1 Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:

2 Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man reg hê?

3 Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot -- sonder dat iemand jou beskaamd maak --

4 en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?

5 Maar, ag, as God maar wou spreek en sy lippe open teen jou!

6 En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien.

7 Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?

8 Hoogtes van die hemel is dit -- wat kan jy doen? Dieper as die doderyk -- wat kan jy weet?

9 Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.

10 As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep -- wie sal Hom dan teëhou?

11 Want Hy ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.

12 So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as mens gebore word.

13 As jy jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom

14 -- as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie --

15 ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.

16 Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.

17 En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker -- dit sal wees soos die môre !

18 En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond -- jy sal in veiligheid gaan slaap.

19 Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.

20 Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is -- uitblasing van die laaste asem.

1 拿玛人琐法回答说:

2 "这许多的话怎可不回答, 多嘴多舌的人怎能算为义呢?

3 你胡言乱语可使人不作声吗?你嘲笑的时候, 无人责备吗?

4 你说: ‘我的道理纯全, 我在你眼前洁净。’

5 但愿 神说话, 愿他开口跟你说话,

6 把智慧的奥秘向你显明, 因为真的智慧有两面。你当知道 神已忘记了你一部分的罪孽。

7 神高深莫测之事你怎能查出呢?全能者的终极你怎能洞悉呢?

8 他的智慧高于诸天, 你能作什么呢?比阴间还深, 你怎能识透?

9 他的智慧比地长, 比海宽。

10 他若过来把人囚禁, 召人受审, 谁能阻止他呢?

11 因为他认识虚谎的人, 他看见欺诈, 怎能不鉴察?

12 虚妄的人悟出慧心, 就像野驴生子为人。

13 你若心里归向他, 又向他伸手祷告;

14 你若远远地除掉你手里的欺诈, 不让不义居在你的帐棚里;

15 那么你必仰面, 毫无愧色; 你也必坚定稳妥, 无所惧怕。

16 你必忘记你的苦楚, 回忆好像逝去的流水,

17 你们的人生必明亮如正午, 虽然黑暗仍像早晨。

18 因为有指望, 你必安稳, 你必四处巡查, 安然睡觉。

19 你躺卧, 不受惊吓, 必有很多人求你的情面。

20 但恶人的眼目必昏花, 逃亡之路也必断绝, 他们的指望就是最后的一口气。"