1 Dit is die woorde waarmee Moses die hele Israel toegespreek het oos van die Jordaan in die woestyn, in die Vlakte teenoor Suf, tussen Paran en Tofel en Laban en H serot en Di-Sahab.
2 Elf dae is die pad van Horeb af na die gebergte Se‹r tot by Kades-Barn,a.
3 En in die veertigste jaar, in die elfde maand, op die eerste van die maand, het Moses met die kinders van Israel gespreek net soos die HERE ten opsigte van hulle aan hom bevel gegee het;
4 nadat hy Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, en Og, die koning van Basan, wat in Astarot gewoon het, in Edr,‹verslaan het.
5 Oos van die Jordaan in die land Moab het Moses onderneem om hierdie wet te verklaar deur te sê:
6 Die HERE onse God het met ons by Horeb gespreek en gesê: Julle het lank genoeg by hierdie berg gebly.
7 Trek weg en breek op en gaan na die gebergte van die Amoriete en na al sy naburige plekke: die Vlakte, die Gebergte en die Laeveld en die Suidland en by die seekus -- die land van die Kana„niete en die L¡banon, tot by die groot rivier, die Eufraatrivier.
8 Kyk, Ek gee die land aan julle oor; gaan in en neem die land in besit wat die HERE aan julle vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om dit aan hulle te gee en aan hulle nageslag n hulle.
9 En ek het met julle in die tyd gespreek en gesê: Ek kan julle alleen nie dra nie.
10 Die HERE julle God het julle vermenigvuldig; en kyk, julle is vandag soos die sterre van die hemel in menigte.
11 Mag die HERE, die God van julle vaders, by julle byvoeg duisend maal soveel as wat julle is, en julle seën soos Hy julle beloof het!
12 Hoe sou ek die moeilikheid en die las en die regsake van julle alleen kan dra?
13 Bring tog wyse en verstandige en ervare manne aan volgens julle stamme, dat ek hulle as julle hoofde kan aanstel.
14 Hierop het julle my geantwoord en gesê: Die woord wat u gespreek het, is goed om uit te voer.
15 Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en ervare manne, geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en opsigters volgens julle stamme.
16 En ek het in die tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle broers in verhoor en oordeel regverdig tussen 'n man en sy broer en die vreemdeling wat by hom is.
17 Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die gereg is die saak van God. Maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, en ek sal dit in verhoor neem.
18 So het ek julle dan in die tyd al die dinge beveel wat julle moet doen.
19 Toe het ons van Horeb af opgebreek, en ons het daardie hele groot en vreeslike woestyn deurgetrek wat julle op pad na die gebergte van die Amoriete gesien het, soos die HERE onse God ons beveel het; en ons het tot by Kades-Barn,a gekom.
20 Toe het ek vir julle gesê: Julle het tot by die gebergte van die Amoriete gekom wat die HERE onse God aan ons sal gee.
21 Kyk, die HERE jou God het die land aan jou oorgegee; trek op, neem dit in besit soos die HERE, die God van jou vaders, jou gesê het; wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.
22 Toe het julle almal na my toe aangekom en gesê: Laat ons manne voor ons uit stuur, dat hulle vir ons die land kan verken en ons berig kan bring aangaande die pad waarlangs ons moet optrek, en die stede waarby ons sal kom.
23 En die saak was goed in my oë, sodat ek twaalf man uit julle, uit elke stam een man, geneem het.
24 En hulle het weggedraai en na die gebergte opgetrek en tot by die dal Eskol gekom en dit verken.
25 Hulle het toe van die vrugte van die land met hulle saamgeneem en dit na ons afgebring en aan ons verslag gegee en gesê: Die land wat die HERE onse God aan ons sal gee, is goed.
26 Maar julle wou nie optrek nie, maar was wederstrewig teen die bevel van die HERE julle God.
27 En julle het in jul tente gemurmureer en gesê: Omdat die HERE ons haat, het Hy ons uit Egipteland uitgelei om ons in die hand van die Amoriete oor te gee, dat hulle ons verdelg.
28 Waarheen moet ons optrek? Ons broers het ons hart laat versmelt deur te sê: Dit is 'n volk groter en hoër van gestalte as ons; die stede is groot en tot aan die hemel versterk; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.
29 Toe het ek aan julle gesê: Word nie verskrik en wees nie bevrees vir hulle nie.
30 Die HERE julle God wat voor jul uit trek, Hy sal vir julle stry net soos Hy voor julle oë met julle in Egipte gedoen het
31 en in die woestyn, waar jy gesien het hoe die HERE jou God jou gedra het soos 'n man sy seun dra, op die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het.
