1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2 Dit is die wet van die melaatse op die dag van sy reiniging. Hy moet na die priester gebring word,

3 en die priester moet buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is,

4 moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voëls en sederhout en skarlakendraad en hisop moet bring.

5 Die priester moet ook bevel gee dat hulle die een voël in 'n erdepot oor vars water slag.

6 Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en die en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is.

7 En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewe maal sprinkel en hom reinig, en die lewendige voël moet hy oor die oop veld laat wegvlieg.

8 Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en 'n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.

9 En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.

10 En op die agtste dag moet hy twee lammers sonder gebrek neem en een jaaroud ooilam sonder gebrek en drie tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en een log olie.

11 En die priester wat die reiniging bewerk, moet die man wat gereinig word, en die gawes voor die aangesig van die HERE by die ingang van die tent van samekoms stel.

12 En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie as skuldoffer aanbring en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.

13 Dan moet hy die lam slag op die plek waar hulle die sondoffer en die brandoffer slag, in die heilige plek; want die skuldoffer net soos die sondoffer behoort aan die priester; hoogheilig is dit.

14 En die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.

15 Die priester moet ook van die log olie neem en dit giet in die priester se linkerhand.

16 Dan moet die priester sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is, en met sy vinger van die olie sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE.

17 En van die orige olie wat in sy hand is, moet die priester stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die bloed van die skuldoffer.

18 Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word. So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE.

19 Die priester moet ook die sondoffer berei en vir hom wat gereinig word, versoening doen weens sy onreinheid; en daarna moet hy die brandoffer slag.

20 En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.

21 Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie, moet hy een lam as skuldoffer neem om beweeg te word, om vir hom versoening te doen; daarby een tiende van 'n efa fynmeel met olie gemeng as spysoffer, en 'n log olie;

22 ook twee tortelduiwe of twee jong duiwe wat hy kan bekostig; en die een sal wees 'n sondoffer en die ander 'n brandoffer.

23 Hy moet hulle dan op die agtste dag n sy reiniging na die priester bring by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE.

24 En die priester moet die skuldofferlam en die log olie neem; en die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.

25 Dan moet hy die skuldofferlam slag, en die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem en dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.

26 Ook moet die priester van die olie in die priester se linkerhand giet.

27 Dan moet die priester met sy regtervinger van die olie wat in sy linkerhand is, sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE.

28 En die priester moet van die olie wat in sy hand is, stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die plek van die bloed van die skuldoffer.

29 Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word, om versoening vir hom te doen voor die aangesig van die HERE.

30 Dan moet hy een van die tortelduiwe berei of van die jong duiwe wat hy kan bekostig

31 die een as sondoffer en die ander as brandoffer, saam met die spysoffer. So moet die priester dan vir hom wat gereinig word, versoening doen voor die aangesig van die HERE.

32 Dit is die wet vir hom op wie die plaag van melaatsheid was, wat by sy reiniging nie vermoënd is nie.

33 Verder het die HERE met Moses en A„ron gespreek en gesê:

34 As julle in die land Kana„n inkom wat Ek julle as besitting gee, en Ek die plaag van melaatsheid in 'n huis van die land van julle besitting laat kom,

35 moet hy aan wie die huis behoort, kom en aan die priester te kenne gee en sê: Dit lyk my of daar 'n plaag in die huis is.

36 En die priester moet bevel gee dat hulle die huis ontruim, voordat die priester die plaag kom bekyk, sodat alles wat in die huis is, nie onrein word nie; en daarna moet die priester kom om die huis te bekyk.

37 As hy die plaag bekyk en sien dat die plaag aan die mure van die huis is soos liggroen of rooierige kuiltjies, en hulle dieper lyk as die muur,

38 dan moet die priester uit die huis uitgaan na die deur van die huis en die huis sewe dae lank toesluit.

39 Op die sewende dag moet die priester dan terugkom; sien hy dan dat die plaag hom uitgebrei het aan die mure van die huis,

40 dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is, en dit buitekant die stad op 'n onrein plek gooi.

41 En die huis moet hulle binnekant rondom afkrap en die klei wat hulle afgekrap het, buitekant die stad op 'n onrein plek weggooi.

42 Dan moet hulle ander klippe neem en in die plek van daardie klippe insit, en hulle moet ander klei neem en die huis pleister.

