1 Hy wat deur verbryseling vermink of van wie die manlike deel afgesny is, mag in die vergadering van die HERE nie kom nie.
2 Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie.
3 Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van die HERE kom nie;
4 omdat hulle julle, by jul uittog uit Egipte, nie met brood en water op die pad tegemoetgekom het nie; en omdat hy B¡leam, die seun van Beor, uit Petor in Mesopot mië, teen jou gehuur het om jou te vloek.
5 Maar die HERE jou God wou nie na B¡leam luister nie; maar die HERE jou God het vir jou die vloek in 'n seën verander, omdat die HERE jou God jou liefgehad het.
6 Jy mag hulle vrede en hulle geluk solank as jy lewe, vir ewig nie soek nie.
7 Die Edomiet moet jy nie as 'n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as 'n gruwel beskou nie, want jy was 'n vreemdeling in sy land.
8 Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van die HERE kom.
9 Wanneer jy as leër teen jou vyande uittrek, pas dan op vir enigiets wat verkeerd is.
10 As daar iemand by jou is wat weens 'n voorval by nag nie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.
11 Maar as die aand aankom, moet hy hom in die water bad; en teen sonsondergang mag hy in die laer inkom.
12 Jy moet buitekant die laer 'n plek hê, en daarheen moet jy uitgaan.
13 En jy moet by jou gereedskap 'n grafie hê; as jy dan buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe en wat van jou uitgegaan het, weer toemaak.
14 Want die HERE jou God wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie.
15 Jy mag 'n slaaf wat van sy heer na jou ontsnap het, nie aan sy heer oorlewer nie.
16 Hy moet by jou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou poorte uitkies, waar dit vir hom goed is; jy mag hom nie verdruk nie.
17 Daar mag geen hoer uit die dogters van Israel wees nie; en daar mag geen skandseun uit die seuns van Israel wees nie.
18 Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van die HERE jou God as enige gelofte offer bring nie; want die altwee is vir die HERE jou God 'n gruwel.
19 Jy mag jou broer geen rente oplê nie, rente van geld, rente van eetware, rente van enigiets wat 'n mens teen rente uitleen nie.
20 Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
21 As jy aan die HERE jou God 'n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.
22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.
23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het -- wat jy met jou mond gespreek het.
24 As jy in die wingerd van jou naaste kom, mag jy na hartelus volop druiwe eet, maar in jou tas mag jy niks steek nie.
25 As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar 'n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.
1 "睾丸受伤的, 或生殖器被割除的, 不可进耶和华的会。(本节在《马索拉抄本》为23:2)
2 私生子不可进耶和华的会; 他的后代直到第十代, 也不可进耶和华的会。
3 亚扪人或摩押人不可进耶和华的会; 他们的后代直到第十代, 也永远不可进耶和华的会。
4 因为你们出埃及的时候, 他们没有拿食物和水在路上迎接你们, 又因为他们从两河之间的亚兰的毗夺雇了比珥的儿子巴兰, 来攻击你, 咒诅你。
5 但耶和华你的 神不愿听从巴兰; 耶和华你的 神使咒诅的话变为你的祝福, 因为耶和华你的 神爱你。
6 你一生一世永不可寻求他们的平安和他们的福乐。
7 "你不可厌恶以东人, 因为他是你的兄弟; 不可厌恶埃及人, 因为你在他的地上作过寄居的。
8 他们所生的子孙到了第三代, 就可以进耶和华的会。
9 "你出兵安营攻打仇敌的时候, 要谨守自己, 远避一切恶事。
10 "如果你们中间有人因为夜间偶然梦遗而不洁净, 就要出到营外去, 不可进入营中。
11 到了黄昏的时候, 他要用水洗澡; 日落了, 他才可以进入营中。
12 你在营外要有厕所, 你可以出到那里去便溺。
13 在你的器械中, 要有一把锹; 你在外面便溺以后, 可以用来铲土, 转身把粪便掩盖。
14 因为耶和华你的 神常在你的营中行走, 要拯救你, 要把你的仇敌交在你的面前; 所以你的营要圣洁, 免得他看见你那里有污秽的东西, 就离开你。
15 "如果一个奴仆离开了他的主人, 逃到你那里来, 你不可把他送交他的主人。
16 他要在你中间和你同住, 住在他自己选择的地方, 住在他喜欢的城市, 你不可欺负他。
17 "以色列的女子中不可有庙妓, 以色列的男子中不可有男庙妓。
18 妓女所得的酬金, 或男妓所得的代价, 你不可带入耶和华你的 神的殿里还任何的愿, 因为这两样都是耶和华你的 神厌恶的。
19 你借给你兄弟的银钱、食物, 或是任何可以生利的东西, 都不可取利。
20 借给外族人, 你倒可以取利; 只是借给你的兄弟, 你就不可取利; 好使耶和华你的 神, 在你要去得为业的地上, 和你手里所办的一切事上, 赐福给你。
21 "如果你向耶和华你的 神许了愿, 就不可迟延还愿, 因为耶和华你的 神必向你追讨, 那时你就有罪了。
22 如果你不许愿, 你倒没有罪。
23 你嘴里说出来的, 你要谨守; 你亲口应许的甘心祭, 就是你向耶和华你的 神许的愿, 你要实行。
24 "你进了你邻舍的葡萄园, 你可以随意吃饱葡萄, 只是不可装在你的器皿里。
25 你进了你邻舍的麦田, 你可以用手摘麦穗, 只是不可在你邻舍的麦田里挥动镰刀。"