1 En as iemand sondig dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra;

2 of as iemand enigiets aanraak wat onrein is die aas van 'n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein gedierte wat rondkruip en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is;

3 of as hy iets onreins van 'n mens aanraak volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is;

4 of as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe praat om kwaad of goed te doen volgens alles wat 'n mens met 'n eed onverskillig kan praat en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge;

5 as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het,

6 en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan die HERE 'n ooi bring van die kleinvee, 'n skaaplam of 'n bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.

7 Maar as hy nie 'n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan die HERE bring, een as sondoffer en een as brandoffer;

8 en hy moet hulle na die priester bring, wat die een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop vlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek.

9 Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is 'n sondoffer.

10 En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.

11 Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het, die tiende van 'n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is 'n sondoffer.

12 En hy moet dit na die priester bring, en die priester moet daar 'n handvol van neem as die gedenkoffer en dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek; dit is 'n sondoffer.

13 So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het in enigeen van hierdie gevalle, en dit sal hom vergewe word; verder behoort dit aan die priester net soos die spysoffer.

14 Ook het die HERE met Moses gespreek en gesê:

15 As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van die HERE, moet hy as boete aan die HERE bring 'n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as 'n skuldoffer.

16 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.

17 En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra,

18 dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, 'n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word.

19 Dit is 'n skuldoffer; hy is sekerlik skuldig teenoor die HERE.

1 "如果有人犯罪: 他听见发誓的声音("发誓的声音"或译: "传召作证的声音", 或"发咒语的声音"); 他本是证人, 却不肯把看见或知道的说出来, 他就要担当自己的罪责。

2 或人摸了什么不洁净的东西, 无论是不洁净野兽的尸体, 或是不洁净牲畜的尸体, 或是不洁净昆虫的尸体, 当时并不留意, 他因为成了不洁净, 就有罪了;

3 或有人摸了人的污秽, 他没有留意玷污了什么污秽; 他一知道, 就有罪了。

4 或有人嘴唇轻率发誓, 无论是出于恶意或是出于好意, 他没有留意起了什么誓; 他一知道, 就有罪了。

5 如果他在任何一件事上犯了罪, 就要承认自己所犯的罪;

6 他要为所犯的罪, 把赎愆祭带到耶和华面前当作赎罪祭, 就是羊群中的母羊, 或绵羊羔或山羊; 祭司就为他的罪行赎罪。

7 "他的经济能力若是不够献一只羊, 他就要为所犯的罪, 带两只斑鸠或两只雏鸽到耶和华面前作赎愆祭, 一只作赎罪祭, 一只作燔祭。

8 他要把它们带到祭司那里, 祭司就要先献上作为赎罪祭的一只, 把鸟的头从颈项上扭断, 只是不可撕断。

9 然后他要把赎罪祭牲的一些血, 弹在祭坛旁边, 其余的血要在祭坛脚那里挤出来; 这是赎罪祭。

10 第二只作为燔祭的鸟, 要按照燔祭的规则献上, 祭司为他的罪行赎罪, 他就蒙赦免。

11 "他的经济能力若是不够献两只斑鸠或两只雏鸽, 就要为所犯的罪, 带来一公斤的细面作赎罪祭的供物; 供物不可浇上油, 也不可加上乳香, 因为这是赎罪祭。

12 他要把供物带到祭司那里, 祭司从其中取出一把, 作为象征, 放在祭坛耶和华的火祭上面焚烧; 这是赎罪祭。

13 祭司为他所犯的任何一样罪赎罪, 他就蒙赦免。其余的祭物要归给祭司, 好像素祭一样。"

14 耶和华对摩西说:

15 "如果有人在耶和华的圣物上不忠实, 无意犯了罪, 他就要依照你按着圣所衡量银子标准所估的银价, 把他的赎愆祭牲, 就是羊群中一只没有残疾的公绵羊, 牵到耶和华面前作赎愆祭。

16 他要补偿他在圣物上所亏欠的, 另加五分之一, 交给祭司; 祭司要用赎愆祭的公绵羊为他赎罪, 他就蒙赦免。

17 "如果有人犯了罪, 行了一件耶和华吩咐不可行的事; 他虽然不清楚, 仍是有罪, 他就要担当自己的罪责。

18 他要依照你的估价, 从羊群中把一只没有残疾的公绵羊牵来, 给祭司作赎愆祭。祭司为他赎罪, 那不清楚的无心之失, 就蒙赦免。

19 这是赎愆祭, 他在耶和华面前实在有罪。"