1 En op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit.
2 En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in 'n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan.
3 En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: 'n Saaier het uitgegaan om te saai;
4 en terwyl hy saai, val 'n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet.
5 En 'n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie;
6 maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.
7 En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik.
8 En 'n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd--, die ander sestig--, die ander dertigvoudig.
9 Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!
10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?
11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.
14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.
15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.
17 Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.
18 Luister julle dan na die gelykenis van die saaier.
19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is -- dit is hy by wie langs die pad gesaai is.
20 En by wie op rotsagtige plekke gesaai is -- dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem;
21 maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir 'n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.
22 En by wie in die dorings gesaai is -- dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.
23 En by wie op die goeie grond gesaai is -- dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd , die ander sestig--, die ander dertigvoudig.
24 'n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.
27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
28 En hy antwoord hulle: 'n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?
29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
31 'n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos 'n mosterdsaad wat 'n man neem en in sy land saai;
32 wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en 'n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.
33 'n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat 'n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.
34 Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie;
35 sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.
36 Nadat Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand.
37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,
38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad -- dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,
39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:
41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,
42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
44 Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n skat wat verborge is in die saailand, wat 'n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.
45 Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n koopman wat mooi pêrels soek;
46 en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.
47 Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring;
48 en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.
49 So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei
50 en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
51 Jesus sê vir hulle: Het julle l hierdie dinge verstaan? Hulle antwoord Hom: Ja, Here!
52 Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat 'n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos 'n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.
53 En toe Jesus hierdie gelykenisse geëindig het, het Hy daarvandaan weggegaan.
54 En Hy het in sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?
55 Is Hy nie die seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en die van sy broers Jakobus en Joses en Simon en Judas nie?
56 En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan?
57 En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis.
58 En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie.
1 那一天, 耶稣从房子里出来, 坐在海边。
2 有很多人聚集到他那里。于是, 他上船坐下来, 众人都站在岸上。
3 他用比喻对众人讲了许多事, 说: "有一个撒种的出去撒种。
4 撒的时候, 有的落在路旁, 小鸟飞来就吃掉了。
5 有的落在泥土不多的石地上, 因为泥土不深, 很快就长起来。
6 但太阳一出来, 就把它晒干, 又因为没有根就枯萎了。
7 有的落在荆棘里, 荆棘长大了, 就把它挤住。
8 有的落在好土里, 结出果实, 有一百倍的, 有六十倍的, 有三十倍的。
9 有耳的, 就应当听。"
10 门徒上前问耶稣: "你对他们讲话, 为什么用比喻呢?"
11 他回答: "天国的奥秘, 只给你们知道, 却不给他们知道。
12 因为凡是有的, 还要给他, 他就充足有余; 凡是没有的, 就连他有什么也要拿去。
13 因此, 我用比喻对他们讲话, 因为他们看却看不见, 听也听不到, 也不明白。
14 以赛亚的预言, 正应验在他们身上, 他说: ‘你们听是听见了, 总是不明白; 看是看见了, 总是不领悟。
15 因为这人民的心思迟钝, 用不灵的耳朵去听, 又闭上了眼睛; 免得自己眼睛看见, 耳朵听见, 心里明白, 回转过来, 我就医好他们。’
16 "你们的眼睛是有福的, 因为可以看见; 你们的耳朵是有福的, 因为可以听见。
17 我实在告诉你们, 曾经有许多先知和义人想看你们所看见的, 却没有看到, 想听你们所听见的, 却没有听到。
18 "所以你们要听这撒种人的比喻。
19 凡是听了天国的道却不明白的, 那恶者就来把撒在他心中的夺去。这就是撒在路旁的。
20 那撒在石地上的, 就是人听了道, 立刻欢欢喜喜地接受,
21 可是他里面没有根, 只是暂时的; 一旦为道遭遇患难, 受到迫害, 就立刻跌倒了。
22 那撒在荆棘里的, 就是人听了道, 有今世的忧虑和财富的迷惑把道挤住, 结不出果实来。
23 那撒在好土里的, 就是人听了道, 又明白了, 结出果实来, 有一百倍的, 有六十倍的, 有三十倍的。"
24 耶稣对他们另外讲了一个比喻, 说: "天国好像人把好的种子撒在田里。
25 人们睡了的时候, 他的仇敌来把稗子撒在麦子中间, 就走了。
26 到了发苗吐穗的时候, 稗子也显出来。
27 仆人都前来问家主: ‘主人, 你不是把好的种子撒在田里吗?那些稗子是从哪里来的呢?’
