1 Toe het lifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:

2 Kan 'n man aan God 'n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige 'n diens.

3 Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel?

4 Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?

5 Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?

6 Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.

7 Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou.

8 Maar aan die man van geweld -- aan hom behoort die land; en die aansienlike -- hy moet daarin woon!

9 Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.

10 Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.

11 Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?

12 Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.

13 Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?

14 Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.

15 Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,

16 wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos 'n stroom,

17 wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?

18 En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!

19 Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:

20 Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.

21 Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

22 Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.

23 As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.

24 En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.

25 Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.

26 Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.

27 Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.

28 Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn 'n lig.

29 As die afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.

30 Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.

1 提幔人以利法回答说:

2 "人对 神能有什么益处呢?明智的人只能益己。

3 你为人公义可讨全能者喜悦吗?你行为完全可有利于他呢?

4 他是因你敬畏他而责备你, 对你施行审判吗?

5 你的罪恶不是很大吗?你的罪孽不是没有穷尽吗?

6 你无缘无故强取兄弟的东西作当头, 剥去衣不蔽体的人的衣服。

7 疲乏的人你没有给他水喝, 饥饿的人你没有给他饭吃。

8 有势力的人就有土地, 尊贵的人住在其中。

9 你叫寡妇空手而去, 你折断孤儿的膀臂。

10 因此有网罗环绕着你, 恐惧也忽然使你惊慌。

11 光明变成黑暗, 以致你看不见, 并且洪水淹没你。

12 神不是高于诸天吗?你看看最高的星星, 多么的高啊!

13 你说: ‘ 神知道什么?他能透过幽暗施行审判吗?

14 密云把他遮盖, 使他不能看见我们; 他在天上的圆圈上面走来走去。’

15 你要谨守古往的道, 就是恶人所行走的吗?

16 他们未到时候, 就被抓去, 他们的根基被洪水冲去。

17 他们对 神说: ‘离开我们吧! 全能者能把我们怎么样呢?’

18 他用美物充满他们的房屋, 恶人的谋算远离我。

19 义人看见了, 就欢喜; 无辜的人嘲笑他们, 说:

20 ‘我们的对头必被剪除, 他们剥下来的有火吞灭了。’

21 你与 神和好, 就可以得平安, 这样, 福乐就必临到你。

22 你该从他口中领受训诲, 把他的话放在心里。

23 你若归向全能者, 就必得建立; 你若使不义远离你的帐棚,

24 把你的金块丢在尘土中, 把俄斐的金块丢在河流的石头间,

25 全能者就必作你的金块, 作你的银堆,

26 你就必以全能者为乐, 向 神仰起脸来。

27 你向他祈求, 他就垂听你, 你也要还你的愿。

28 你决定的计划, 他必为你成全, 光明必照在你的路上。

29 人谦卑的时候, 你就说: ‘升高吧! ’眼中谦卑的他必拯救,

30 他搭救并非无辜的人; 他要因你手中的洁净得救拔。"