1 Dit is dan die gebod, die insettinge en die verordeninge wat die HERE julle God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem;

2 dat jy die HERE jou God kan vrees om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te hou -- jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word.

3 Hoor dan, Israel, en onderhou dit sorgvuldig, dat dit met jou goed kan gaan en dat julle baie kan vermenigvuldig soos die HERE die God van jou vaders jou beloof het, 'n land wat oorloop van melk en heuning.

4 Hoor, Israel, die HERE onse God is 'n enige HERE.

5 Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.

6 En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;

7 en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.

8 Ook moet jy dit as 'n teken bind op jou hand, en dit moet as 'n voorhoofsband tussen jou oë wees.

9 En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.

10 En as die HERE jou God jou inbring in die land wat Hy aan jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, met 'n eed beloof het om jou te gee -- groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie,

11 en huise vol van allerhande goed wat jy nie gevul het nie, en uitgekapte reënbakke wat jy nie uitgekap, wingerde en olyfbome wat jy nie geplant het nie -- en jy eet en versadig word,

12 neem jou dan in ag dat jy die HERE nie vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het nie.

13 Jy moet die HERE jou God vrees en Hom dien; en by sy Naam moet jy sweer.

14 Julle mag nie agter ander gode aan loop uit die gode van die volke wat rondom julle is nie --

15 want die HERE jou God is 'n jaloerse God by jou -- sodat die toorn van die HERE jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.

16 Julle mag die HERE julle God nie versoek soos julle Hom by Massa versoek het nie.

17 Julle moet die gebooie van die HERE julle God en sy getuienisse en sy insettinge wat Hy jou beveel het, ywerig onderhou.

18 En jy moet doen wat reg en goed is in die oë van die HERE, dat dit met jou goed kan gaan en jy kan inkom en in besit neem die goeie land wat die HERE aan jou vaders met 'n eed beloof het,

19 terwyl Hy al jou vyande voor jou uit verjaag soos die HERE gespreek het.

20 As jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat die HERE onse God julle beveel het?

21 dan moet jy aan jou seun sê: Ons was slawe van Farao in Egipte; maar die HERE het ons deur 'n sterke hand uit Egipte uitgelei.

22 En die HERE het groot en onheilbrengende tekens en wonders voor ons oë in Egipte aan Farao en sy hele huis gedoen.

23 En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, sodat Hy ons die land kan gee wat Hy aan ons vaders met 'n eed beloof het.

24 En die HERE het ons beveel om al hierdie insettinge te volbring, om die Here onse God te vrees, dat dit met ons altyd goed mag gaan, om ons in die lewe te hou soos dit vandag is.

25 En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het.

1 "以下是耶和华你们的 神吩咐我教导你们的诫命、律例、典章, 使你们在将要过去占领为业的地上遵行,

2 好叫你和你的子子孙孙一生一世敬畏耶和华你的 神, 遵守他的一切律例、诫命, 就是我吩咐你的, 使你的日子可以长久。

3 以色列啊, 你要听从, 就谨守遵行, 使你在流奶与蜜的地可以享福, 人数大大增多, 像耶和华你列祖的 神应许你的。

4 "以色列啊, 你要听, 耶和华我们的 神是独一的耶和华;

5 你要全心、全性、全力爱耶和华你的 神。

6 我今日吩咐你的这些话, 都要记在你的心上;

7 你要把这些话不断地教训你的儿女, 无论你坐在家里, 或行在路上, 或躺下, 或起来的时候, 都要谈论。

8 你也要把这些话系在手上作记号, 戴在额上作头带。

9 又要写在你房屋的门柱上和城门上。

10 "耶和华你的 神领你进入他向你列祖亚伯拉罕、以撒、雅各起誓应许给你的地; 那里有不是你建造的, 又高大又美丽的城市,

11 有装满各样美物的房子, 不是你装满的; 有凿成的水池, 不是你凿成的; 还有葡萄园和橄榄园, 不是你栽种的; 你可以吃, 并且吃得饱足。

12 那时, 你要谨慎, 免得你忘记了耶和华, 就是把你从埃及地, 从为奴之家领出来的那一位。

13 你要敬畏耶和华你的 神, 要事奉他, 奉他的名起誓。

14 不可随从别的神, 就是你们周围各民族的神;

15 因为在你们中间的耶和华你们的 神, 是忌邪的 神, 恐怕耶和华你的 神向你发怒, 就把你从这地上消灭。

16 "你们不可试探耶和华你们的 神, 像你们在玛撒试探他一样。

17 要谨慎遵守耶和华你们的 神吩咐你的诫命、法度和律例。

18 耶和华看为正为好的事, 你都要去行, 使你可以享福, 并且可以进去占领耶和华向你的列祖起誓应许的那美地,

19 照着耶和华说过的, 把你所有的仇敌从你面前赶逐出去。

20 "日后, 如果你的儿子问你: ‘耶和华我们的 神吩咐的这法度、律例和典章, 有什么意思呢?’

21 你就要对你的儿子说: ‘我们在埃及曾经作过法老的奴仆, 耶和华却用大能把我们从埃及领了出来。

22 耶和华在我们眼前, 把又伟大又厉害的神迹奇事行在埃及、法老和他全家的身上;

23 却把我们从那里领出来, 为要领我们进入他向我们列祖起誓应许的地, 要把这地赐给我们。

24 耶和华又吩咐我们遵行这一切律例, 敬畏耶和华我们的 神, 使我们常常得享福乐, 使我们的生命得着保全, 像今日一样。

25 我们在耶和华我们的 神面前, 如果照着他吩咐我们的, 谨守遵行这一切诫命, 这就是我们的义了。’"