28 他回答: ‘这是仇敌所作的。’仆人问他: ‘你要我们去拔掉它吗?’
29 他说: ‘不用, 因为拔稗子的时候, 恐怕也把麦子连根拔出来。
30 收割之前, 让它们一同生长。到了收割的时候, 我会吩咐收割的工人先拔掉稗子, 捆起来, 留着焚烧, 却要把麦子收进我的仓里。’"
31 耶稣又对他们讲了另外一个比喻, 说: "天国好像一粒芥菜种, 人拿去把它种在田里。
32 它是种子中最小的, 但长大了, 却比其他的蔬菜都大, 成为一棵树, 甚至天空的飞鸟也来在它的枝头搭窝。"
33 他对他们讲了另一个比喻: "天国好像面酵, 妇女拿去放在三斗面里, 直到全团发起来。"
34 耶稣用比喻向群众讲了这一切, 他所讲的, 没有不用比喻的。
35 这就应验了先知所说的: "我要开口用比喻, 把创世以来隐秘的事说出来。"
36 耶稣离开群众, 进到屋里, 门徒前来问他: "请你给我们解释田里稗子的比喻。"
37 他回答: "那撒好种子的是人子,
38 田就是世界, 好种子就是属天国的人, 稗子就是属那恶者的人,
39 撒稗子的仇敌是魔鬼, 收割的时候是这世代的终结, 收割的工人是天使。
40 稗子怎样被拔掉用火焚烧, 在这世代终结的时候, 也是一样。
41 那时, 人子要差派他的使者, 把一切使人犯罪的事和不法之徒, 从他的国中拔掉,
42 丢进火炉, 在那里必要哀哭切齿。
43 那时, 义人在他们父的国中, 要像太阳一样的照耀。有耳的, 就应当听。
44 "天国好像藏在田里的宝贝, 有人发现了, 就把它藏起来, 高高兴兴地离去, 变卖了他的一切, 来买那田地。
45 "天国好像一个商人, 搜罗宝贵的珍珠。
46 他发现了一颗极贵重的珍珠, 就离去, 变卖了他的一切, 来买那颗珍珠。
47 "天国又好像一个网, 撒在海里, 网到各样的鱼。
48 网满了之后, 人就把网拉上岸, 坐下来把好的拣出, 收藏起来, 不好的就丢在外面。
49 这世代终结的时候, 也是一样。那时天使要出去, 把恶人从义人中分别出来。
50 丢进火炉, 在那里必要哀哭切齿。
51 "这一切你们明白吗?"他们回答: "明白。"
52 耶稣说: "所以, 每一个作天国门徒的经学家, 就像家主从宝库中拿出新和旧的东西来。"
53 耶稣讲完了这些比喻, 就离开那地方。
54 他回到自己的家乡, 在会堂里教导人, 众人都惊奇, 说: "这个人的智慧和能力是从哪里来的呢?
55 他不是木匠的儿子吗?他母亲不是马利亚, 他弟弟不是雅各、约瑟、西门和犹大吗?
56 他妹妹不是都在我们这里吗?他这一切是从哪里来的呢?"
57 他们就厌弃耶稣。耶稣对他们说: "先知除了在本乡本家之外, 没有不受人尊敬的。"
58 因为他们不信, 他就不在那里多行神迹了。