde wandel en vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees.
13 Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.
14 Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie;
15 en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge 'n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek
16 dan sal Âk dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.
17 En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.
18 En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig.
19 En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.
20 En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.
21 En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.
22 En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en die sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle paaie verlate sal wees.
23 En as julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle teen My versit,
24 sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes.
25 En Ek sal 'n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.
26 As Ek vir julle die staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie.
27 As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit,
28 sal Ek My in grimmigheid teen julle versit, en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.
29 En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.
30 En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en my siel sal 'n afsku van julle hê.
31 En Ek sal julle stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie.
32 Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan.
33 En Ek sal julle onder die volke verstrooi en 'n swaard agter julle uittrek; en julle land sal 'n wildernis en julle stede puinhope word.
34 Dan sal die land vir sy sabbatte vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.
35 Al die dae van sy verwoesting sal dit rus die rus wat dit nie gehad het in julle sabbatte toe julle daarin gewoon het nie.
36 En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het Ek sal in hulle hart 'n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodat die geruis van 'n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos 'n mens vir 'n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.
37 En hulle sal struikel die een oor die ander soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; en julle sal voor julle vyande nie kan standhou nie.
38 Maar julle sal omkom onder die nasies, en die land van julle vyande sal julle verteer.
39 En die wat onder julle oorgebly het, sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die lande van julle vyande, ja, ook oor die ongeregtighede van hulle vaders saam met hulle wegteer.
40 Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen my gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het,
