1 Daarom moet jy die HERE jou God liefhê en altyd sy ordening, sy insettinge sowel as sy verordeninge en sy gebooie onderhou.
2 En julle moet vandag weet dat ek nie spreek tot julle kinders wat die onderwysing van die HERE julle God nie geweet en nie gesien het nie: sy grootheid, sy sterke hand en sy uitgestrekte arm
3 en sy tekens en sy dade wat Hy in Egipte gedoen het aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy hele land;
4 en wat Hy gedoen het aan die leër van Egipte, aan sy perde en aan sy strydwaens waaroor Hy die waters van die Skelfsee laat aanstroom het toe hulle julle agtervolg het, sodat die HERE hulle omgebring het tot vandag toe;
5 en wat Hy vir julle in die woestyn gedoen het tot julle aankoms op hierdie plek;
6 en wat Hy aan Datan en Ab¡ram, die seuns van El¡ab, die seun van Ruben, gedoen het -- hoe die aarde sy mond oopgemaak en hulle saam met hul huisgesinne en hul tente en al die lewende wesens agter hulle aan, onder die hele Israel verslind het;
7 maar julle eie oë het gesien al die groot werke wat die HERE gedoen het.
8 Onderhou dan al die gebooie wat ek jou vandag beveel, dat julle sterk kan wees en inkom en die land in besit neem waarheen julle oortrek om dit in besit te neem,
9 en dat julle die dae kan verleng in die land wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle en hul nageslag te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.
10 Want die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en met jou voet, soos 'n groentetuin, natgelei het nie.
11 Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is 'n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink;
12 'n land waar die HERE jou God voor sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.
13 As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel,
14 dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.
15 En Ek sal plante gee op jou veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word.
16 Neem julle in ag dat julle hart nie verlei word nie, sodat julle afwyk en ander gode dien en voor hulle neerbuig,
17 en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy die hemel toesluit, sodat daar geen reën is en die aarde sy opbrings nie gee nie, en julle gou uit die goeie land omkom wat die HERE julle gee.
18 Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as 'n teken op julle hand en laat dit as 'n voorhoofsband tussen julle oë wees,
19 en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;
20 en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,
21 sodat julle dae en die dae van julle kinders in die land wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, kan vermenigvuldig soos die dae van die hemel bo-oor die aarde.
22 Want as julle ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel, om dit te doen deur die HERE julle God lief te hê, in al sy weë te wandel en Hom aan te hang,
23 dan sal die HERE al hierdie nasies voor julle uit verdrywe, en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe.
24 Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; van die woestyn en die L¡banon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees.
25 Niemand sal teen julle standhou nie; die HERE julle God sal die skrik en vrees vir julle oor die hele land laat kom waarop julle sal loop, soos Hy julle beloof het.
26 Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor --
27 die seën as julle luister na die gebooie van die HERE julle God wat ek julle vandag beveel;
28 en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die HERE julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.
29 As dan die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, moet jy die seën op die berg Ger¡sim lê en die vloek op die berg Ebal.
30 Lê hulle nie oorkant die Jordaan, agter die pad in die weste, in die land van die Kana„niete wat in die Vlakte woon, teenoor Gilgal, by die terpentynbome van More nie?
31 Want julle trek deur die Jordaan om die land in besit te gaan neem wat die HERE julle God aan julle sal gee; en julle sal dit in besit neem en daarin woon.