43 Maar as die plaag weer in die huis uitbreek nadat hulle die klippe uitgebreek en die huis afgekrap het en dit gepleister is,

44 moet die priester kom; en as hy sien dat die plaag in die huis versprei het, dan is dit 'n kwaadaardige melaatsheid in die huis; dit is onrein.

45 Daarom moet hulle die huis afbreek: sy klippe en sy hout en al die klei van die huis, en hulle moet dit buitekant die stad op 'n onrein plek uitbring.

46 En hy wat in die huis kom, al die tyd dat hulle dit toegesluit hou, sal tot die aand toe onrein wees.

47 En hy wat in die huis slaap, moet sy klere was; en hy wat in die huis eet, moet sy klere was.

48 Maar as die priester kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword.

49 Dan moet hy om die huis te ontsondig twee voëls neem en sederhout en skarlakendraad en hisop,

50 en die een voël in 'n erdepot oor vars water slag.

51 Dan moet hy die sederhout en die hisop en die skarlakendraad en die lewendige voël neem en dit in die bloed van die geslagte voël en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewe maal besprinkel.

52 So moet hy dan die huis ontsondig met die bloed van die voël sowel as met die vars water en die lewendige voël en die sederhout en die hisop en die skarlakendraad.

53 Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.

54 Dit is die wet oor elke plaag van melaatsheid en oor skurfte

55 en oor melaatsheid van klere en huise

56 en oor swelsels en uitslag en ligte vlekke,

57 om te onderrig wanneer iets onrein en wanneer iets rein is. Dit is die wet oor die melaatsheid.

1 耶和华对摩西说:

2 "患痲风病的人得洁净的日子, 应守的律例如下: 人要带他去见祭司。

3 祭司要出到营外去察看, 祭司若是看见患病的人身上的痲风病已经好了,

4 就要吩咐人为那求洁净的人, 拿两只洁净的活鸟、香柏木、朱红色线和牛膝草来。

5 祭司要吩咐人用瓦器盛活水, 把一只鸟宰杀在上面。

6 至于那只活鸟, 祭司要把它与香柏木、朱红色线和牛膝草一起拿来, 把这些物品和活鸟一同蘸于那在活水上宰杀的鸟血中,

7 然后向那患痲风病求洁净的人身上弹七次, 就可以宣布他洁净; 又让那只活鸟飞到田野去。

8 那得洁净的人要洗自己的衣服, 剃去身上所有的毛发, 用水洗澡, 就洁净了; 然后他可以进营, 只是还要在自己的帐幕外住七天。

9 第七天, 他要把身上一切的毛发都剃去; 头发、胡须、眉毛和身上一切的毛发都剃去; 又要洗衣服, 用水洗身, 就洁净了。

10 "第八天, 他要取两只没有残疾的公羊羔和一只没有残疾一岁的母羊羔, 又要把调油的细面三公斤作素祭, 以及三分之一公升油一同取来。

11 行洁净礼的祭司领那求洁净的人拿着这些祭物站在会幕门口, 耶和华的面前。

12 祭司取一只公羊羔, 献作赎愆祭, 取三分之一公升油一同献上; 祭司把这两样当作摇祭, 在耶和华面前摇一摇。

13 他要在圣洁的地方, 就是宰杀赎罪祭牲和燔祭牲的地方, 宰杀那只公羊羔, 因为赎愆祭牲, 像赎罪祭牲一样, 是至圣的, 要归祭司;

14 祭司要取些赎愆祭牲的血, 抹在得洁净的人的右耳垂上和右手的大拇指上, 以及右脚的大拇趾上。

15 祭司又从那三分之一公升油中, 取出一点来, 倒在自己的左掌里;

16 把右手的一个指头, 蘸在左掌的油里, 在耶和华面前用指头把油弹七次。

17 然后祭司要把手中剩下的油, 抹在那得洁净的人的右耳垂上和右手的大拇指上, 以及右脚的大拇趾上, 就是抹在赎愆祭牲的血上。

18 祭司要把手中剩下的油, 抹在那得洁净的人的头上; 祭司在耶和华面前为他赎罪。

19 祭司要献赎罪祭, 为那得洁净的人赎罪, 使他脱离污秽, 然后宰杀燔祭牲。

20 祭司要把燔祭和素祭献在祭坛上, 为他赎罪, 他就洁净了。

21 "但如果他贫穷, 经济能力不足, 他只要拿一只公绵羊羔作赎愆祭, 摇一摇为他赎罪; 要把调油的细面一公斤作素祭, 和三分之一公升的油一同拿来;