41 sodat Âk My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hulle vyande moes bring; of, as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid,
42 sal Ek dink aan my verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.
43 Maar die land moet eers van hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê sonder hulle; en hulle sal vir hul ongeregtigheid boet, omdat, ja, omdat hulle my verordeninge verwerp en hulle siel van my insettinge 'n afsku gehad het.
44 Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek 'n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die HERE hulle God.
45 Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle 'n God te wees. Ek is die HERE.
46 Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat die HERE tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.
1 "你们不可为自己做偶像, 不可为自己立雕像或神柱, 也不可在你们的境内安置石像, 向它跪拜; 因为我是耶和华你们的 神。
2 你们要遵守我的安息日; 敬畏我的圣所; 我是耶和华。
3 你们遵行我的律例, 谨守我的诫命, 遵照奉行,
4 我就按时给你们降下雨露, 使地生出土产, 田野的树木也结果实。
5 你们打禾, 必打到摘葡萄的时候, 摘葡萄必摘到撒种的时候; 你们吃食物, 吃得饱足, 在你们的境内安然居住。
6 我必使你们境内太平; 你们睡觉, 没有人惊吓你们; 我使恶兽在境内绝迹; 刀剑也不经过你们的地。
7 你们必追赶仇敌, 他们必在你们面前倒在刀下。
8 你们五个人必追赶一百人, 一百人必追赶一万人; 你们的仇敌必在你们面前倒在刀下。
9 我眷顾你们, 使你们繁殖增多, 也必坚立我与你们所立的约。
10 你们吃久藏的旧粮, 要挪出旧粮, 腾空给新粮。
11 我必在你们中间安置我的居所, 我的心也不厌弃你们。
12 我要在你们中间行走; 我要作你们的 神, 你们要作我的子民。
13 我是耶和华你们的 神, 曾经把你们从埃及地领出来, 使你们不再作他们的奴仆; 我折断了你们所负的轭, 使你们挺身昂首地行走。
14 "但如果你们不听从我, 不遵行这一切诫命;
15 如果你们弃绝我的律例, 你们的心厌弃我的典章, 不遵行我的一切诫命, 违背我的约,
16 我就要这样待你们: 我必命惊慌临到你们, 痨病热病使你们眼目昏花, 心灵憔悴; 你们必徒然撒种, 因为你们的仇敌必吃尽你们的出产。
17 我向你们变脸, 你们就败在仇敌面前; 恨恶你们的要管辖你们; 虽然没有人追赶, 你们仍然逃跑。
18 经过这些以后, 如果你们还不听从我, 我就要因你们的罪加重七倍管教你们。
19 我必粉碎你们夸耀的力量; 我要使你们的天像铁, 你们的地像铜;
20 你们的气力徒然用尽; 你们的地不出产, 境内的树也不结果实。
21 "如果你们行事为人与我的心意相违, 不肯听从我, 我就要按着你们的罪, 使灾祸加重七倍地临到你们。
22 打发野地的走兽到你们中间, 夺去你们的儿女, 残害你们的牲畜, 减少你们的人口, 使你们的道路荒凉。
23 "但如果你们经过这些事仍然不归向我, 行事仍与我的心意相违,
24 我也要与你们作对, 按着你们的罪, 再加重七倍击打你们;
25 使刀剑临到你们, 报复背约的仇; 聚集你们到城里, 好使我打发瘟疫在你们中间, 把你们交在仇敌的手里。
26 我断绝你们的粮食来源以后, 十个女人要共用一个炉子给你们烤饼, 她们配给定量的饼给你们; 你们要吃, 却吃不饱。
27 "如果你们经过这事, 还是不听从我, 行事仍与我的心意相违,
28 我就必发烈怒, 与你们作对; 我要按着你们的罪, 再加重七倍管教你们。
29 你们要吃自己儿子的肉, 女儿的肉也要吃。
30 我必毁坏你们的邱坛, 砍倒你们的香坛, 把你们的尸体扔在你们仆倒的偶像上面; 我的心必厌弃你们。
31 我必使你们的城市变为荒场, 使你们的圣所荒凉; 我也不闻你们馨香的祭。
32 我要使地荒凉, 连住在那里的仇敌也惊奇。
33 我要把你们分散在万国中, 我又拔出刀来追赶你们; 你们的地成为荒凉, 你们的城市变成荒场。
34 "当那地荒凉, 你们又住在仇敌之地的时候, 地就享受安息; 那地要休歇, 享受安息。
35 因为你们居住在那里的时候, 地不能在你们的安息年中享受安息, 唯有在荒凉的日子, 才可享安息。
36 至于你们剩下的人, 我必使他们在仇敌之地胆战心惊; 风吹落叶也会吓跑他们; 他们必逃跑, 好像逃避刀剑一样; 虽然无人追赶, 他们却跌倒。
37 虽然无人追赶, 他们却像面临刀剑, 彼此撞跌; 你们在仇敌面前, 不能站立得住。
38 你们要在万国中灭亡; 仇敌之地必吞灭你们。
39 你们剩下的人, 必因自己的罪孽在仇敌之地消灭, 也因犯了祖先的罪孽日渐衰弱。
40 "那时他们就会承认自己的罪孽和他们祖先的罪孽, 就是他们对我不忠的过犯, 又承认因为行事与我的心意相违,
41 以致我也与他们作对, 把他们带到他们的仇敌之地。如果他们未受割礼的心这样谦卑下来, 情愿接受他们罪孽的刑罚,
42 我就记念我与雅各所立的约, 记念我与以撒所立的约, 与亚伯拉罕所立的约; 我也记念这地。
43 他们会离开这地, 地在荒凉无人的时候, 就可以享受安息, 同时他们要接受他们罪孽的刑罚, 因为他们弃绝了我的典章, 他们的心厌弃了我的律例。
44 虽然这样, 他们住在仇敌之地的时候, 我还是不弃绝他们, 也不厌弃他们, 不把他们灭绝, 我不会违背我与他们所立的约; 因为我是耶和华他们的 神。
45 因为他们的缘故, 我要记念我与他们祖先所立的约; 他们的祖先是我在列国眼前, 从埃及地领出来的, 为要作他们的 神; 我是耶和华。"
46 这些是耶和华在西奈山, 借着摩西颁布他和以色列人之间的律例、典章和法则。