32 Onderhou dan sorgvuldiglik al die insettinge en die verordeninge wat ek julle vandag voorhou.
1 "所以你要爱耶和华你的 神, 常常遵守他的吩咐、律例、典章和诫命。
2 今日你们要知道, 我并不是与你们的儿女说话, 因为他们不知道, 也没有见过耶和华你们的 神的管教、伟大有力的手和伸出来的膀臂,
3 以及他在埃及向埃及王法老和法老的全国所行的神迹和作为;
4 他们也没有见过他怎样对待埃及的军队、马匹和车辆; 他们追赶你们的时候, 耶和华怎样使红海的水淹没了他们, 把他们灭绝, 这事一直传到今日;
5 并且耶和华在旷野怎样待你们, 直到你们来到了这个地方;
6 也没有见过他怎样对待流本的子孙以利押的儿子大坍、亚比兰; 大地怎样在全体以色列人中间裂开了, 把他们和他们的家人、帐棚, 以及与他们在一起一切有生命之物都吞下去;
7 只有你们亲眼看见了耶和华所作的一切伟大的作为。
8 "所以你们要遵守我今日吩咐你的一切诫命, 使你们坚强起来, 可以进去得着你们将要过去得的那地,
9 又使你们在耶和华向你们的列祖起誓应许赐给他们和他们后裔的地上, 就是流奶与蜜的地, 可以长久居住。
10 因为你要进去得的那地, 并不像你出来的埃及地; 在那里你撒了种, 还要用脚灌溉, 像菜园一样。
11 但你们要过去得为业的地, 却是一个有山有谷的地, 有天上雨水滋润的地,
12 就是耶和华你的 神眷顾的地; 从岁首到年终, 耶和华你的 神的眼目常常眷顾这地。
13 "如果你们留心听我今日吩咐你们的诫命, 爱耶和华你们的 神, 一心一意事奉他,
14 他必按时降雨在你们的地上, 就是降秋雨和春雨, 使你们可以丰收五谷、新酒和新油。
15 他也必使田野为你的牲畜长出青草来, 你也可以吃得饱足。
16 你们要谨慎, 免得你们的心受迷惑, 你们就偏离了我, 去事奉别的神, 并且敬拜它们;
17 叫耶和华的怒气向你发作, 就把天封闭, 不降下雨水, 地也不生出土产, 使你们从耶和华赐给你们的美地上, 快快地灭亡。
18 "所以你们要把我这些话放在心里, 存在意念中; 要系在手上作记号, 戴在额上作头带。
19 你们也要把这些话教训你们的儿女, 无论你是坐在家里, 行在路上, 躺下, 或是起来, 都要讲论。
20 你要把这些话写在你房屋的门柱上和城门上,
21 为要叫你们和你们的子孙的日子, 在耶和华向你们列祖起誓应许给他们的地上, 可以增多, 像天覆地的年日那样多。
22 如果你们殷勤谨守遵行我吩咐你们的这一切诫命, 爱耶和华你们的 神, 行他的一切道路, 又紧紧地依靠他,
23 耶和华就必从你们面前把这些国民都赶出去, 你们就必占领比你们大比你们强的国民的地。
24 你们脚掌所踏的地, 都必属于你们; 从旷野到黎巴嫩, 从幼发拉底河直到西海, 都要作你们的境界。
25 必没有一人能在你们面前站立得住; 耶和华你们的 神, 必照着他对你们所说的, 使害怕和惊惧你们的心临到你们将要踏足之地的居民。
26 "看哪, 我今日把祝福和咒诅都摆在你们面前。
27 如果你们听从耶和华你们的 神的诫命, 就是我今日吩咐你们的, 你们就必蒙赐福;
28 如果你们不听从耶和华你们的 神的诫命, 偏离了我今日吩咐你们要走的道路, 去随从你们素来不认识的别神, 你们就必受咒诅。
29 耶和华你的 神领你进入你要占领为业之地以后, 你就要把祝福摆在基利心山上, 把咒诅摆在以巴路山上。
30 这两座山不是在约旦河西、日落的地方, 在住亚拉巴的迦南人之地, 与吉甲相对, 靠近摩利橡树那里吗?
31 现在你们快要过约旦河, 进去得耶和华你们的 神要赐给你们为业之地; 你们取得了那地, 就住在那里。
32 你们要谨守遵行我今日在你们的面前颁布的一切律例和典章。"