22 又要按他的经济能力, 拿两只斑鸠或是两只雏鸽, 一只作赎罪祭, 一只作燔祭。

23 第八天, 他为了自己得洁净, 要把这些祭物带到会幕门口, 耶和华面前, 交给祭司。

24 祭司要取那只作赎愆祭的公羊羔和那三分之一公升油; 祭司把这些, 在耶和华面前摇一摇当作摇祭;

25 然后宰杀作赎愆祭的公羊羔, 取一些赎愆祭牲的血, 抹在那得洁净的人的右耳垂上和右手的大拇指上, 以及右脚的大拇趾上。

26 祭司要把一些油倒在自己的左掌里;

27 用右手的一个指头把左掌中的油, 在耶和华面前弹七次。

28 祭司又要把手中的油, 抹在那得洁净的人的右耳垂上和右手的大拇指上, 以及右脚的大拇趾上, 就是抹了赎愆祭牲的血的地方。

29 祭司把手中剩下的油, 抹在那得洁净的人的头上, 在耶和华面前为他赎罪。

30 那人就要按着自己的经济能力献上一只斑鸠, 或是一只雏鸽。

31 他要按着自己的经济能力, 献上一只作赎罪祭, 一只作燔祭, 连同素祭一同献上。祭司要在耶和华面前, 为求洁净的人赎罪。

32 这是关于患了痲风病, 但经济能力不足够预备正常洁净礼祭物的人, 应守的律例。"

33 耶和华对摩西和亚伦说:

34 "你们进了我赐给你们作产业的迦南地的时候, 我给你们作产业之地的房屋, 如果发霉,

35 房主就要去告诉祭司: ‘据我看来, 房屋中似乎染了病症。’

36 祭司进去察看病症之前, 要先吩咐人把房屋搬空, 免得房屋里的一切都成了不洁; 然后祭司才进去, 察看那房屋。

37 他要察看那病症, 如果发现在房屋的墙上有发绿或是发红的腐蚀斑纹, 而且有深透入墙的现象;

38 祭司就要从房屋里出来, 到房门外去, 把房屋隔离七天。

39 第七天, 祭司要回来察看, 如果发现病症在房屋的墙上蔓延,

40 祭司就要吩咐人把染有病症的石头挖出来, 扔在城外不洁净的地方,

41 要刮净房屋里面的四周, 把刮下来的灰泥倒在城外不洁净的地方;

42 拿别的石头放进去代替挖出来的石头, 然后用别的灰泥粉刷房屋。

43 "如果挖出石头, 刮了房屋, 粉刷了墙以后, 病症再次在房屋里出现,

44 祭司就要进去察看; 如果发现病症在房屋里有蔓延的现象, 这就是房屋里顽恶的发霉现象, 那房屋就不洁净了。

45 要把房屋拆毁, 把房屋里的石头、木头, 以及所有的灰泥都搬到城外不洁净的地方去。

46 在房屋被关闭的期间, 进去的人必不洁净到晚上。

47 在房屋里睡觉的人, 要洗净自己的衣服; 在房屋里吃饭的人, 也要洗净自己的衣服。

48 "房屋粉刷以后, 祭司进去察看, 如果看见病症在房屋里没有蔓延, 祭司就要宣布那房屋为洁净, 因为已经复原了。

49 为了洁净那房屋, 祭司要拿两只鸟、香柏木、朱红色线和牛膝草;

50 把一只鸟, 在盛着活水的瓦器上宰杀;

51 然后拿香柏木、牛膝草、朱红色线和那只活鸟, 都一同蘸在被宰杀的鸟血和活水中, 向房屋弹七次。

52 他就用鸟血、活水、活鸟、香柏木、牛膝草和朱红色线, 洁净了那房屋;

53 然后让那只活鸟飞到城外的田野里去; 他为房屋赎罪, 房屋就洁净了。"

54 以上是有关各种痲风病、癣疥、

55 衣服和房屋发霉、

56 肿瘤、疮癣和火斑的律例;

57 指示人知道什么时候不洁净, 什么时候洁净。这是痲风病的律例。