32 Maar ondanks hierdie woord het julle nie geglo in die HERE julle God nie,
33 wat voor julle uit getrek het op die pad om vir julle 'n plek uit te soek om julle laer op te slaan, snags in die vuur om julle te laat sien op die pad waar julle langs moes trek, en bedags in die wolk.
34 En toe die HERE die stem van julle woorde hoor, het Hy toornig geword en gesweer en gesê:
35 Waarlik, geeneen van hierdie manne, hierdie verkeerde geslag, sal die goeie land sien wat Ek met 'n eed beloof het om aan julle vaders te gee nie --
36 behalwe Kaleb, die seun van Jefunne; hy sal dit sien, en aan hom en sy kinders sal Ek die land gee waarop hy geloop het, omdat hy volhard het om die HERE te volg.
37 Ook was die HERE toornig op my om julle ontwil, sodat Hy gesê het: Jy sal daar ook nie inkom nie.
38 Josua, die seun van Nun, wat voor jou staan -- hy sal daar inkom; versterk hom, want hy sal Israel dit laat beërwe.
39 En julle kindertjies van wie julle gesê het: Hulle sal 'n buit word! en julle kinders wat vandag van geen goed of kwaad weet nie -- hulle sal daar inkom en aan hulle sal Ek dit gee, en hulle sal dit in besit neem.
40 Maar julle, draai om en trek weg na die woestyn op pad na die Skelfsee.
41 Toe het julle geantwoord en vir my gesê: Ons het teen die HERE gesondig; ons self sal optrek en veg net soos die HERE onse God ons beveel het. En toe julle elkeen sy oorlogswapens aangord en daar nog maklik oor dink om in die gebergte op te trek,
42 het die HERE vir my gesê: Sê vir hulle: Julle mag nie optrek en veg nie -- want Ek is nie in julle midde nie -- dat julle nie voor julle vyande verslaan word nie.
43 Maar toe ek met julle gespreek het, het julle nie geluister nie, maar julle was wederstrewig teen die bevel van die HERE en het vermetel in die gebergte opgetrek.
44 Toe het die Amoriete wat in die gebergte gewoon het, uitgetrek julle tegemoet en julle agtervolg soos die bye maak; en hulle het julle verstrooi in Se‹r tot by Horma.
45 En julle het teruggekom en voor die aangesig van die HERE geween, maar die HERE het na julle stem nie geluister en julle geen gehoor gegee nie.
46 So het julle dan baie dae in Kades gebly, solank as julle daar gebly het.
1 以下是摩西在约旦河东的旷野, 疏弗对面的亚拉巴, 就是在巴兰和陀弗、拉班、哈洗录、底撒哈之间, 向以色列人所说的话。
2 从何烈山经过西珥山的路, 到达加低斯.巴尼亚, 共有十一天的路程。
3 出埃及以后第四十年十一月一日, 摩西照着耶和华吩咐他一切关于以色列人的话, 都告诉了他们。
4 当时, 他已经击败了住在希实本的亚摩利人的王西宏, 和住在亚斯他录与以得来的巴珊王噩。
5 摩西在约旦河东的摩押地, 开始讲解这律法, 说:
6 "耶和华我们的 神, 在何烈山告诉我们: ‘你们在这山上住够了;
7 现在你们要转回, 起程到亚摩利人的山地去, 到那些住在亚拉巴、山地、低地、南地、沿海一带、迦南人的地、黎巴嫩, 直到大河, 就是幼发拉底河一带的地方去。
8 看哪, 我把这地摆在你面前, 你们要进去, 占领这地为业, 就是耶和华向你们列祖亚伯拉罕、以撒、雅各起誓应许给他们和他们的后裔的地。’
9 "那时, 我曾经对你们说: ‘你们的重担, 我独自一人无法担当。
10 耶和华你们的 神使你们多起来; 你们看, 你们今日像天上的星那样多。
11 愿耶和华你们列祖的 神, 使你们比现在更多千倍, 又照着他应许你们的话, 赐福给你们。
12 我独自一人怎能担得起你们的重担、责任和你们争讼的事呢?
