1 Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
2 Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.
3 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.
4 Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:
5 dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik?
6 Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke --
7 soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?
8 Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig.
9 Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.
10 Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.
11 Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.
12 Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,
13 al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte --
14 tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.
15 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.
16 Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood.
17 Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.
18 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.
19 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.
20 Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.
21 Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.
22 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.
23 Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.
24 Hy sal vlug vir die ysterwapens -- 'n koperboog sal hom deurboor.
25 Hy trek -- daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!
26 Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.
27 Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.
28 Weggevoer word die opbrings van sy huis -- goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.
29 Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.
1 拿玛人琐法回答说:
2 "我的心思烦扰叫我回话, 因为我内心急躁。
3 我听见了那羞辱我的责备, 心灵因着我的悟性回答我。
4 你不知亘古以来, 自从地上有人以来,
5 恶人的欢呼并不长久, 不敬虔者的快乐, 不过是暂时的吗?
6 虽然他的高贵上达于天, 他的头直插云霄,
7 他必永远灭亡像自己的粪一般, 素来看见他的, 都要说: ‘他在哪里呢?’
8 他必如梦一般飞逝, 人再也找不着他, 他必被赶去如夜间的异象,
9 亲眼见过他的, 必不再见他, 他的本处也必看不见他。
10 他的儿女必向穷人求恩, 他们的手要退还他不义之财,
11 他的骨头虽然充满青春活力, 却必与他一同躺卧在尘土中。
12 邪恶在他的口中虽然甘甜, 他把邪恶藏在自己的舌下。
13 他虽然爱惜不舍, 含在口中,
14 然而他的食物在他腹中却要变坏, 在他里面成为眼镜蛇的毒汁。
15 他吞下了财宝, 还要把它吐出来, 神要从他的腹中把它掏出来,
16 他必吸吮眼镜蛇的毒液, 腹蛇的舌头必把他杀死。
17 他必不得看见江河, 就是流蜜与奶的江河。
18 他劳苦所得的必归别人, 自己却不得吃用; 他交易得来的财利, 自己却不得享用。
19 因为他欺压穷人, 不顾他们, 强抢不是自己建造的房屋。
20 因为他内心没有安宁, 他不能保存他喜爱的东西。
21 他吃得一无所剩, 所以他的福乐不能持久;
22 他在满足有余的时候, 陷入困境, 受过苦的人的手都临到他身上。
23 他正在填饱肚腹的时候, 神就把猛烈的怒气降在他身上, 他正在吃饭的时候, 神要把这怒气如雨降在他身上。
24 他要逃避铁制的兵器, 但铜弓的箭必把他射穿;
25 他把箭一抽, 箭就从背后出来, 发亮的箭头从他的胆中出来, 死亡的惊恐临到他身上。
26 万般黑暗为他的财宝留存, 不是由人吹着的火要吞灭他, 要毁掉他帐棚中所剩下的。
27 天必显露他的罪孽, 地要兴起来攻击他,
28 他的家产必被掠去, 在 神忿怒的日子被冲走。
29 这是恶人从 神所得的分, 是 神给他指定的产业。"