1 Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.

2 Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.

3 Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.

4 Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.

5 God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.

6 Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.

7 Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.

8 Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.

9 Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.

10 Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.

11 Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;

12 en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:

13 of tot 'n tugroede, of tot nut van sy aarde, of tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.

14 Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.

15 Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?

16 Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?

17 U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind --

18 kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos 'n gegote spieël?

19 Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.

20 Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?

21 En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.

22 Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.

23 Die Almagtige -- ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.

24 Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.

1 "我的心因此战兢, 跳离原处。

2 你们当细听他轰轰的声音, 他口中发出隆隆的雷声。

3 他发雷声响遍天下, 也发电光闪到地极。

4 接着雷声霹雳, 神以自己威严之声打雷, 人听到雷声的时候, 神并没有留住风霜雨云。

5 神以奇妙的方法打雷, 他行大事, 我们不能了解。

6 他对雪说: ‘降在地上’, 对大雨暴雨也是这样。

7 他封住各人的手, 叫万人知道他的作为。

8 野兽进入洞中, 留在穴里。

9 风暴来自南宫, 寒冷出于北方。

10 神所呼的气息结成冰, 广阔无边的水也凝结;

11 他使密云满载水气, 云彩布散他的电光。

12 电光照着 神的指引来往旋转, 在地球上行他一切所吩咐的。

13 他使电光来临, 是为施行责罚, 或为滋润大地, 或为赐予慈爱。

14 约伯啊! 你当留心听这话, 要站立思想 神奇妙的事。

15 神怎样吩咐这些, 又怎样使云中的电光照耀, 你知道吗?

16 密云怎样浮于空中, 那知识全备者奇妙的作为, 你知道吗?

17 地因南风而寂静的时候, 你的衣服怎样热起来, 你知道吗?

18 你能与 神同铺云天吗?这云天坚硬如铸成的镜子。

19 我们因愚昧无知的缘故, 不能陈明我们的案件, 请你告诉我们应该对他说什么话。

20 人怎能对他说: ‘我要说话’?哪有人自愿灭亡呢?

21 人不能看见云后的强光, 唯有经风一吹, 天才晴朗。

22 金光来自北方, 在 神的周围有可怕的威严。

23 论到全能者, 我们无法把他查出; 他大有能力与公平, 又满有公义, 他必不苦待人。

24 因此人人都应该敬畏他; 心中自以为有智慧的, 他都不看顾。"