13 你们要按着支派选出一些有智慧、有见识、有经验的人, 我就立他们作你们的首领。’
14 你们回答我, 说: ‘你吩咐我们作的事很好。’
15 我就选出你们众支派中的领袖, 就是有智慧有经验的人; 按着你们的支派, 立他们作管理你们的首领, 就是作千夫长、百夫长、五十夫长、十夫长和其他官长。
16 "那时, 我吩咐你们的审判官, 说: ‘你们在兄弟中听讼, 无论是兄弟彼此诉讼, 或是与同居的外地人诉讼, 都要按着公义审判。
17 审判的时候, 不可偏袒人; 无论贵贱尊卑, 都要一样地听讼; 不可怕人的情面, 因为审判是属于 神的; 如果你们遇见难断的案件, 可以呈到我这里来, 让我审断。’
18 那时, 我把你们当作的一切事, 都吩咐了你们。
19 "我们照着耶和华我们的 神吩咐我们的, 从何烈山起行, 走过你们所见那大而可怕的旷野, 沿着到亚摩利人山地的路而行; 后来到了加低斯.巴尼亚。
20 我对你们说: ‘你们已经到了亚摩利人的山地, 就是耶和华我们的 神赐给我们的。
21 看哪, 耶和华你的 神已经把这地摆在你面前; 你要照着耶和华你列祖的 神告诉你的上去, 占领那地; 不要害怕, 也不要惊惶。’
22 你们众人都走到我这里来, 说: ‘我们要先派些人去, 替我们窥探那地, 然后把我们上去该走哪一条路, 该进哪些城, 向我们回报。’
23 这话我很同意, 就从你们中间选了十二个人, 每支派一人。
24 于是他们转身出发, 上了山地, 到了以实各谷, 窥探那地。
25 他们手里拿着那地的果子, 带下来到我们这里, 并且向我们回报, 说: ‘耶和华我们的 神要赐给我们的地是美地。’
26 "但你们不肯上去, 竟违背了耶和华你们的 神的吩咐;
27 你们在帐幕里抱怨, 说: ‘耶和华因为恨我们, 所以把我们从埃及地领出来, 要把我们交在亚摩利人手中, 消灭我们。
28 我们上哪里去呢?我们的兄弟使我们心灰意冷, 说: 那地的人比我们高大; 他们的城邑又大又坚固, 高耸入天; 我们在那里还看见有亚衲族的人。’
29 我就对你们说: ‘不要惊恐, 不要害怕他们。
30 耶和华你们的 神, 就是那走在你们前面的那一位, 他必为你们作战, 好像他在埃及, 在你们面前, 为你们所行的一切一样,
31 并且在旷野里, 你们也看见了耶和华你们的 神, 怎样在你们所行的一切路上, 背负你们, 好像人背负自己的儿子一样, 直到你们来到了这地方。’
32 虽然这样, 你们还是不信耶和华你们的 神;
33 他在路上走在你们前面, 为你们寻找安营的地方; 夜间用火柱, 日间用云彩, 指示你们当走的路。
34 "耶和华听见了你们说话的声音, 就恼怒, 起誓说:
35 ‘这个邪恶世代的人, 连一个也不能看见我起誓应许赐给他们列祖的美地;
36 只有耶孚尼的儿子迦勒可以看见; 并且我要把他踏过的地赐给他和他的子孙, 因为他专心跟从了我耶和华。’
37 因为你们的缘故, 耶和华也向我发怒, 说: ‘你也不能进入那地;
38 但是站在你面前侍候你的嫩的儿子约书亚, 他可以进到那里去; 你要鼓励他, 因为他要使以色列人承受那地为业。
39 还有你们的小孩子, 你们说要被掳掠的, 和你们的儿女, 就是今天还不知道善恶的, 他们都要进入那地; 我要把那地赐给他们, 他们要占领那地。
40 至于你们, 你们要转回, 经往红海的路, 起程到旷野里去。’
41 "那时你们回答我, 说: ‘我们得罪了耶和华; 现在我们愿意照着耶和华我们 神的一切吩咐, 上去作战。’于是你们都预备了兵器, 轻率地上山去了。
42 耶和华对我说: ‘你要对他们说: "你们不要上去, 也不要作战, 因为我不在你们中间, 免得你们在仇敌面前被击败。"’
43 我就告诉你们, 你们却不听从, 竟违背耶和华的吩咐, 擅自上山去了。
44 住在那山上的亚摩利人, 就出来攻击你们, 好像蜂群一样追赶你们, 在西珥击杀你们, 直到何珥玛。
45 你们就回来, 在耶和华面前哭, 但耶和华不听你们的声音, 也不向你们侧耳。
46 于是你们在加低斯住了许多日子。"