1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê: As 'n vrou swanger word en 'n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees.

3 En op die agtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.

4 Dan moet sy drie en dertig dae in die reinigingsbloed bly. Aan niks wat heilig is, moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is.

5 Maar as sy 'n dogter baar, sal sy twee weke onrein wees soos by haar maandelikse onreinheid. Dan moet sy ses en sestig dae in die reinigingsbloed bly.

6 En as die dae van haar reiniging in die geval van 'n seun of 'n dogter verby is, moet sy 'n jaaroud lam as brandoffer en 'n jong duif of tortelduif as sondoffer bring na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe;

7 die moet dit offer voor die aangesig van die HERE en vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet van haar wat baar, in die geval van 'n seun of 'n dogter.

8 Maar as sy 'n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.

1 耶和华对摩西说:

2 "你要告诉以色列人: 如果有妇人怀孕, 生了男孩, 她就不洁净七天, 好像患病污秽的日子不洁净一样。

3 第八天男婴要受割礼。

4 妇人洁净产血的时期要住在家三十三天; 得洁净的日子未满之前, 她不可触摸任何圣物, 也不可进入圣洁的地方。

5 如果她生了女孩, 就不洁净十四天, 像月经污秽的日子一样; 妇人洁净产血的时期, 要住在家里六十六天。

6 "洁净的日子满了, 不论是为男孩或是为女孩, 她都要用一只一岁的绵羊羔作燔祭, 一只雏鸽, 或一只斑鸠作赎罪祭, 带到会幕门口那里, 交给祭司。

7 祭司把供物献在耶和华面前, 为她赎罪, 她的血就洁净了。以上是生育男女的律例。

8 她的经济能力若是不够献一只羊羔, 她可以拿两只斑鸠, 或是两只雏鸽, 一只作燔祭, 一只作赎罪祭; 祭司要为她赎罪, 她就洁净了。"